Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die beperkinge van die menslike begrip

188 Johannes, wat maar net aandagtig na Simon Juda geluister het, sê: "As jy dit suiwer met die oog van die wêreld bekyk, kan ek niks daarteen inbring nie, maar met die hart gesien, sien dit tog heel anders daaruit! Want die Wysheid van God sal Haar nooit of te nimmer by die wysheid van `n mens aanpas nie, ook al is hy hoe wys!

[2] Weet jy byvoorbeeld waarom daar so talloos baie soorte plante en struike op aarde groei wat glad geen vrugte dra nie? En as hulle wel vrugte dra, is dit volgens ons begrip tog sinneloos, en niemand weet wat die nut daarvan is nie! Net so `n verskeidenheid sien `n mens by die diere: vanaf die kleinste bladluis tot by die Leviatan wat oor die seë heers. Vertel my maar eers waarvoor hulle daar is, behalwe die paar huisdiere van ons! Watter doel kan die verskeurende diere nou eintlik hê? Wat het die mensdom aan die bere, leeus, tiers, hiënas en baie van die nog onbekende verskeurende diere? Wie, goeie vriend, kan jou vertel waarom die diere sulke baie verskillende vorms het? Waarvoor is die ontelbare sterre aan die hemel? Waarom gee die maan nie altyd snags lig nie? Waarom het sy verskillende gestaltes? Waarom is sy eintlik daar? Kyk, dit alles en nog duisendvoudig baie meer verstaan ons nie, en as ons krities daaroor nadink, vind ons verstand dit dwaas! Maar by God die Heer is daar vir dit alles `n baie wyse rede, en daarom mag ons onsself glad nie verbaas as ons, noudat ons die buitengewone geleentheid gekry het om die Heer in eie persoon voor ons te sien werk, nie alles kan verstaan wat Hy doen en verder nog sal doen nie. Want Self sal Hy sekerlik vir alles `n baie wyse rede hê! - Is jy dit nie met my eens nie?"

[3] Simon Juda sê: "Ja wel, ja wel, jy het heeltemal gelyk en `n mens kan onmoontlikheid nie iets daarteen inbring nie! Maar dit staan ook soos `n paal bo water dat menige voorskrifte van God vir die denkende mens juis die indruk gee asof iemand in volle erns sou wou beweer dat twee visse en twee visse tesame sewe visse kan wees!"

[4] Ek sê: "Ja, ja Simon, die indruk gee dit, maar wat vir die menseverstand onmoontlik lyk, kan by God nog baie moontlik wees! Neem die klein net wat by jou voete lê en werp dit uit in die see! (Simon doen dit.) - Trek dit nou weer terug en sê hoeveel visse daarin is!"

[5] Simon sê: "Heer, presies vier!"

[6] Ek sê: "Kyk weer eens en tel, want daar is sewe!"

[7] Simon kyk nog ‘n keer en tel weer en vind nou presies sewe visse in die net. Dit verbaas hom baie en hy sê: "Ja, ja, by God is alle dinge moontlik!"

[8] En Ek sê aan hom: "Sê dan in die vervolg nie sulke nuttelose dom dinge nie, want dit is beter om te swyg as om te klets! Hou rekening daarmee - anders is jy niks beter as `n blinde fariseër nie!"

[9] Simon Juda sê: "Heer, U weet tog hoe baie ek U liefhet, maar noudat ek iets uit myself sê, haal U my tog op `n taamlik wrange manier oor die kole oor wat ek gesê het. Daardeur durf ek skaar meer iets hardop vir U vra! Hoewel ek alles met groot liefde en geduld van U aanneem, kan ek my tog nie teen innerlike, heimlike verdriet verset nie, omdat ek juis die slagoffer is van U strengheid!" - Toe draai hy homself om en kyk met `n ietwat weemoedige blik oor die see.

[10] Johannes gaan na hom toe en sê: "Kyk, broer, jy het dit nou ietwat moeilik na die sagte teregwysing van die Heer, maar besef dat die Liefde en Wysheid van die Heer baie goed weet waarom Sy jou dit aangedoen het. As jy eers goed en diep in jou hart sou inkyk, sal jy die oorsaak self gou sonder moeite vind!"

[11] Simon sê: "Nou, wat is dit dan? - Sê jy dit maar!"

[12] Johannes sê: "Kyk broer, wat betref insig en lewende, onwankelbare geloof, is jy onder ons duidelik die sterkste, en volgens die getuienis van die Heer `n egte rots. Maar daarby het jy tog tye dat jy ly onder `n gevoel van eiewaarde, en weet jy, so `n gevoel van eiewaarde is ietwat verwant aan dit wat `n mens hoogmoed noem! En dit sal dit wees wat die Heer met baie van Sy nederige opmerkings ten opsigte van jou by jou wil wegneem! Ek het dit al by verskillende ander geleenthede waargeneem en sou dit al lankal uit egte en opregte broederliefde vir jou gesê het, maar daar het geen goeie geleentheid hom voorgedoen nie. Omdat die geleentheid nou wel daar is, het ek daaraan gedink en het dit vir jou gesê, soos wat ek dit al lankal duidelik binne in my gevoel het. Ek hoop dat jy dit in die goeie sin van die liefde, waaruit en waardeur ek dit jou gesê het, sal aanvaar en nie vir my kwaad sal wees nie!?"

[13] Simon Juda sê: "Ja, ja, daarin sal jy ook heeltemal gelyk hê. Ek verstaan net nie waarom Hy niemand van ons nie eers `n slag daarop attent wil maak nie; so spaarsaam is Hy tog andersins ook nie met Sy woorde nie! Dan sou jy jou baie makliker kon hou aan wat heeltemal korrek is volgens Sy suiwer goddelike wil!"

[14] Johannes sê: "Dit sou Hy wel kon doen, maar tog doen Hy dit nie, en kyk, daar moet ook alweer `n goeie rede daarvoor wees!

[15] Vir my lyk dit asof Hy wil dat elke mens homself eers volkome moet vind, voordat die Heer uiteindelik Sy lewe voltooiende hand op hom sal lê, en met Sy Lig in die hart van die mens gaan woon.

[16] Om hierdie rede, wat ek vir waar hou, sê die Heer dan ook vir niemand regstreeks wat hy verkeerd doen in sy lewe nie, maar Hy gee hom, slegs indirek, bepaalde skokkende ervaringe. Daardeur dwing Hy die siel om haarself van naderby te bekyk, haar foute deur Sy Lig te ontdek, dit uit te ban en dan so te sê heeltemal in te gaan in die orde van die Heer in. Dit, broer, is so `n bietjie my beskeie mening, en ek is so goed as seker daarvan dat dit so is. - Hoe lyk dit vir jou?"

[17] Simon sê ietwat nadenkend: "Ja, jy kan ook daarmee weereens heeltemal gelyk hê, want van ons onderskei jy die wil van die Heer die diepste en die skerpste! Jou woord sal vir my in die vervolg baie swaar weeg!"

[18] Terwyl hy dit sê, wend Simon hom weer na My rigting en trek `n dankbare gesig omdat Ek dit deur broer Johannes aan sy hart geopenbaar het. Ek gee egter vir Simon `n teken dat hy nou, omdat die seuns van Markus begin om die groot net in die see uit te gooi, hulle met sy uitgebreide vakkennis moet help.

[19] En Simon doen dit met die grootste plesier in die wêreld; want één blik van liefde van My beteken vir Simon meer as al die skatte ter wêreld. En dit moet ook so wees by alle mense wat My waaragtig volg en daardeur die ware ewige lewe wil bereik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205