Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die volmaakte mens

144 Deur die luide lofgesang ontwaak ook al die ander en meng hulle dadelik in die koor van die leerlinge, en Ek laat hulle almal uiting gee aan hul gevoelens, en Jarah omklem My voete en huil van oorgrote vreugde en saligheid! Toe sy ongeveer `n halfuur van vreugde aan My voete gehuil het en die leerlinge hul môregroet beëindig het, rig die kleintjie haar op en sê met `n veelbetekenende stem: "O aarde, wanneer, wanneer sal jy weer so geseënd wees om deur hierdie Voete betree te word? Swygende moeder van die sonde, voel jy nie wie die Een is wat nou op jou staan nie? Nee, nee, jy voel dit nie, jy kan dit nie voel nie, want jy is te dood en te klein! Hoe sou jy kon verstaan wat vir die oneindige ruimte en vir al die tallose ontelbare wesens daarin, te ondenkbaar groot en te heilig is!? Waar sal ek begin en waar eindig om maar Sy glansrykheid te besing soos wat dit sigbaar word in één doudruppel? Want Hy, God die Ewige, is tog dit wat sowel die doudruppel as die eindelose groot ligwêrelde skep! O Heer, o my God, vernietig my tog, want my hart verdra nie die te vurige liefde vir U nie!

[2] Toe ek U Glansrykheid nog nie geken het nie, het ek van U as `n volmaakte Mens gehou. Ek het wel vermoed dat die suiwer goddelike Gees in U is, en my hart hou onuitspreeklik baie van hierdie heilige Gees, maar tog het ek aan U gedink as `n Seun van die Allerhoogste! Maar nou het alles `n ander vorm aangeneem! U is die Allerhoogste Self! Buiten U is daar geen ander nie! Vergeef my daarom, die kleinste stofwurmpie, wat in sy aangebore blindheid dit gewaag het om U as `n Mens lief te hê!"

[3] Ek sê: "My kindjie, daar is niks te vergewe nie, bly maar op hierdie wyse van My hou! Want Ek sê nou vir julle almal: Wie My nie liefhet soos jy nie, My liefste Jarah, My liefgehad het en nog liefhet nie, sy liefde is vir My geen liefde nie!

[4] Wie God nie as `n volmaakte Mens liefhet nie, kan nog minder sy naaste liefhê, wat nog `n baie onvolmaakte mens is! As daar egter geskryf staan dat God die mens geskape het na Sy ewebeeld, wat moet God dan anders wees - as die mens Sy ewebeeld is - dan ook `n Mens, maar dan natuurlik heeltemal volmaak!? Of sien Ek daar nou anders uit as `n mens omdat jy, My kindjie, `n paar baie kleine druppeltjies van My Glansrykheid gesien het?"

[5] Jarah sê: "O nee, U sien nog steeds dieselfde daar uit, en in my hart het dit ook nie anders geword nie! Ja, ek sou U van pure liefde nou nog liewer heeltemal in my hart wil hê! Ek sou U so stewig wil omarm dat my arms sou skeur en U dan nooit meer loslaat nie, ja, ek sou U Gesig met ontelbare kusse wil oordek en nooit meer wil ophou om U te kus nie! Kortom, ek het heeltemal geen woorde om te sê wat ek uit pure liefde alles vir U sou wou doen nie! Maar U is nou die mees heilige, allerhoogste goddelike Wese, en ek dink daarom in my hart dat ek veels te onwaardig is om U so lief te hê asof U `n mens sou wees. Maar ek het nou wel `n idee daarvan, wat ek kan en mag, maar tog hou my hart geen rekening daarmee nie en hou nog vuriger van U as eers!"

[6] Ek sê: " Dit is goed so! Laat jou siel maar altyd die opregte wens van jou hart volg en ontsteek daarin `n heldere vlam, dan sal die hele siel weldra lig word, en die Gees van God sal in haar opgaan soos `n son, en in sy lig en in sy lewenswarmte sal die saad van God dan ontkiem en die siel vir die ewige lewe voorsien van die vrugte van die lewe!

[7] Maar die Gees van God in die mens kan slegs gewek word deur die liefde tot God, en uit die liefde tot die liefde vir die naaste.

[8] Bly jy dus maar steeds so van My hou, want die liefde is meer werd as al die prag wat jy met jou oë gesien het!

[9] Maar nou sal ons ook na die ander luister en ons laat vertel watter indruk hierdie nag op hulle gemaak het."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205