Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Genesing van die siek familielede van `n ou Judeër

33 Dan kom daar egter onverwags `n ou Judeër uit die omgewing van Násaret die kamer binne en vra angstig na My. Die leerlinge wys My aan, en hy loop na My toe, val op sy knieë en sê huilend:

[2] “Goeie Heer, Seun van my ou vriend Josef! Ek het gehoor van u wonderbaarlike metode om siekes te genees, en het my daarom in my groot nood na U gewend, omdat ek gehoor het dat U Uself nou weer in Násaret bevind.

[3] Weet u, ek is al negentig en baie hulpbehoewend; maar ek het kinders en kleinkinders wat my altyd met alle liefde en aandag versorg het. Hulle is egter oorval deur `n onbekende kwaadaardige siekte, sodat hulle nou almal in die bed lê, en ek, swakke ou grysaard, is die enigste in die huis wat nie siek is nie. Ek het geen raad meer nie. Geen buurman durf by my aan huis kom nie, uit angs dat hyself die kwaadaardige siekte sal opdoen, en dus staan ek hulpeloos, en weet geen raad meer nie. Ek kan myself nie meer help nie! Ek het tot JaHWeH God gebid om my te help - selfs deur die dood, as dit Sy wil sou wees!

[4] Terwyl ek egter so bid, verskyn daar `n mens in die venster van my kamer en sê: ‘Waarom twyfel jy, terwyl die Hulp so naby is?! Gaan na die huis van Josef! Die Verlosser Jesus is daar; slegs Hy kan en sal jou help!’ - Toe skraap ek al my kragte bymekaar, laat my siekes, wat ek tog nie kan help nie, onder God se toesig agter, en begeef my op die kort weg hierheen na u toe. Omdat ek so geseënd was om U, goeie, beste Verlosser, aan te tref, vra ek U nou met alle krag wat in my is, of U sou wil kom om my sewentien siekes te help wat baie onder die onbekende siekte ly. "

[5] Ek sê: "Ek het My weliswaar voorgeneem om in hierdie omgewing, vanweë die gebrek aan geloof, geen teken meer te doen nie, maar as jy glo dat Ek jou kan help, gaan dan getroos na jou huis, en dit het geskied soos wat jy geglo het!"

[6] Na hierdie woorde bedank die diep ontroerde grysaard My en gaan na sy huis. En toe hy, self versterk, die huis nader, kom al sewentien hom tegemoet, so gesond asof hulle nooit siek was nie. Hulle begroet hom soos gewoonlik heel vriendelik en bevestig aan hom dat hulle `n halfuur gelede blakend gesond geword het. Hulle het probeer om self op te staan en terwyl hulle opstaan, het hulle baie kragtiger gevoel as wat hulle ooit vroeër tydens hulle siekte gevoel het. Hulle het hom al orals gesoek en was besorg oor hom.

[7] Toe die grysaard dit hoor, bevestig hy dat die kwaadaardige siekte sy familie op dieselfde tyd verlaat het toe Ek in My huis aan hom gesê het: “Dit geskied volgens wat jy glo!”

[8] Pas terug in sy huis, toe sy familielede hom vra om hulle te vertel waarheen hy was, sê hy: "Ek het gehoor dat die wêreldberoemde Verlosser Jesus, Homself weer in Násaret bevind. Ek maak my toe gereed en gaan daarheen - en kyk, Hy verhoor my en sê slegs: “Dit geskied volgens wat jy glo!” En julle het deur daardie woord van hom oombliklik gesond geword ! Sê nou self of so iets ooit in die hele Israel gebeur het!"

[9] Die wat gesond gemaak is sê: "Luister vader, in dié geval moet Hy méér wees as maar net `n wondergeneser! Vader, dit is miskien selfs weer `n groot profeet, groter as JeshaJaH, JermiJaH, Esegiël en Daniël, miskien wel so groot soos Moses, Aäron en EliJaH! Hy kon slegs met die Hulp van JaHWeH sulke wonders gedoen het, omdat alle geeste, sowel onder die aarde as bo die aarde, in die water en in die lug, aan Hom onderdanig moes wees! As hulle so onderdanig moet wees aan `n groot profeet, is Hy natuurlik in staat om alles wat hy maar wil in `n oomblik te kan doen!

[10] Maar waar kom die timmermanseun aan so `n onmeetbare barmhartigheid van God? Ons ken Hom tog almal heel goed; dit is nouliks drie jaar gelede dat hy en sy broers timmerwerk by ons gedoen het! Toe was daar niks hiervan by hom te vinde nie! Sou hy die gawe maar kort gelede gekry het? Hy was wel altyd `n heel vrome mens en sy gedrag was altyd baie beleefd. Hy was `n rustige werker en het slegs die nodigste gepraat; `n mens het hom egter nooit gesien lag nie, maar Hy het ook nooit getreur nie; dus kon JaHWeH sy deugde wel opgemerk het en hom nou hierdie barmhartigheid gegee het! Want JaHWeH let nooit op die wêreldse aansien van `n mens nie, maar slegs op die suiwere, onbesproke hart!"

[11] Die grysaard sê: "Ja, ja, daarin kan julle wel gelyk hê, so sal dit wel wees; maar as dit verseker is, moet ons môre met alle vreugde daarheen gaan, en aan Hom ons lof en ons dank aanbied! Want vir `n sigbare, deur God geroepe en deur Sy gees gesalfde profeet, moet elke mens die knieë buig! Want nie die profeet nie, maar God Self is Hy wat deur Sy hart en mond spreek en doen!"

[12] Almal sê: "Amen, dit moet ons eerste en hoogste plig wees!" Toe gaan hierdie mense die huis in en die kinders maak `n aandete klaar, want hulle was almal honger.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205