Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Op die berg aan die see. Oor besetenheid

169 Na `n oomblik van rus sê Petrus: "Heer, ek verstaan tog nou al baie, maar die wat deur die duiwel besete is - veral by onskuldige kinders - en dat hulle deur so `n slegte bewoner van hul liggaam dikwels op erbarmlike wyse gekwel word, verstaan ek nie! Hoe kan U wysheid en U orde so `n misbruik toelaat! Die dogtertjie van die vrou wat ons vandag agterna geloop het was nouliks dertien of veertien jaar oud, en volgens die moeder was sy al sewe volle jare lank deur `n duiwelse gees op `n ongelooflik kwaai en pynlike manier daagliks sewe uur lank gefolter. Waarom moet so iets dan nou toegelaat word?"

[2] Ek sê: "Dit is dinge wat julle verstand nou nog nie grondig kan verstaan nie! Maar omdat ons hier so ongestoord bymekaar is, sal Ek julle tog etlike aanwysings daaroor gee, luister dus na My!

[3] Die aarde is die draagster van tweërlei soorte mense. Die een en beter soort stam oorspronklik reeds van bo af, die kinders van God moet daaronder gerangskik word. Die ander en oorspronklik bose soort stam suiwer van hierdie aarde af. Hulle siel is in `n sekere sin `n kombinasie van afsonderlike lewensdeeltjies wat, terwyl dit van satan afgeneem is, in die massa van die aardliggaam as materie gevange gehou word. Daaruit ontwikkel* hulle deur die plantewêreld na die dierewêreld, en werk hulle deur die talle vlakke van die dierewêreld uiteindelik as `n potensiële krag, bestaande uit tallose oersieldeeltjies, op tot `n siel van `n wêreldmens. Veral by ongeseënde verwekkings verenig sy haarself in die liggaam van die vrou, waarby sy daarna, net soos die kinders van die lig uit die geestelike sfeer van die hemele, op hierdie wêreld gebore word. *[evolueer of muteer - Geleidelik, gestadig, trapsgewys ontwikkel]

[4] Omdat die hele wese van sulke kinders uit satan geneem is, loop hulle altyd min of meer die gevaar om deur die een of ander bose gees, dit wil sê, deur die swart siel van een wat reeds op hierdie aarde al liggaamlik geleef het as `n duiwel van `n mens, besete te word. Dit gebeur veral wanneer so `n jonge siel wat uit die sataniese aardedeeltjies gevorm is, `n goeie en hemelse rigting wil inslaan. Omdat `n lewensdeel hom daardeur losskeur van die helse sfeer, veroorsaak dit `n onverdraaglike pyn aan die gesamentlike hel, en daarom stel sy alles in werking om so `n verwonding te verhinder.

[5] Nou wil jy natuurlik weet waarom die hel so `n pyn daarvan ondervind, want één so `n siel moet vergeleke met die hel tog onnoemlik klein en onbelangrik wees, soos wat `n mensehaar is ten opsigte van die hele mens, en Ek sê vir jou dat jy grootliks daarin gelyk het. Maar neem nou eers die kleinste haartjie van jou liggaam en ruk dit uit, dan sal jy daarby opmerk dat jy tydens die uittrek nie slegs op die plek van die haartjie, maar haas deur jou hele liggaam `n onuitstaanbare stekende pyn sal voel, wat jou tot vertwyfeling sou bring as dit `n uur lank sou duur.

[6] Aan die hand van hierdie verklaring kan jy nou al `n bietjie beter insien waarom die besetenheid op aarde voorkom en waarom dit tot aan die einde van hierdie aarde sal voorkom.

[7] Hierdie besetenheid het vir die besetene ook beslis goeie kante, want so `n siel, wie se liggaam deur die een of ander duiwel in besit geneem word, word deur die kwellinge van haar liggaam duidelik gesuiwer, en word behoed vir `n kwaai binding met haar liggaam. Dan kom op die regte oomblik die hulp van bo, en `n wêreldsiel word dan heeltemal vir die hemele gewen. - Sê eers of julle nou iets van die gang van sake verstaan het!"

[8] Petrus sê: "Ja Heer, dit is nou vir my heeltemal duidelik, maar sou dit dan miskien nie beter gewees het om `n besetene gladnie te help nie, al is hy ook nog so baie besete!?"

[9] Ek sê: "As daar iemand kom en jou om hulp vra, dan mag jy hom dit nie weier nie. My versigtigheid sorg daarvoor dat `n betrokkene eers om hulp gevra word, wanneer die regte oomblik aangebreek het om te help. Daarom mag jy ook geen soekende hulp weier nie! - Verstaan jy nou ook hierdie belangrike verklaring?"

[10] Petrus sê: "Ja Heer, daarvoor U dank, liefde en eer! In die wêreld is daar dus niks waar daar vir diegene wat die goddelike sake verstaan, nie altyd die grootste liefde en wysheid van God duidelik sigbaar sou wees nie!"

[11] Ek sê: "Ja, dit is so, daarom moet julle by alle weersin­wekkende verskynsels wat so is op hierdie aarde, nie moed verloor nie, want die Vader in die hemel weet daarvan en weet die beste waarom Hy dit toelaat!

[12] So is die meeste siektes wat die mense moet deurstaan, niks anders as hindernisse om te voorkom dat die siel één sou word met die liggaam, wat, selfs by die kinders van die lig, afkomstig is uit die verbanne satan. Die enigste verskil vir die kinders van die lig is dat, as hul siel aan die liggaamlike wil begin hang, hul lyding deur die hemel veroorsaak word. Ook die lyding van die kinders van die wêreld word vir hierdie doel deur die hemele beveel en toegelaat, maar oorspronklik is dit hellepyne. Die liggaam van die wêreldkind moet as `n volledige deel van die hel saam ly, as die hel `n stekende pyn voel wanneer die geweldige invloed van die hemele `n deel van haar lewe grondig wegruk! - Verstaan julle hierdie uitleg nou ook?"

[13] Petrus sê: "Ja Heer, ook hierdie verklaring verstaan ek. U het altyd al my liefde vir ewig!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205