|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 231
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die ontrou van Lucifer
231 "Die tydruimte vanaf Adam tot op hede is egter kort vergeleke met die, vir die menslike begrip `n byna eindelose duur vanaf die periode van die eerste ontstaan van die oergeskape wesens tot op die punt waarop hulle in die volle gebruik van hul vrye wil gestel was. En daar het weer so `n onmeetbare tydruimte gevolg vanaf hulle val tot by Adam en tot by ons!
[2] Kyk, daar is in die eindelose skeppingsruimte bepaalde oer- en tewens hoofmiddesonne, wat vanweë hulle te groot afstand, hoewel hulle onuitspreeklik baie keer groter is as hierdie aarde, hiervandaan ternouernood as klein glinsterende kolletjies gesien kan word - en dan slegs nog maar deur mense met baie skerp oë! Hierdie oersonne het ongeveer `n ouderdom gelykstaande aan die periode vanaf die val van die oergeeste tot op hede. En kyk, as `n mens die ouderdom van hierdie sonne sou wou bepaal volgens aardse jare, dan sou `n mens nie eens in staat wees om oor die hele aarde `n getal op te skryf waarin die eindelose hoeveelheid van aardjare voldoende uitgedruk sou wees nie! En as jy vir elke duisendmaal duisend aardjare (`n miljoen jaar) `n baie klein sandkorreltje sou neem, en jy vul die hele aarde met hierdie sandkorreltjies, die seë inbegrepe, dan sou die tydsduur wat al die sandkorreltjes sou voorstel vir so `n oerson nog veels te kort wees.
[3] So `n periode het dus wel ontsettend lank geduur, maar beteken tog kwalik iets ten opsigte van die oerperiode waarin God uit Sy gedagtes en idees die eerste geeste begin vorm en selfstandig gemaak het. Wat het daar in die eindelose lang periode nie alles gebeur vir die algehele ontwikkeling van die vrye wil van die oergeeste nie!
[4] En tog was daar aan die einde van die eindeloos lang vormingsperiode van die oergeeste nog `n oorgroot aantal van so `n aard wat, ofskoon hulle die korrekte vormingsweë van God goed verstaan het, uiteindelik van `n vrye volg van hierdie weë tog niks wou weet nie. Hierdie geeste het liewer afgewyk van die gebode en goed aangegewe, geordende weë van God ter wille van die gouer te verkreë, maar kort durende voordeel, en het die weg van hul persoonlike verderf betree.
[5] Die vernaamste liggees, wat woonplek gebied het aan ontelbare ander liggeeste, wat almal ryklik voorsien was van talloos baie verstandelike vermoëns, het naamlik by homself gesê: 'Wat het ek verder nog nodig? Ek besit alle eienskappe wat God ook het, en God het al sy krag in my geplaas. Nou is ek sterk en het mag oor alles. Hy het alles wat hy het, weggegee, en ek het alles geneem. God het nou niks meer nie, maar ek het alles. Laat ons dus maar eers sien of die voordeel wat volg op die oortree van die gegewe gebod, werklik maar van korte duur sal wees. Hy dink toe: Met ons huidige onbeperkte krag en mag sal ons die duur van die kort durende voordeel verseker vir ewighede kan verleng. Wie sal dit kan verhinder? Buiten ons is daar in dié eindelose ruimte, wat ons nou ingeneem het, geen hoëre mag en geen beter verstand as ons s’n nie; wie sou ons die voordeel dan kon betwis?
[6] Kyk, dit het die liggees by homself gedink en gesê en dus ook aan die afgesonderde geeste wat onder hom gestaan het. So gesê, so gedaan, en die gevolg was dat hy homself gevange geneem het in sy traagheid, waarin hy steeds ‘n meer vaste vorm aangeneem het, en die gevolg daarvan was dan weer die vorming van die materie, alles volgens die goddelike orde, want die onafwendbare gevolg van die nie-onderhouding van die goddelike gebod was net so seker vooruit bepaal as die vrye toestand van die geeste wat die gebod van God volkome aan en in hulle vervul het.
[7] En so het die hoofgees en saam met hom al sy verwante geeste hulleself deur hierdie val baie hardnekkig en verbitterd gevange geneem. Hoe lank dit hom egter sal geval om in gevangenskap te bly, dit weet buiten God niemand in die hele oneindigheid nie, ook nie die engele nie.
[8] Maar dit is seker, dat daar nou uit die verlore seun van die lig die afgesonderde geeste weer deur die Mag van God gewek word, en in die vlees as kinders van die wêreld geplaas word. Hulle kry die geleentheid, net soos die kinders van bo, om hulle te verhef tot die hoogste voleinding van die kinders van God.
[9] Alle materie is daarom afgesonderde gees wat as siel in die gees van elke mens tot die ewige lewe wedergebore kan word. As alle afgesonderde geeste egter uit die materie van `n wêreld bevry sal word, dan het so `n wêreld ook heeltemal aan haar einde gekom.
[10] By `n wêreld soos die aarde sal dit egter ontsettend lank duur, maar eendag sal die einde tog kom.
|
|
|
|
|