Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Markus vertel

178 In die agterland van die sogenaamde Klein-Asië, lê `n deur mense bewoonde streek waar die vroue merendeels onvrugbaar is. Wat die oorsaak daarvan is, kan ek U nie vertel nie. Dit is wel `n voldonge feit dat, sodra die vroue gemeenskap gehad het met Judeërs of Samaritane, hulle net so goed vrugbaar word soos dié van ons. Nou, sedert lankal ken die fariseërs, wat hulle slegte volgelinge oor die hele wêreld uitstuur, die onvrugbare vroue en hulle het dikwels met karavane daarheen getrek om die onvrugbare vroue vrugbaar te maak! Dit was, sê maar, `n vriendskapsdiens waarvoor steeds goed betaal was. Maar dit het nie by hierdie diens gebly nie, omdat die Klein-Asiatiese manne langsamerhand begin insien het dat hulle bedrieg word. Hul vroue blyk naamlik in die vrugbaarheidsinstituut wat die sendelinge uit Jerusalem aan die grens van die gemeente al jare gelede opgerig het, nie regtig swanger te geword het nie. Die sendelinge koop naamlik hier in hierdie land, en ook in Judéa, pasgebore babas op en laat dié na die genoemde instituut bring, waar die origens baie mooie en weelderige, maar onvrugbare, vroue tien maande moes bly. Na afloop van die tien maande, waarin die wellustige apostels van die tempel so dikwels moontlik gemeenskap met so `n vrou gehad het dat sy byna daaraan doodgegaan het, word so `n gekoopte kind vir haar aangebied. Dit gebeur dan op so `n sluwe manier, dat die vrou selfs dink dat dit haar eie kind was! Maar soos gesê, met die loop van tyd het die manne tog agter die bedrog gekom, omdat `n eerlike Samaritaan die Klein-Asiate vertel het wat die sogenaamde vrome apostels van Jerusalem, die stad van God, aan hulle gedoen het.

[2] Daarop kom die bedriegde manne na die 'apostels' in die bevrugtingsinstituut, en het hulle ernstig voorgehou wat hulle van `n burger uit Sigar gehoor het, en wat die bevrugte vroue ook gebieg het!

[3] Maar die deur wol geverfde 'apostels' vind baie gou `n heel aanvaarbare uitweg, deur so `n verhaal aan die Samaritane te vertel dat die aanklaers in volle erns begin het om te glo dat die Samaritane, wat deur God al vir baie jare vervloekte afvalliges van die Judeërs was, alleen die skuld gedra het vir die onvrugbaarheid van hulle vrouens.

[4] Hierdeur het daar op die goeie Samaritane `n tweevoudige eed van wraak gelê. Ten eerste dié van die fariseërs, vanweë die aanklag en verdagmaking by die Agterklein-Asiate, en ten tweede dié van die eienaars van die onvrugbare vroue, wat vas begin het om te glo dat die Samaritane kwaadaardige towenaars was wat die Agterklein-Asiate al jare gelede ingedoen het, omdat daar by hulle een tyd `n Samaritaan vanweë die hou van gemeenskap met `n vrou, vermoor was. Maar die fariseërs het wel `n middel daarteen sodat hulle teen behoorlike betaling wel sou kon adviseer, maar wat hulle baie eenvoudiger aan hulleself sou kon verskaf! - En nou eers, beste Heer, kom die egte, respektiewelik meer as sataniese, te voorskyn!"

[5] Ek sê: "Vertel maar klaar! Hoewel nie vir My nie, is dit tog noodsaaklik vir My leerlinge dat hulle dit hoor."

