|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 224
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die val van die geeste, die val van Adam en die erfsonde
224 "Die val van die eersgeskape geeste, oftewel van die vrye en tot lewe gebragte idees van God in die eindelose ruimte, is die groot skeiding waarvan Moses sê: 'Toe skei God die lig van die duisternis!' Hoe dit egter verstaan moet word in die ware sin van die goeie en korrekte ooreenkoms, het ek julle almal reeds voldoende aangetoon. Die gevolg daarvan - die noodsaaklike materiële wêreld, wie se groot en klein dele soos sonne, aardes en mane en alles wat daarin en daarop is - is toe in die eindelose ruimte verstrooi.
[2] Die 'val van Adam', is egter al `n meer feitelike gebeurtenis as die sogenaamde 'Val van die engele', maar is daarby, betreffende ooreenkoms, tog homogeen met die val van die engele. Slegs by die 'val van Adam' het daar egter al `n positiewe wet te voorskyn gekom, terwyl by die val van die engele daar nog lank geen wet in geding kon gewees het nie, omdat toe eers met die groot ontwikkeling van die wesens wat vrygemaak moes word, begin is, en dat daar buite God nog nie sulke verstandelike vermoëns bestaan het aan wie `n mens `n positiewe wet kon gee nie.
[3] Daarom vind daar tydens die sogenaamde 'Val van die geeste' ook `n noodsaaklike en gedwonge skeiding plaas, terwyl die adamitiese skeiding, omdat dit deur homself veroorsaak was, vry was en sodoende geen dwang nie, maar meer `n vrye handeling van die eerste vleeslike mens wat in alle sfere van die siel reeds vry was. In die geheel is dit tog ook `n handeling wat tevore voorsien was volgens die geheime orde van God, wat weliswaar nooit as `n absolute noodsaak nie, maar tog as `n toelating onder 'jy sal' en 'jy sal nie' vanweë die vrye wil van die mens gegee word om homself deur eie handeling te versterk.
[4] Die verskil is soos die geval van `n mensekind wat sy eie voete nog nie kan gebruik nie en daarom van die een plek na die ander gedra moet word deur `n gesonde man wat al lankal baie goed en vinnig kan loop.
[5] Wie egter eenmaal self kan gaan, die hoef mens tog nie meer soos `n pasgebore baba na `n plek te dra wat `n mens met die kind en vir die kind wil bereik nie, maar `n mens wys hom die vinnigste en sekerste pad na die plek van bestemming. As die mens wat gesond is en op stewige voete staan die weg wil loop, dan sal hy die doel ook veilig en sonder gevaar bereik. As hy egter vrywillig met ompaaie wil gaan, nou, dan het hy dit aan homself te wyte as hy die beoogde doel dikwels baie later, moeiliker en moeitevoller bereik.
[6] En dit sien ons dan ook by Adam. As hy die positiewe bevel nagevolg het, sou die mensdom, respektiewelik die volmaakte siel van die mens, nie die baie harde, swaar en gebrekkige vleeslike liggaam gekry het wat nou met baie erge gebreke behep is nie.
[7] Maar die ongehoorsaamheid teen die positiewe gebod het die eerste mens noodsaaklikerwys op `n groot ompad gebring, waarop hy nou die doel baie moeiliker en baie later sal bereik.
[8] Jy dink weliswaar by jouself: 'Sjoe, hoe kan `n klein, slegs morele voorskrif om gehou te word of nie, op die gesamentlike natuur van die mens nou so `n wesenlike invloed hê? Adam sou sonder die dom genot seker net so goed die vleeslike Adam gebly het as wat hy die deur die genot van die appel geword het, en hy sou eenmaal seker net so goed vleeslik moes sterwe soos wat dit nou nog met alle mense die geval is!'
[9] Aan die een kant het jy wel gelyk, maar aan die ander kant ook ongelyk. Die genot van `n appel, wat `n gesonde en soet vrug is, is sekerlik nie dodelik nie, want anders sou alle mense wat nou appels eet, spoedig daarna sterwe. Dus aan die appel self skort weinig of niks nie. Maar as hy vir ‘n onbepaalde tyd nie geëet mag word nie, wat dan slegs bedoel is ter verdere verstewiging van die siel, en die siel egter, bewus van haar vrye wil, die voorskrif minag en oortree, dan veroorsaak sy in ‘n sekere sin `n deurbraak in haar wese, en dít lyk dan na `n oop wond, wat moeilik heeltemal te genees is. Want ook al word die wond `n litteken, dan word deur die littekenvorming tog `n aantal vate so beknel dat die lewensappe van die siel nie goed daar kan sirkuleer nie en op die plek van die litteken steeds `n onbehaaglike, pynlike druk uitoefen.
[10] Daardeur word die siel daarvan weerhou om vernaamlik vir die vrye ontwikkeling van die gees in haar te sorg, en sy skenk nou die grootste deel van haar aandag om die litteken te laat verdwyn – Nouja, daardie litteken heet 'wêreld'!
[11] Die siel doen voortdurend moeite om van die litteken ontslae te raak; want dit maak die siel sorglik, dit wil sê dit gee haar wêreldse sorge. Maar hoe meer die siel haar afsloof, hoe ruwer word die litteken, en hoe ruwer dit word, hoe meer sorge veroorsaak dit. En die siel kan uiteindelik niks anders meer doen as net om haar maar met die genesing van die ou litteken besig te hou nie, dit wil sê, om haar sorgeloos te maak. Sy word uiteindelik byna heeltemal één met die litteken en bekommer haar dan maar weinig oor haar gees. - En kyk, dit is die sogenaamde 'erfsonde'"
|
|
|
|
|