Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die aanneem van die ewige lewe

24 Toe sê Cyrenius: "Majesteit en Heer, dit lyk my dat hier sekerlik meer sprake is van domheid as van kwaadwilligheid! Want op `n paar na staan die Násareners as domkoppe bekend, en `n domkop is altyd die moeilikste om verstandig te maak! Weinig skoling, geen ervaring, meestal arm, weinig handel en bedryf! Hulle lewe meestal van dit wat akkerbou en van dit wat veeteelt hulle bied en kom na ons wete nooit - behalwe miskien eenmaal per jaar - in Jerusalem nie, waar hul geestelike ontwikkeling nie net stagneer nie, maar altyd afneem. Waar moet hulle dan `n beter verstand vandaan gaan haal om U goddelike leer en U goddelike dade te beoordeel? Bowendien is dom mense gewoonlik ook afgunstig, en soos wat ek opgemerk het, die ergste is dat veral hulle seuns, wat alle moontlike skole deurloop het, so ontsettend ver agter by U staan in alle Wysheid, Kennis en Geesteskrag! Ek glo dat hulle nie direk kwaadwillig is nie, maar wel baie dom is, hoewel dit soms ook kan ontaard in kwaadwilligheid, maar dit is natuurlik nie so skadelik nie, omdat `n dom mens ook op `n dom manier probeer om iemand te skaad. Laat hulle dus maar gaan!

[2] Sou iemand hom aan U wil vergryp, dan sal dit vir my en vir U nog minder besorg maak! Ten eerste het U oorvloedige, onbetwisbare goddelike krag om `n hele, goed uitgeruste oorlogsleër ruimskoots op die vlug te jaag - en hierdie pure domkoppe dus soveel te meer; en ten tweede staan ons as hoogste Romeinse gesagsdraers oor heel Asië aan U kant en dit kan U dus nooit aan beskerming ontbreek nie! Sou U hier vervolg word, dan weet U tog waar Sidon en Tirus lê! Kom daarheen, dan is U veilig teen enige soort vervolging!

[3] Dat hierdie Násareense burgers egter so goed as geen beskawing het nie, het ook wel duidelik geblyk toe hulle byna almal uit suiwer dierlike nuuskierigheid, meer om aan te gaap as vir menslike kontak, na die skool (sinagoge) toe geloop het waar hulle my en van die ander hooggeplaaste menere en gebieders ook maar met die minste gebaar begroet het! Soos esels, osse en dom skape kom hulle na binne gedrom en dit kom voor asof dit net hulle is wat die heersers van die aarde was! Ek kan hierdie mense dit egter nie as `n sonde toereken nie, want hulle is ru, dom en ongeskoold, en ek glo dat U, o Heer en Majesteit, hulle nog duisendkeer beter ken, dat U hulle dit ook nie as `n sonde sal aanreken nie!"

[4] Ek sê: "Dit kan jy wel as vasstaande aanneem, Ek sal dit sekerlik nie doen nie! Maar dit is alles daarin geleë dat hulle in hul hart besef wie Ek is; want slegs daarvan hang hul ewige lewe af! Erken hulle My nie, dan kan hulle ook nie Hom erken wat My in die wêreld ingestuur het nie - en besef hulle glad nie dat Ek en HY wat My gestuur het, Één is nie! Solank hulle harte dit nie besef nie, het hulle My nie in hulle nie en daarmee ook nie die ewige lewe nie en is hulle geestelik dood! Want juis Ek Self is tog die ewige Lewe Self, en deur My leer, die weg daarheen.

[5] Wie daarom My en My leer nie aanneem nie, die neem ook die ewige lewe nie aan nie, en daarom bly slegs die ewige dood vir hom oor.

[6] Tog mag Ek niemand dwing om te glo nie, omdat elke dwang `n geestelike oordeel sou wees, dit net as die ongeloof die dood tot gevolg sou hê - en daarom is dit hier selfs vir God moeilik om so te werk te gaan dat die mens geen skade ly aan sy siel nie! As die mens deur die een of ander nog so onopvallende mag gedwing word, val hy in die oordeel; word hy egter glad nie gedwing nie, dan bly hy ongelowig en twyfel aan alles en bewys daardeur juis dat sy gees heeltemal dood is. Wie of wat moet dan sy gees tot lewe bring?

[7] My lewendgemaakte woord neem hy nie aan nie - en sodoende ook nie vir My nie, die enigste bron van alle lewe in die hele oneindigheid; sê eers self waarom hy dan nog verder moet lewe en waarom Ek hom daar moet gaan haal.”

[8] Cyrenius sê: "Ja, ja, dit is vir my nou wel duidelik en dit moet ook wel so wees, omdat ek al dertig jaar weet wie U is; maar ons sal dit maar met rus laat, ek sal hierdie mense nog wel gelowig maak! Nou gaan ons egter verder en eers sien waar ons `n middagete sal kry! Dit is al taamlik ver in die middag." - Daarop verlaat ons die skool en die stad en gaan na My huis, waar `n goeie maaltyd al op ons wag. Opgeruimd eet en drink ons en ons was hierdie hele verdere dag in `n opgewekte stemming.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205