[6] Toe gaan Markus verder met sy verhaal en sê: "Waaruit bestaan daardie middel wat vir die vrugbaar maak van die vroue van die Agterklein Asiate deur die apostels van Jerusalem vir baie geld aangeprys word? Volgens die wyse raad van die 'apostels' bestaan dit uit niks minder nie as dat die Agterklein Asiate hulle die bloed van die kinders van die Samaritane moet verskaf en dit, vars of tot poeier gedroog, moet drink as hulle geslagsryp geword het, en die vroue moet dit doen voordat hulle gemeenskap het. Dit sou die toorkrag van die Samaritane vernietig en die vroue weer heeltemal vrugbaar maak! Maar hoe moes hulle aan die bloed van Samaritaanse kinders kom? Daarvoor sou die apostels van die tempel vir goeie geld en goeie woorde wel sorg!

[7] Die ooreenkoms word opgestel en deur die betrokke Agterklein Asiate aanvaar. Wat gebeur daar toe, en gebeur daar nou nog op groot skaal? Die fariseërs begin toe, net waar hulle maar kon, volledig jag te maak op die kinders van die Samaritane, en dit doen hulle nou nog.

[8] Sulke kinders van een tot twaalf jaar oud, word na die bewese bevrugtingsinstituut toe gebring en daar vir `n tyd lank goed gevoed, veral met bloedvermeerderende voedingstowwe. Blyk so `n kind baie bloed te hê, dan ontklee die mense hom, bring hom in die slagkamer in, en gee hom daar in die hande van self saamgebringde en in eie diens staande slagters. Hulle bind dan digby die liggaam die hande en die voete van die ongelukkige kinders vas, maak dan die kinders wat so gebind was met `n prop in die mond vas aan `n paal in die middel van `n bak, blinddoek vervolgens die arme kinders en sny hulle dan, op so `n ten hemel skreiende manier voorberei, aan hande en voete die are deur. Terwyl die ongelukkiges so doodbloei en natuurlik na verloop van etlike oomblikke dood is, gaan die 'apostels van God' uit Jerusalem, die stad van God, rustig verder voort asof daar niks gebeur het nie. Die ontsielde liggame van die vermoorde kinders word in `n spesiaal daarvoor geboude groot oond verbrand, en hul bloed wat so verkry word, hetsy vars of ook in die omskrewe gedroogde toestand vir die bepaalde doel verkoop. Die hel moes hierdie meer as helse middel geseën het, want die vroue wat die bloed gebruik, skyn nou werklik vrugbaar te wees!

[9] Vir so iets moes die goeie God, as Hy geen ou Judese fabel is nie, tog `n teenmiddel weet, maar tot op hierdie uur gebeur daar van bo af nog niks! God kan nog steeds heel geduldig en kalm sulke naamlose wreedhede aansien, soos wat Hy ongeveer dertig jaar gelede kon aansien hoe daar deur `n bevel van `n tiran, kinders van die manlike geslag, van een tot twaalf jaar, ten getalle van vyfduisend, op één dag op die gruwelikste manier in die wêreld, vermoor is!

[10] God is baie goed, wys en vol barmhartigheid, dit het ek uit die skrif geleer. Maar ek, wat in al die gruwels ingewy is, en wat alles eers in die regte lig bekyk, kan my nouliks teen die gedagte verset dat daar geen God is nie of, as daar een is, dat Hy Hom lankal nie meer bekommer oor die mense van hierdie wêreld nie! Kan iemand my dit egter kwalik neem? Beslis geen realistiese en, net soos ek, mensliewende mens en ook geen God nie! Want in my bors klop daar nog `n hart wat haar met alle liefde uitsit vir die arme mensdom!

[11] Maar, Majesteit en Heer, as daar ook maar iets goddelik in U skuil, doen dan ook hier `n wonderwerk, en verwoes en vernietig hierdie helse gedrogte! Ek twyfel nie in die minste daaraan dat U dit sou kon doen nie, want nadat wat ek vandag by U beleef het, staan ek as borg daarvoor dat daar by U, as U dit maar wil, niks onmoontlik kan wees nie! Want U is duidelik méér as al die profete bymekaar!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205