Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Sieleheil gaan bo liggaamlike geluk

104 Daarop seën Ek die kinders en beide vroue, wat Ek as één vrou seën, omdat beide één van gedagte en één van hart was en nooit rusie of onmin gehad het nie. Na die seëning laat Ek die twee vroue en die sestien kinders weer gaan en sê aan Ebahl: "Jy kan regtig bly wees oor jou kinders, want daar is nie één wat geestelik of liggaamlik bederf is nie. Hulle is almal kerngesond en het nog kristalsuiwer harte, vol vroomheid en gehoorsaamheid, en beide vroue sien daar nog baie jeugdig uit! Die siekteverwekkende lug skyn op jou huis geen invloed te hê nie!"

[2] Ebahl sê: "Ja, vir diegene wat hier gebore is, is die lug en die water heeltemal onskadelik - maar nie vir die vreemdes nie, want dikwels word iemand hier na `n paar dae al so baie siek, dat hy soms `n hele jaar nie van die siekbed af kan opstaan nie! As hy die siekte eenmaal deurstaan het, kan hy bly solank hy maar wil - en dan bly hy gesond.

[3] Maar dit is tog nadelig vir die land! Want ons kry net met baie moeite arbeiders, en as die vreemdelinge geen buitengewone sake het nie, vermy hulle hierdie omgewing soos die pes, en diegene wat vir dringende sake kom, bly seker vir meer as die helfte van die tyd siek. So lê ook twee derdes van die Romeinse soldate siek, en geen dokter kan hul siekte genees nie! Dikwels, soms na twee jaar, word hulle vanself weer gesond en bly dan gesond.

[4] Die merkwaardigste is egter dat daar nooit twee is wat dieselfde siekte kry nie! Die eerste kry koors, die tweede uitslag, die derde buikloop, die vierde `n blaffende hoes, en so kry elkeen iets anders, en geen dokter weet dan wat hy met die siekes moet aanvang nie. En daardeur is daar in ons klein landjie `n groot aantal mense wat aan allerlei siektes ly, en niemand kan hulle help nie. Die aantal sterfgevalle, by dit alles, is weliswaar gering, maar die aantal mense wat voortdurend ly, is groot.

[5] Miskien sou dit vir U ook moontlik wees om alle siekes te genees, en my dan vir die hele land `n geneesmiddel te gee waarmee die mense, deur dit tydig te gebruik, hulleself sou kon beskerm teen die aanvalle van hierdie kwale?"

[6] Ek sê: "Omdat Ek tog `n paar dae hier sal bly, sal die siekes in die land van die mense wat genees is wel hoor dat Ek hier is. Diegene wat kom, sal ook gehelp word - maar die wat nie sal kom nie, sal ook nie genees word nie, want in die hele land is daar nie één so siek dat hy nie hierheen sou kan kom nie!"

[7] Ebahl sê: "As U, goddelike Heer, dit goed sou vind, dan sou ek tewens bodes deur die hele land wou stuur!"

[8] Ek sê: "Jy hoef nie, mense sal dit orals tydig genoeg hoor!"

[9] Spoedig daarna kom meer mense wat genees is, waaronder fariseërs en skrifgeleerdes uit Jerusalem, en twee broers van die Esseners, om My te bedank vir die genesing, en om uiteindelik van My te wete te kom hoe Ek in staat is om siekes slegs maar deur my Woord oombliklik te genees.

 

[10] Ek maak My egter nie bedruk oor hulle nie, maar sê slegs: "Wat soek u? U gedagtes gaan slegs maar uit na hierdie wêreld en haar kosbare materie. Hier gaan dit egter om suiwer geestelike sake! U het egter selfs nog nooit verstaan wat materie is nie, hoe dink u dan om te kan verstaan wat suiwer geestelik is? En baie spesifiek vir u, Essener! U predik aan u volgelinge een God en een opstanding, en u gaan baie kostes aan om wonders te doen om daarmee aanhangers te wen vir u blinde leer! U beginsel is: 'Mens moet welwillend die mense met bedrieëry en leuens bedrieg as mens hulle geseënd wil maak, want die waarheid dood die welvaart van die mense van hierdie aarde!'

