Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Krag is na gelang van weerstand

228 Die nou heeltemal gelukkige Cyrenius sê: "Heer, U sien dit tog baie duidelik in my hart en deurskou net so duidelik my verstand dat U daaruit wel die beste kan uitmaak of ek dit heeltemal, of maar half verstaan het! Ek glo ten minste, as ek op my gevoel afgaan, dat dit vir my nou so duidelik is soos die son op die middag. Maar daaragter kan altyd nog baie verborge dinge steek, waarvan tot op hede miskien selfs die volmaakste engele nog nooit gedroom het nie. Alleen maar - ek is met dít wat ek nou weet, volkome tevrede en sal tydens my lewe ruim voldoende hê om oor na te dink; want dit alles gaan nog eindeloos ver uit bo die hoogste horison van die menslike wete en kennis!

[2] Slegs een wese is, as hy regtig bestaan, nog `n raaisel vir my, en dit is die satan en sy duiwels collegium*. Slegs daaroor, Heer, nog `n klein verklarinkie en dan is my siel versadig tot aan die dood van my liggaam! Want dit is vir my nog baie onduidelik. Wat en wie is die satan, en wat en wie is sy handlangers, wat `n mens 'duiwels' noem?"

[*drieledige geselskap]

[3] Ek sê: "Ook dit is vir jou begripsvermoë bietjie te vroeg om heeltemal tot op die bodem te verstaan. Om aan jou en aan julle almal egter ook oor hierdie punt effens lig te verskaf, sal Ek aan julle ook vir `n beter begrip ietwat daaroor vertel. Luister dus na My!

[4] Kyk, alles wat daar is, bestaan en wat `n bestaan het, kan nie anders bestaan, wees of `n bestaan hê as deur `n sekere deurlopende stryd nie.

[5] Elke bestaan, die goddelike nie uitgesonder nie, het in homself slegs maar teenstellings, soos ontkennende en bevestigende, wat altyd só teenoor mekaar staan soos koue en warmte, donker en lig, hard en sag, bitter en soet, swaar en lig, nou en ruim, breed en smal, hoog en laag, haat en liefde, sleg en goed, vals en eg, en leuen en waarheid.

[6] Geen enkele krag kan iets doen as daar geen teenoorgestelde krag is nie.

[7] Stel jou nou `n mens voor wat duisendmaal sterker is as Goliat, wie se krag sekerlik gelyk sou staan aan `n hele leër soldate! Waarvoor sou al sy krag en sterkte hom egter kon dien as `n mens hom net soos die wolke in die vrye ruimte geplaas het? Kyk, die ligste suggie, wat op die grond skaars `n blaartjie sou laat beweeg het, sou hom ondanks al sy krag en sterkte tog onweerstaanbaar voortgedryf het in die rigting waarheen die suggie gaan!

[8] Om sy krag met resultate te kan gebruik moet die reus in die eerste plek `n vaste bodem hê wat hom dra en hom stewig ondersteun. Die bodem is dus al `n teenstelling ten opsigte van ons reus; want vir die uitoefening van sy krag moet die reus hom vry kan beweeg en hy het `n vaste, stilstaande ondergrond nodig. Dan kan hy hom met die vaste rus van die ondergrond of die bodem in verbinding stel en saam met die krag wat met hom verenig is, uit die rus van die bodem waarop hy staan, elke beweging wat na hom toe aanstorm, weerstaan. So kan die reus paslik `n korrekte gebruik maak van sy krag. As die bodem `n rots is, dan sal geen stormagtige beweging iets uitrig teen hierdie vaste rus nie, tensy dit net so hewig of nog hewiger sou wees as die konsentrasie van rus in die rots self. As die grond egter sag is en dus minder teengesteld is aan die na `n storm lykende bewegingsmoontlikheid van die reus, dan sal die krag van die reus by die bodem wat aan hom teengestelde is, te min weerstand vind en hy sal `n baie geringe krag wat hom bedreig, skaars die hoof kan bied.

[9] Stel jy nou vir `n nog beter begrip voor dat hierdie reus byvoorbeeld genoeg krag het om op `n vaste ondergrond `n gewig van duisend mense op te tel! Maar ons stel hom op `n moerasbodem, wat maar net stewig genoeg is om die gewig van die reus te dra! As ons op hierdie bodem die reus `n gewig van slegs honderd of selfs maar tien mense laat optel, sal hy dit sekerlik nie kan doen nie, want op die oomblik dat hy die gewig begin optel, sal hy in die weke bodem begin wegsak, en al sy krag sal tevergeefs wees omdat hy onder hom nie voldoende weerstand het nie.

[10] Daarom kan geen krag self iets uitrig nie as hy hom nie vantevore met `n ooreenkomstige weerstand in `n sekere teenstrewende verbinding stel nie. By ons reus stry die groot rus van die bodem kennelik teen sy gewig en teen sy beweging en oorwin dit ook tot op `n bepaalde punt, en hierdie rus-oorwinning van die bodem word vervolgens die steun van die bewegende krag en die maatstaf van sy krag."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205