|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 192
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Oor die tempelskatting
192 Cyrenius sê: "Ook daarin het jy volkome gelyk, en ek is nou daarvan oortuig dat jy `n baie wys en regskape burger is, en moet jou daarom wel as `n bestuurder met baie volmag aanstel!"
[2] Ebahl sê: "Dit sal moeilik gaan, omdat ek nog altyd `n Judeër is, waar dit deur die tempel ten strengste verbied word om enige funksie of waardigheid van Rome aan te neem!"
[3] Cyrenius sê: "Wel, wat dink jy dan daarvan as ek jou `n Romeinse burger maak? As jy dit is, dan kan jy elke denkbare Romeinse funksie aanvaar, en ons sou die tempel heel spesiaal straf as hy dit sou wou verhinder! As jy dit dus wil, maak ek jou `n burger van Rome!"
[4] Ebahl sê: "Verhewe gebieder, beslis nie ter wille van die aansien en die hoë amp van Romeinse burger nie, maar slegs vir die vryheid wat aan elke Romeinse burger gegee is, neem ek u voorstel aan! In my hart sal ek wel altyd `n egte Judeër bly - want mens kan hom nie verweer teen die heilige oortuiging dat die egte ou en ware Judese geloof waaragtig uit die hemele na die mense toe gekom het nie, en dat slegs daarin die verlossing te soek en te vind is nie. Maar ten opsigte van die buitewêreld wil ek net so `n Romein wees soos iemand wat in die middel van Rome uit `n onbesproke Romeinse gesin gebore is."
[5] Cyrenius sê: "Goed, dadelik sal jy uit my hande, die op perkament vasgelegde, te alle tye geldige, en van alle regte van `n burger van die stad Rome voorsien, `n brief kry! As jy die brief dan aan die tempeldienaars toon, sal hulle jou sekerlik volkome met rus laat, en dan sal jy die mensdom meer van nut kan wees as tot nou toe, dus: ek wil dit, en so gebeur dit!"
[6] Cyrenius wink vir sy privaat sekretaris, wat dadelik die brief bring. Cyrenius teken sy naam onderaan en gee die brief daarna aan Ebahl.
[7] Ontroerd deur die goedheid van die opperstadhouer, bedank Ebahl Cyrenius uit die grond van sy hart en sê aan die einde van sy dankrede: "Waarlik, so `n eer het ek hier in die nabyheid van die stad Césarea nooit verwag nie! Van my kant af sal hierdie brief ook vir die mensdom baie goed te weeg kon bring, en dit te meer omdat die brief ook vir my die reg en die keiserlike volmag gee om van elke regskape Judeër `n Romeinse burger te maak, wat dan ook weer netsoos ekself, alle regte en voordele van `n Romeinse burger kan kry. Reken maar dat ons omgewing binnekort baie Romeinse inwoners sal tel, en die ontslaan van die fariseërs uit hierdie provinsies sal hulle vermeerder soos die gras in die voorjaar! O, dit sal heerlik wees!"
[8] Die naas hom staande ou Markus sê: "Broer, jy het geen ongelyk dat jy jou daaroor verheug nie, want dit is belangrik om `n burger van Rome te wees! Ek is dit deur my geboorte. Maar tog moet ek jaarliks netsoos die Judeërs `n bepaalde skatting aan die tempeljode betaal. Van die Judeërs neem hulle slegs die tiende, maar van ons Romeine `n skatting volgens `n aan die Romeinse hof op arglistige wyse verkreë reg, - en jy moet met hulle akkoord gaan om in plek van die swaar skatting, die oorspronklike tiende te mag betaal. Hierdie plig van die Romeinse inwoners tot die betaal van `n skatting, moet van Rome af sonder voorbehoud van die tempelpriesters afgeneem word; ten eerste is die opgelegde skatting veels te swaar en ten tweede maak dit die tempel te magtig - en albei is sleg.
[9] By die huidige transport van misdadigers na Sidon sit daar juis weer `n paar opruiers, wat sekerlik deur die tempel vir hul werk betaal is. Dit is wel so dat die skatplig in enige vorstedom van Kanaän baie swaar is, en dat die tempel maar net daar regte het waar Rome skynbaar nog daaragter staan. Maar die tempelpriesters stel hulle daarmee nie tevrede nie, oortree die wet deur valse oorkondes te toon asof dit nuut uit Rome kom, en dwing die Romeinse inwoners om so ten minste die tiende te betaal. Ek het vanmôre nog die tiende van die vis moes afgee, omdat ek andersins alle moontlike moeilikhede met hulle sou gekry het.
