Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die ware gebed

111 Toe ons onsself almal weer op die oewer bevind, sê die hoofman: "Heer, nou het ek bewyse in oorvloed dat U die Allerhoogste God Self of Sy Seun is, want `n sterflike mens kan U nie wees nie!"

[2] Daarop val almal voor My op die knieë neer en wil My aanbid.

[3] Maar Ek beveel hulle om op te staan en sê aan hulle: "Luister, dit alles is voor God en My nie nodig nie, want die enigste ware gebed is die opregte liefde tot God, die Vader in die hemel en eweneens tot jou medemens, jou naaste. Alle ander gebede het voor God en voor My geen waarde nie.

[4] God het die mense ook nooit geleer om Hom met die lippe te eer en die harte koud te laat nie. Maar omdat Samuel hardop voor die volk gebid het, ook so enkele profete, en omdat Dawid voor God die Heer, sy psalms gesing het, en Salomo sy hooglied gesing het, het die hele volk tot `n losse lippegebed en tot koue aanbiedinge gekom.

[5] Maar vir God is sulke gebede en aanbiedinge `n gruwel! Wie nie in sy hart kan bid nie, die moet liewers gladnie bid nie, sodat hy homself nie voor God onbetaamlik gedra nie! God het nie aan die mens voete, hande, oë, ore en lippe gegee om daarmee ydel en sinneloos te bid nie! Hy het slegs die hart vir bid gegee!

[6] Tog kan elke mens ook met die voete, hande, oë, ore en lippe bid. Met die voete, as hy na die armes gaan en aan hulle hulp en troos bring. Met die hande, as hy hulle met hulle nood en lyding ondersteun. Met die oë, as hy graag omsien na die armes. Met die ore, as hy graag en tot dade bereid is om God se Woord aan te hoor, en sy ore nie te sluit vir die versoeke van die armes nie. Ten slotte met die lippe, as hy gaan om die arme, verlate weduwees en wese te troos, en vir die gevangenes, sover dit binne sy mag en krag is, by diegene insette te lewer om hierdie arme mense vry te kry wat dikwels onskuldig gevange gehou word.

[7] Ook bid `n mens met die lippe as hy die onkundiges leer en hulle bring tot die ware geloof, tot die korrekte kennis van God en tot allerlei nuttige deugde. Dit alles sien God wel as `n pragtige gebed.

[8] Noudat julle dit weet, handel maar daarvolgens - en God se seën sal julle nooit ontbreek nie! Want dit is om God in Gees en in Waarheid te aanbid.

[9] Weliswaar staan dit geskryf dat die mens sonder ophou moet bid en om nie in die versoeking te kom nie. Maar hoe kinderagtig en dwaas sou dit nie gewees het as God van die mens `n onophoudelike lippegebed sou verwag nie! Dan sou die mens, om God welgevallig te wees, dag na dag onafgebroke op sy knieë moes deurbring en onophoudelik inhoudlose hartsgebede en sinnelose lippegebede moes uitkwetter soos die voëls in die lug! Wanneer sou hy dan die noodsaaklike werk kan doen? Maar as jy met jou voete, hande, oë, ore en lippe steeds so besig bly en in jou hart gedurig vir God en jou naaste liefhet, dan bid jy waarlik en mettertyd sonder onderbreking tot God. Hy sal jou daarvoor ook altyd seën en eendag in die hiernamaals `n welgeluksalige lewe gee! - Het julle dit alles goed verstaan?"

[10] Almal sê: "Ja, Majesteit en Heer, dit is so duidelik en waar soos die lig van die son, en ons sal almal daarvolgens handel!"

[11] Ek sê: "Goed dan, My liewe vriende, laat ons dan nou weer na die stad terugkeer!"

[12] Aan die agt knegte sê Ebahl dat daar `n paar moes saamgaan, dan sou hy vir hulle brood, wyn, visse en vrugte saamgee vir hul lewensonderhoud. - Dadelik gaan daar ses saam en Ebahl voorsien hulle ryklik van voorraad.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205