Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Aankoms in die vrye stad Genésaret

102 Ek sê: "Of julle My sien of nie, Ek is tog by julle. Want as julle in My glo, op My Naam bou, vertrou en hoop, en My waaragtig liefhet, dan is Ek altyd by julle en in julle midde. Maar by diegene wat aan My twyfel is Ek nie, ook al sien hy My vlak langs hom staan!

[2] Origens was dit baie goed dat broer Bartholoméüs spesifiek Judas se oë geopen het oor die aard van die Esseners. Dit sal hom weliswaar nie baie baat nie, maar vir die ander meer! Want Judas voel hom heimlik tuis by sulke illusies en dink: 'As Jesus my nie inwy in die geheime nie, dan gaan ek na die Esseners!' - Want hy is en bly `n vrek, en vir tien pond goud is hy liewer as die grootste waarheid uit die hemel met die ewige lewe nog daarby! As Herodes hom nou `n goeie aanbod maak, dan verraai en verkoop hy ons almal! Hierdie aarde sal hom baie moeilik ooit kan verbeter!

[3] Daarom vorm die groot skatte van hierdie wêreld die grootste bedreiging vir die ewige lewe van die mens! Wat baat dit egter die mens as hy die skatte van die hele wêreld sou hê, en dit ten koste van sy siel? Vir hom wat baie het, sal mens sy siel wegneem en in groot duisternis werp, waar `n ewige gejammer en tandegekners heers! Wat sal hy dan aan al sy skatte hê!?

[4] Laat elkeen van julle daarom geestelike skatte versamel, wat nie deur die roes en die motte vernietig kan word nie, dan sal julle in ewigheid alles in oorvloed hê!

[5] Kyk, hier benede op die bodem van die see lê al menige gelaaide skip met sy meesters en skeepslui begrawe! Watter wins het hulle nou wat op die markte groot somme geld wou verdien? `n Storm maak aan al hul bietjie handel en wandel `n einde, en hul siele is begrawe in die afgrond!

[6] Maar julle het op julle skip, wat gedurende hierdie nag deur `n baie kragtige storm geteister was, die onvernietigbare skatte vir gees en lewe uit God gelaai - en kyk, met al sy onstuimige geweld was die orkaan nie in staat om julle in die afgrond te slinger nie! En daarom het Ek te voet oor die bruisende golwe na julle toe gekom, om julle deur die daad te toon dat hy, wat slegs die ewige skatte van die hemel by hom dra, homself maklik bo alle helse storms en golwe van die wêreldgebeure sal verhef, en sonder om skade te ly daaroor kan wandel, en uiteindelik tog meester is en bly van al die moeite van die wêreld.

[7] As hy sy lewenskip egter belas met die skatte van die wêreld, en die storm hom agterhaal op die golwe van sy geldsorge, dan sal skip en skipper beide ondergaan! - Het julle al hierdie woorde goed verstaan?"

[8] Almal sê: "Ja, Heer, dit was duidelik en heel verstaanbaar en onvergeetlik waar."

[9] Ek sê: "Goed, laat ons dan nou oorvaar na die stadjie Genésaret en na die klein, vrye landstreek, wat die naam dra van haar klein stad!"

[10] En die knegte begin te roei en na `n klein halfuur kom ons onderkant die stad Genésaret aan land. (Matthéüs. 14:34) Die see vorm by Genésaret `n groot inham, en is slegs deur `n nouliks tien klafter breë see-arm verbind. Daarom noem mens hierdie inham ook 'Meer van Genésaret'. Ons stap aan die linker landtong aan land, omdat die skepe wat die see-engte deurgaan en die meer van Genésaret binnevaar, tol moes betaal. Ons laat ons skip aan die landtong vasmeer en laat slegs twee knegte as bewaking agter, die ander ses gaan met ons na die stad en koop daar na behoefte brood, sout en wyn, want die nag het hulle baie honger gemaak.

[11] Ek het die weinige wat hulle gekoop het, geseën sodat hulle almal meer dae te eet en te drinke sal hê.

[12] Ek het verskeie dae in Genésaret gebly, want dit was `n vry stad en mens kon daar nie deur Jerusalem of deur die tempel, en net so min deur Herodes belas word nie, omdat hierdie stad onder strenge beskerming van die Romeine gestaan het. Dié het daar `n vaste leër, waaroor vanuit Kapérnaüm bevel gevoer word. Hoewel dit nêrens beskryf staan nie, omdat dit te onbelangrik was, was dit die presiese stand van sake.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205