[10] My mening daaroor sou daarom wees: Hulle moet so gou moontlik alle konsessies van Rome sonder uitsondering afgeneem word. Anders loop Rome gevaar om in Asië weldra opstand na opstand te kry, en vóór daar veertig somers om is, sal Rome die baie betreurenswaardige eer hê om Kanaän en die ander Asië vir die tweede keer van a tot z te moet verower! - Dit is my mening, wat ek nou baie belangrik vind, omdat ek die omstandighede binne die tempel baie sekuur ken, en hulle daarom ook baie verafsku."
[11] Cyrenius sê: "Ook vir hierdie kapotte byl sal `n steel gevind word! Maar wanneer die tempelpriesters dit waag om ook in hierdie streek die skatting te eis en so hul ou tiende weer in te voer, dan sal ons dadelik `n fikse donderbui op die tempel afstuur, want dit is weer `n pure eiemagtigheid van die kant van die tempelpriesters, wat mettertyd werklik die kwaadste gevolge vir Rome sou hê.
[12] Julius, jy sal vandag nog `n paar blanko, deur my ondertekende rolle kry, waarop jy volgens jou goeie blik van die tempel enige tekortkominge wat jy sien sal voorskryf! - Verstaan jy my!?"
[13] Julius sê: "Dit sou alles wel in orde gewees het, as die viervorstedom Judéa maar net nie aan die hebsugtige Herodes verpag het nie, met bykans alle soewereine regte! Daarby sit daar in Jerusalem nog `n trae landvoog, naamlik Pontius Pilatus, wat baie bly is as die mense hom vrede en rus gun; met hom is daarom nie veel uit te rig nie! Daar kom nog `n noodlottige omstandigheid by, wat baie oorweging werd is: As jy vir die tempel nog `n duisend sulke strenge voorskrifte gee, sal hy, netsoos `n Proteus, orals tussendeur glip - en ek vra my af wat daar dan nog verder onderneem sal word.
[14] Dit sou baie gewaag wees om met te sigbaar uiterlike geweld die tempel te bestook, want die volk hang daaraan en beskou veral in Judéa die priesters as halfgode en tussenpersone tussen hul God en die mense. As `n mens die tempel sigbaar geweld sou aandoen, sou `n mens homself ook dadelik die hewigste opstand in Judéa op die hals haal. Daarom is daar baie versigtigheid nodig voor `n mens werklik iets teen die tempel wil onderneem!
[15] Ja, hier in Galiléa en sekerlik in Genésaret, wat hom steeds in `n uitsonderingstoestand bevind, en waar die volk al baie verlig is, kan `n mens met goeie gevolg teen die swartes te velde trek; maar in Judéa beslis nie! Daarom geld dit: As iets teen die tempel onderneem moet word, moet eers beraadslaag word!
[16] Die tempel was in staat om, op allerlei slinkse weë, van Rome allerlei voorregte te kry, wat ons moet respekteer solank ons die eer en die geluk het om Romeine te wees. As die sake so daaruit sien, sal die blanko volmagte my weinig of niks help nie! In my streek het ek egter blanko volmag genoeg! - Maar tog kan ek altyd nog `n paar daar gebruik.
[17] In Genésaret en die taamlik wye omtrek daarvan het ek die tempelpriesters die begeerte tot skatting en tiende afpers sodanig ontneem dat hulle wel vir altyd hul hebsug laat vaar het, en as ek goed ingelig is, het ons regskape owerste Cornelius in Kapérnaüm reeds lankal dieselfde gedoen - dus is Galiléa, op enige Herodiaanse onderdrukking na, taamlik vry van die tempelnarigheid. Maar in die magtige Judéa sal dit nog lank nie moontlik wees om daardie doel te bereik nie. Dit is my mening. - U, verhewe gebieder, kan egter tog beveel wat u nodig ag, en ek sal altyd u bereidwillige dienaar en kneg wees!"
|
|
|
|
|