[11] Maar as u basis om die mense geseënd te maak die leuen is, waarom wil u van My dan nou die waarheid hoor? Vir die kennis van die Ryk van God op aarde mis u alles, en u is die allerlaaste, hoewel u die eerste wil wees! Waarlik, as u bly soos wat u is, sal u ewig geen deel aan die Ryk van God hê nie!

[12] Wat het u aan u goeie wil om die mense deur bedrog en leuens aards geseënd te maak, as u daardeur die siele van die blindes dood?

[13] My beginsel is egter om ten koste van al die liggaamlike en die geluk daarvan, die siel te red en haar op `n ware ewige lewe voor te berei!

[14] Hoe sal en moet dit vir u in die hiernamaals egter wees, as hulle wat deur u bedrog u regters geword het!? Weliswaar glo u nie dat dit sal gebeur nie, maar tog sal dit gebeur soos wat Ek nou vir u gesê het.

[15] Maar as u My woorde nie glo nie, glo dan die werke wat Ek doen, en wat vóór My nog nooit deur `n mens verrig is nie!

[16] As My werke eg en waar is en getuig van My woorde, dan sal My woorde tog ook waar wees!?

[17] Niemand kan u vertel hoe dit daar in Indië uitsien nie as diegene wat daar was en van daar na u toe gekom het. So ook kan niemand u iets oor die hiernamaals vertel as diegene wat van daar na u toe gekom het nie - en EK IS HY!

[18] Wie My woorde glo, sal die ewige lewe hê, wie egter nie glo nie, sal oorgaan in die ewige dood! Want My woorde is nie die van `n mens van hierdie wêreld nie, want dit is lewe en gee lewe aan hom wat hulle in sy hart opneem en vervolgens handel volgens die betekenis van die woorde, en volgens hulle alles lewegewende gees!

[19] Maar die woorde wat u, Esseners, aan die volk predik, is suiwer leuens en bedrog, omdat u self nie glo wat u leer nie! U het naamlik `n dubbele leer: één vir die volk en `n heel ander een vir uself. Van hierdie laaste beweer u onder elkeen dat dit eg is, die volk mag egter niks daarvan weet nie, omdat die volk in die veronderstelde leuen geseënd en rustig moet bly.

[20] Maar Ek sê vir u dat u in u veronderstelde leuen tog meer waarheid aan die volk gegee het as aan uself! Want wat u as waarheid sien is `n totale leuen, maar wat u aan die volk leer is maar halfpad leuens, en daarom het God u ook geduld.

[21] Verkondig egter in die toekoms die leer van die waarheid en glo self ook daarin, dan sal u werkers in God se wingerd wees wat `n beloning werd is; maar met die leuens en die bedrog moet u vir altyd ophou en hulle nooit weer gebruik nie, anders sal daar binnekort `n kwaai oordeel oor u gevel word!"

[22] Beide die Esseners sê: "Heer, ons erken dat U reg gepraat het - en wat ons beide aanbetref, ons sal alles doen om u woorde in ons groot gemeenskap ingang te laat vind, maar ons kan niks waarborg nie! Ons broers is sekerlik nie onmenslik om agter geslote deure ook heeltemal vrylik te praat nie en mens luister graag - maar of die bespreking enige uitwerking gaan hê, dit is `n ander vraag! Maar praat sal ons beide en ons weet nou-al dat ons sondermeer baie aandagtig aangehoor sal word!"

[23] Ek sê: "Doen wat u moet doen, dan sal God nie nalaat om dit aan Syne te doen nie! Aanvaar die volle waarheid, en dit sal u vir ewig vrymaak!"

[24] Beide die Esseners sê: "Majesteit en Heer, staan ons toe om hier nog so lank te bly soos wat U hier sal bly!"

[25] Ek sê: "U is vry en kan hier bly solank u maar wil!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205