|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 117
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Aankoms van siekes en fariseërs by Ebahl
117 Na etlike oomblikke klink daar `n rumoer voor die huis. `n Mens hoor stemme in allerlei tale praat, dadelik begin die honde van die buurman, `n Griek, hard te blaf, en Ebahl sê: "O wee, dit sal al wel hulle wees!"
[2] Ek sê: "Nog nie! Dit is siekes (Matthéüs. 14:35), maar dit sal nie meer lank duur nie, dan sal die ander ook hier wees! Die siekes moet egter tot môre wag, want vir vandag is daar genoeg genees. Maar gaan tog maar na buite en laat almal wat gekom het, na `n herberg bring, en gee diegene wat honger en dors het, iets te eet en te drinke!"
[3] Na My woorde gaan Ebahl dadelik met sy huisdienaars, wie se hulp hy ingeroep het, die groot hof voor sy huis in en vind dit byna vol met allerlei siekes, waaronder daar baie Grieke, Romeine en Egiptenare was. Hulle wil almal na My toe kom om genees en gesond gemaak te word.
[4] Ebahl wys hulle egter `n herberg aan en laat hulle versorg, elkeen na behoefte. Na hierdie taak kom hy weer in ons saal in en sê: " Alle lof aan die Heer! Hulle is vir vandag versorg. As die aangekondigde skurke uit Jerusalem ook maar so maklik versorg kon word! Maar dit sal egter nie so maklik gaan nie!"
[5] Terwyl Ebahl, vanweë die fariseërs en skrifgeleerdes, wagte uitgesit het, nog so half klaend sit en pieker, kom daar al `n dienaar die saal in en deel tot die skrik van Ebahl mee dat die aangekondigdes al daar was. Ebahl snel na buite om hulle te ontvang en sy twee vroue en die ouer dogters volg Ebahl om hom te help, en Ebahl se seuns doen dieselfde; slegs die liewe Jarah bly by My.
[6] Die hoofman, wat ook naas My gesit het, sê: "As ek Ebahl was, weet ek wel wat my te doen gestaan het! Ek sou my knegte beveel het om hierdie kêrels goed te gésel! Wat sou hulle hom kon aandoen? En dit sou seker nie die eerste keer wees dat so `n ontvangs hulle êrens te beurt val nie! Ek sou baie korte mette met hulle maak! En as hulle hier inkom, dan sal ek hulle in elk geval so `n poets bak, dat hulle na liggaam en siel sal staan en bewe op hul bene, asof hulle die koors gekry het! Ek sal hulle vra op wie se bevel hulle so diep in die nag in `n plek met `n Romeinse besetting durf ingekom het. Ek sal hulle wel laat sien dat elke plaaslike kommandant die reg het om elkeen, van watter afkoms en watter geloof hy ookal is, gevange te neem en, as hy hom nie geldelik kan verantwoord nie, onmiddellik aan die reg oor te gee! Dit sal ek weliswaar nie daadwerklik op hulle toepas nie, maar ek wil hulle tog wel `n paniekerige skrik op die lyf jaag, sodat die angssweet tot oor hul hakke na benede sal loop!"
[7] Ek sê: "Vriend doen wat jy wil, Ek lê jou geen beperkinge hier op nie, maar as jy hier `n bepaalde amp wil uitoefen, dan moet jy nou na buite gaan en dit buite met hulle in die teenwoordigheid van sommige van jou onderaanvoerders bespreek!"
[8] Die hoofman sê: "O Heer, laat dit maar aan my oor, want my wette en my regte weet ek om oral te handhaaf!"
[9] Na hierdie woorde roep hy sy dienaar, wat in die voorhof wagstaan. Hy kom vinnig die saal binne en meld hom aan by die hoofman.
[10] Die hoofman sê aan hom: "Stuur die koerier na die kamplaer, en laat die onderbevelhebber onverwyld dertig man na my toe stuur! Gaan!" - Na hierdie woorde verlaat die wagter onmiddellik die saal, en binne tien minute stap die dertig man met die onderbevelhebber die saal al binne, en word deur die fariseërs wat hulleself nog op straat bevind, wat hulle met alle eer laat behandel, nie opgemerk nie. Die onderbevelhebber vra die hoofman wat daar nou gedoen moet word.
[11] Die hoofman sê: "Voorlopig niks belangrik nie! Dit is slegs die bedoeling om by die vreemdelinge respek af te dwing, dat hulle dit in ag moet neem, en as die Romeinse garnisoenswette vir hulle vreemd sou wees, dan sal ons dit vir hulle inprent. Gedra jou dus rustig en ernstig en let op al my aanwysings! Laat dit so wees!"
[12] Spoedig daarna open Ebahl die deur van die saal wyd, en ongeveer twintig fariseërs en skrifgeleerdes kom binne. Dit spreek wel vanself dat die twintig nog `n aantal begeleiers by hulle gehad het met pakesels en muildiere wat hulle en hul veelvuldige reisbagasie moes vervoer. Vir die begeleiers en die diere en alle bagasie moes gesorg word. Toe die fariseërs en skrifgeleerdes almal in die saal was, bekyk hulle onmiddellik die aanwesige geselskap noukeurig deur en vra die herbergier waarom die Romeinse soldate hier was.
[13] Ebahl sê: "Hulle sou gehoor het dat u hierheen sou kom, en hulle kom om u die gepaste eerbied te betoon."
[14] Een van die fariseërs sê: "Dit sal jy meestal nie van die Romeine verwag nie! Maar laat dit wees soos wat dit is - ons is honger en dors, laat kos en drank gebring word!"
[15] Ebahl bring al die hande en voete wat daar buiten My en Jarah in die huis aanwesig was, in beweging, en in `n kort tyd staan daar `n goed voorsiende tafel.
[16] Die fariseërs was hul hande en val daarna die kos aan. Baie gou is alles opgeëet en ongeveer sestig bekers wyn word leeggedrink. Die wyn maak hulle egter spraaksaam en hulle begin orals navraag te doen en vertel baie gou die rede van hul koms en vra aan My, deur te sê: "Weet julle wat hier is niks van `n swerwer, wat in Násaret gebore is nie? Hierdie persoon, waarskynlik `n timmerman van beroep, moet volgens hoorsê ongelooflike towery uitvoer, `n nuwe godsdiens propageer, siekes genees, geeste besweer en die volk oprui teen die tempel en die keiser. Ons is vir hom op weg na Násaret om hierdie saak daar te gaan ondersoek. Omdat Hy egter in hele Galiléa aktief skyn te wees, kan julle hier miskien wel iets meer van hom af weet!"
|
|
|
|
|