|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 211
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Moet die mens liggaamlik eerste goed versorg wees?
211 Cyrenius sê: "Ja, Heer en Majesteit! Maar dit is vir my tog `n totaal nuwe leer, waarvan vóór U niemand ooit van sou gedroom het nie! Dit is nou wel duidelik dat niemand behalwe U alleen die mense van alle wêrelde van a tot z moes geskape het; want sonder om self Skepper te wees, kon `n mens dit nooit geweet het nie, behalwe as op die manier waarop ons dit nou van U af gehoor het.
[2] Ervaringe gedurende alle tye het geleer dat dit so is en nooit anders kan wees as wat U dit nou vir ons uitgelê het nie; tog sou geen wyse, ook al sou hy nog hoe dikwels die kwade van die mensdom waargeneem het, oor die oorsaak daarvan iets kon gesê het nie. Waar sou hy dit dan ook vandaan moes gekry het? Want daarvoor is die totale kennis van die mensenatuur vanaf haar oergeestelike tot by haar liggaamlike toestand nodig.
[3] Maar wie kan hom hierdie kennis êrens sy eie maak? Wie ken die menslike liggaam tot in elke vesel? Wie het ooit `n siel vry sien rondloop? `n Mens weet skaars of hulle wel `n vorm het, en watter vorm dit is, of hulle groot of klein is; kortom, die mens is volkome onkundig. Maar waar moet `n mens dan in so `n geval die kennis oor die seldsame geaardheid van die mens vandaan kry
[4] En tog moet daar middele en weë wees waardeur die mens homself beter moet leer ken; want as die mens uit homself nie kan ontdek wat hy is en waarvoor hy daar is nie, en wat hom volgens sy geaardheid en bestemming te doen staan om daardie doel te bereik waarvoor hy deur die Skepper bestem is nie, anders het hy niks aan alle lesse en alle wette nie! Soos wat mens aan talloos baie mense maar al te duidelik sien, sal sy siel haarself steeds meer in haar omhulsel terugtrek deur die helaas pynlik voelbare menigvuldige behoeftes van die liggaam; want die honger knaag, die dors brand, die koue is ook pynlik, en dan bied `n goeie liggaamlike versorging die liggaam nie slegs die noodsaaklike nie, maar selfs `n ware luuksueuse genot!
[5] Die dierlike deel van die mens stel sy eise ook altyd so nadruklik en so onmiskenbaar, dat die stille eis van die siel nie opgemerk word nie. Wie kan dan, onder hierdie omstandighede, hom nog daaroor verwonder dat honderdduisendmaal honderduisende skaars enige besef het van die wese van hul siel? Want by hulle verbind hul siel haarself van kinds af aan so sterk met haar liggaam, dat sy volledig één daarmee is, en daarom in haarself ook geen ander behoefte ken as die van die liggaam nie.
[6] Ja, `n mens moet daarby selfs sê dat juis by mense wat liggaamlik te ellendig en sleg versorg is, hulle ook nooit die geringste spoor van `n gevoel vir die geestelike behoefte laat nie. Ons het in die noordelike deel van Europa volkstamme waarby nie die geringste spoor van geestelike ontwikkeling te vinde is nie.
[7] Wat is die rede daarvoor? `n Algehele liggaamlike onversorgdheid! So `n mens gaan met knuppels gewapen dikwels dag en nag in die digte woude rond en probeer `n stuk wild dood te maak. As hy dit gedood het, dan eet hy dit van honger, soos wat mens sal sê, met huid en haar op. Die vraag is dan: Hoe sou daar by so `n volk sprake kan wees van enige geestelike behoefte? - Terwyl `n mens tog byvoorbeeld in Rome, waar die mensdom vir die grootste deel liggaamlik baie goed versorg is, oor `n menslike siel en haar onsterflikheid reeds lank onderrig gegee het en daarom ook die meeste aandag bestee het, en nog steeds bestee, aan `n deugsame lewe, wat vernaamlik die oog gerig hou op die vorming van die geestelike mens.
[8] Natuurlik gebeur dit helaas ook nog dikwels dat die rykes hulle op die lange duur te veel besighou met die welsyn van hul liggame en daarby weinig of geen waarde heg aan die ontwikkeling van hul siele, en uiteindelik elke leer aansien as die uitvinding van `n hongerige wyse. Maar hulle het `n taal, waardeur `n mens homself met hulle oor soveel dinge verstaanbaar kan maak dat hulle daarna, by al hul sinnelikheid, tog ietwat vreemd begin opkyk - wat altyd vir hul siel ‘n wins is.
[9] Maar by mense, waarvan `n mens nog nie presies weet of hulle `n taal het of nie, is dit gladnie moontlik om so `n verwondering op te wek nie. As dít nie eers kan gebeur nie, hoe sou dit dan moontlik wees om hulle belangstelling te wek vir `n diepere, geestelike behoefte van die siel?
[10] Daarom meen ek dat `n mens eerste die mensdom ten minste liggaamlik goed moet versorg, sodat dit daarna makliker is om die siele van die mense gaandeweg wakker te maak vir hul egte geestelike lewensbehoeftes. Die mense moet minstens betreffende die eerste lewensbehoeftes versorg wees! Want, soos reeds gesê, `n fisies te arm mens het nie die minste behoefte aan geestelike ontwikkeling nie! Dit is moeilik om te preek vir `n hongerige maag, tensy hulle eers geëet en gedrink het. Dit is so min of meer my beskeie mening. U, o Heer en Majesteit, het dit heeltemal gelyk; want slegs U ken U werke volkome! Maar ook ek glo dat ek nie heeltemal ongelyk sal hê nie; want ook die ondervinding van alle tye en volke praat vir my mening."
|
|
|
|
|