Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die geskenk van Cyrenius aan Markus

186 Nadat alles byna opgeëet is, roep Cyrenius vir Markus en sy vrou, dank die eerste vir die goeie maaltyd en sy nog steeds onverminderde gasvryheid, en die vrou prys hy vir haar goeie kookkuns, want sulke voortreflik voorbereide voedsel het hy nog nooit geëet nie. Veral die visse oortref deur hul heerlike, volle smaak verreweg al die ander.

[2] Na hierdie lofuiting sê Cyrenius aan Markus: "Maar, ou krygsmakker, gaan jy nou eers na die wit muildier daar! Op sy rug dra dit iets vir jou en jou familie. Jy het lank genoeg ontberinge gely en jy het te kampe gehad met allerlei nood en teenspoed, maar nou sal hierdie onbenydenswaardige toestand in één oomblik eindig! In beide sakke sal jy soveel goud en silwer vind, sodat jy daarmee maklik `n beter woonhuis sal kan laat bou, en by die nuwe, beter huis, `n akker en weidinggrond sal kan koop, sodat jy met jou familie baie goed van die akkerbou sal kan lewe! Die oorblywende wat die sak mag bevat, kan jy as `n goeie appeltjie vir die dors hou, want solank ons op hierdie aarde volgens die Wil van die Heer moet lewe, mag ook die middele daarvoor nie heeltemal ontbreek nie!

[3] Solank ons geen gode is nie, moet ons in die sweet van ons aanskyn ons brood verdien - die een op hierdie en die ander op daardie wyse, elkeen het genoeg te doen en mag die hande nie in die skoot sit nie. Maar soos jy wat al voldoende gewerk het, hy kan op sy oudag dit vir hom heelwat makliker maak. Gaan dus en neem die klein gawe in ontvangs, en die Heer seën jou daarmee!"

[4] Tot trane geroer dank Markus vir Cyrenius - en behalwe Cyrenius in sekere sin hoofsaaklik vir My, want hy sê: hoewel die gawe van Cyrenius gekom het, was hy tog volkome daarvan oortuig dat Ek die oorsaak van alles was, daarom dank hy My in die eerste plek!

[5] Maar Ek sê: "Neem wat mense jou gee, en gebruik dit, maar heg geen waarde daaraan nie! Want so presies gemeet soos elke aardse gawe is, so onmeetbaar is die aardse lewe van die mens! Vandag is jy nog meester van jou skatte en môre eis mense jou siel op! Wat kan jy dan gee om jou siel van die ewige dood te red?

[6] Laat elkeen daarom vóór alles die Ryk van God soek, en dan sal al die ander hom na behoefte ekstra gegee word!

[7] Maar wat hy ontvang, kry hy nie om dit op te hoop nie, maar om dit verstandig en wys te gebruik vir die beswil van homself en ander. Jy sal baie egte armes vind. Hul nood moet jou hart verkwik omdat jy nou geestelik en liggaamlik die middele ontvang het om die nood te versag en die treurige hart van die arme broer te verbly!

[8] Kyk, elke blye hart wat jy in My Naam verkwik het, sal eenmaal `n nuwe hemel vol salighede sonder maat en tal vir jou word, en dit sal jou reeds op hierdie aarde verkwik soos wat geen ander aardse geluk dit kan nie, en dit sal in jou die egte vrede teweegbring - `n vrede wat die wêreld nie ken nie! Gaan dus nou en neem alles in ontvangs!"

[9] En die oue gaan met sy twee seuns, neem die groot en ryk gevulde sakke in ontvangs en bring hulle na `n veilige plek vir bewaring. Nadat hy weer te voorskyn gekom het, bedank hy nogmaals vir alles en vra My wat daar uiteindelik vir die middag gedoen moes word.

[10] Ek sê: "Maak jou skepe klaar, dan sal ons, omdat dit vandag so mooi en windstil is, `n bietjie op see rondvaar! Jy kan dan ook nog `n keer die groot net in die see uitgooi en dan sal jy `n tweede geseënde trek en vangs maak!"

[11] Daarop beveel Markus dadelik sy seuns en die vier ouer dogters om die vaartuig in orde te kry, en ook die net. Ook moet hulle nasien of die omheinde groot vishouer nog heeltemal in orde is, en individuele gate dadelik so goed moontlik met struike en klippe toestop.

[12] Die seuns sê: "Vader dit het ons vier dae gelede al gedoen en daarom sal alles nog heeltemal goed in orde wees, want na die tyd was daar geen stormweer gewees nie; maar om op die oomblik heeltemal seker te kan wees sal ons dit tog nasien." - Toe gaan die seuns op pad, bekyk alles en kom gou terug met die mededeling dat alles nog in prima toestand is.

[13] Ek sê: "Laat ons dan gaan en ons inskeep op die kleinere skepe wat elk, sonder gevaar, maklik twaalf persone kon vervoer!" - Elkeen staan toe op en volg My.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205