Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Liefdevuur

155 Die hoofman sê: "Heer, dit is vir my nou heeltemal duidelik, maar tog ken ek uit my lewe `n besondere geval waar alle liefde niks uitgewerk het nie. Dit was die volgende: By die talle soldate wat onder my gestaan het, was `n jong, reusagtig sterke Illiriër*. Sy swaard het vyftig pond geweeg en hy het dit tog met `n gemak gehanteer asof hy `n veertjie hanteer. Hierdie beroepsoldaat, wat `n pantser en `n skild gedra het, het in `n geveg meer as `n honderd ander krygers gepresteer. Tydens die oorlog was hy daarom goed gebruik - maar nie in vredestyd nie. Dan was hy altyd vol streke, en daar gaan geen week verby waarin hy nie die een of ander nuwe, en ergerlike rusie veroorsaak het nie. Ek het hom steeds met liefde behandel, toon hom so duidelik moontlik die kwade en skandalige van sy gerusie en verbied hom die moedswillige onrusstook. Hy beloof my dan altyd om hom te verbeter en bly daarop ook `n paar dae baie kalm en beskeie. Maar so iets duur nooit langer as tien dae nie, dan kom die klagtes alweer van alle kante in en ons moes natuurlik die skade vergoed. Vra `n mens hom wat in die wêreld hom daartoe gebring het, dan gee hy altyd dieselfde antwoord: 'Ek oefen my in die krygskunde en behalwe die mens is daar niks voor my veilig nie, en my swaard moet op allerhande sake uitprobeer word!'

[*inwoner van die antieke Illirië, die huidige Joego-Slawië en Albanië]

[2] Maar die oefeninge van hom noodsaak hom dikwels om die een of ander kudde osse, stiere, koeie en kalwers `n besoek te bring en met één hou die koppe af te slaan. Eens het hy `n kudde van honderd osse die koppe afgeslag en spog daarna oor die heldedaad, wat ons duisend sware silwerstukke skadevergoeding gekos het! Toe word ek so woedend op die mens dat ek hom van woede dadelik in stukke wou skeur.

[3] Ek laat hom toe met swaar kettings aan `n boom vasmaak, sy hande en voete nog met ekstra sterke toue bind en laat hom daarna `n hele uur lank gésel, sodat hy weinig krag meer oorgehad het. Vervolgens laat ek hom so versorg, dat hy in twintig dae weer heeltemal herstel was. En kyk, daardeur is hierdie mens, by wie jy voorheen met liefde niks kon bereik nie, heeltemal verander. Hy het een van die kalmste en mees beskeie mense geword, en ek het hom na `n jaar tot onderaanvoerder bevorder. Hy is my nou nog dankbaar vir die voorbeeldige bestraffing, waarsonder hy nooit onderaanvoerder sou geword het nie. Maar uit liefde sou ek hom nooit so `n bestraffing kon gegee het nie, dit kon ek slegs maar uit toorn doen. Daarom dink ek dat `n regverdige toorn vir mense dikwels heilsamer is as te veel liefde, al is dit nog so suiwer!"

[4] Ek sê: "O ja, maar dit is dan geen toorn in die eintlike sin van die woord nie, maar slegs `n spesiale vuur van die liefde in die hart, wat `n allerheilsame krag besit. Daarmee werk ook Ek, as dit êrens nodig is. As die liefde nie die vuur sou hê nie, sou die oneindigheid tot op hede nog heeltemal sonder wesens gewees het. Alle skepsels het hulle bestaan maar slegs te danke aan die groot drang van die Liefde van God.

[5] En daarom was dit wat jou hart as regverdige straf vir die moedswillige soldaat uitgedeel het, geen toorn uit `n daaruit voortvloeiende wraaksug nie, maar `n spesiale drang van die liefde vir die soldaat, wat jou, vanweë sy geskiktheid, na aan die hart gelê het. Want as jy egter vir die mens kwaad geword het, dan sou jy hom gedood het. Maar die drang van die liefde tel die nodige slae, en jy het hom slegs so lank laat gésel soos wat jy gedink het dat hy dit kon verdra.

[6] In geval van nood kan jy met jou gemeenskap ook so optree, maar probeer dit eerste met egte liefde en goeie lesse. Want as die mense tot die insig kom dat `n mens hulle slegs vir hul eie beswil harde wette wil gee, en die onverbiddelike reg daarby uitoefen, sal hulle geen aanstoot neem nie. As die harde wette egter maar net voortkom uit `n tirannieke willekeur van die maghebber, verbeter dit niemand nie, en maak ten laaste selfs die engele van die gemeente tot duiwels, wat daar slegs maar op uit sal wees om te bedink hoe hulle hulleself kan wreek op diegene wat hulle steeds eindeloos en sonder enige aanwysbare rede vir futiliteit kwel - Verstaan jy dit?"

[7] Die hoofman sê: "Ja, Heer, dit is vir my nou glashelder, en ek sal vandag nog `n bode met my opdrag na die onderaanvoerder wat daar aanwesig is, laat gaan, en môre het die gemeenskap al iets om aan te kou. Daarom sal ek my nou vir `n kort tydjie na my mense begeef om dit dadelik in orde te bring."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205