Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Ontwikkelingsperiode in die hiernamaals

140 Ek sê: "Luister dus na My! - Kyk, al sulke onryp mense kom meestal op die son wat nou deur jou gesien is en word in die eindelose groot skole onderrig in alle dinge wat die lewe aanbetref. Op dieselfde wyse word die vroeg gestorwe kinders in die middelgordel van ons son onderrig en grootgemaak - maar dan meer in die geestelike deel van die son.

[2] Die onryp siele kry op die son wat deur jou gesien is, weer `n liggaam, egter sonder om gebore te word, en dit word dan saam met die siel ook vergeestelik, en kan so in die egte geestelike oorgaan. Hoe sulke siele van hier na daar oorgebring word en deur wie, dit het jy by jou reis na die eerste son self meegemaak. Hierdie engel, wat nog hier langs ons staan, is die leier en heerser van alle wêrelde en sonne waaroor Ek nou met jou gepraat het. Daaraan kan jy sien watter mag en watter wysheid aan hom gegee is.

[3] Die tallose talle engele wat jy nou in lang rye om jou heen sien, het `n soortgelyke werk, want in die ewige dieptes is daar volgens menslike begrippe nog ontelbare sonnewêreld gebiede met elkeen so `n vorige beskrewe hoofmiddelson, en elkeen van die songebiede word deur een van hierdie engele bestuur. Jy sien nou weliswaar baie engele - maar dit is nog nie die tien maal honderd duisendste deel van alle groot heersende engele nie, laat staan die kleinere engele, aan wie vir `n spesiaal toesig en leiding enkele sonne en aardes en kleinere wêreldgebiede toevertrou is nie! En weet jy, tog moet Ek in My ewige Gees elke oomblik vir almal sorg, en as ek alles wat jou nou getoon is `n oomblik sonder My onveranderlike sorg sou laat, dan sou alles in dieselfde oomblik vergaan, sowel die grootste as die kleinste! - Sou jy dit ook met jou gees kon doen?"

[4] Jarah sê: "O Heer, hoe kan U my dit nou vra!? Ek, `n stoffie van hierdie aarde, - en U, wat in U Gees die enige, ewige, almagtige God is! O, as die blinde fariseërs van Jerusalem dit tog maar kon sien, dan moes hulle tog tot ander insigte kom! Maar hulle kan dit nie sien nie, en sal dit nie sien nie, daarom sal hulle ook in hul verstoktheid en slegtheid ten gronde gaan! Kom hul siele in die hiernamaals soms ook in die sonneskool?"

[5] Ek sê: " Tog nie, My allerliefste Jarah, want hulle behoort nie aan `n onryp, maar aan `n heeltemal ryp volk. En die siele van `n ryp volk kom, as hulle eers in alle boosheid gesterf het, deur hul eie wil in die diepte van die aarde. Want omdat hulle suiwer materie geword het, is dit hul element, en hulle wil en kan nie daarvan skei nie. Daar sal wel alles, ja selfs die uiterste aan hulle gedoen word. Alle kwellinge en smarte word op hulle losgelaat om hulle los te maak van die materie. En as daar een van die materie loskom, dan kom hy in die skole wat op die geestelike deel van hierdie aarde bestaan. Eers daarvandaan gaan hulle dan verder na die maan. As hulle daar elke graad van die selfverloëning deurgemaak het en sterk daarin geword het, word hulle na `n meer volmaakte planeet verhef en daar in die ware wysheid onderrig.

[6] Wanneer so `n siel dan in die ware lig opgeneem word, wek die lig, wat al sterker en sterker word, die warmte van die geestelike lewe op, en die siel begin haar sodanig met haar gees te verenig, dat haar hele lewe langsaam maar seker liefde word. As die liefde dan sterk en kragtig genoeg geword het, en oorgegaan het in die egte innerlike lewensvlam, dan word dit in die siel van binne lig en stralend, en eers dan bevind so `n siel haar in die toestand waarin sy opgeneem kan word in die vrye wêreld van die geluksalige geeste, waar hulle dan weer as kind verder opgevoed word.

[7] Maar totdat `n siel wat op aarde stoflik geword het, sover gekom het, kan in `n gunstigste geval tog wel verskeie honderde jare verstryk. - Nou lees Ek egter in jou hart dat jy My weer iets wil vra, en Ek sê vir jou: vra, want jou vraag het `n goeie rede! Maar rig hierdie keer jou vraag aan die engel wat by ons staan, hy sal jou ook `n korrekte antwoord gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205