|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 168
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Genesing van die dogter van die Kananese vrou
168 Toe ons die skip aan die oorkantste oewer verlaat, moes ons op Griekse gebied nog `n behoorlike voetreis onderneem om in die buurt van beide stede te kom. Toe ons by die grens van die grondgebied van Tirus kom, en dit teen die aanvang van die aand verbygaan, loop `n vrou, uit Kana in Galiléa gebore, maar wat al vyftien jaar gelede met `n Griek in hierdie streek getroud was, ons agterna omdat sy My onderweg herken. Sy roep daarby: "Heer, Seun van Dawid, erbarm U oor my! My dogter word kwaai deur die duiwel gepla!" (Matthéüs. 15:22) - Ek laat haar egter roep, sê geen woord aan haar nie,en loop verder.
[2] Maar omdat die vrou baie hard roep, sodat die leerlinge daardeur gehinder word, sê hulle aan My: "Stuur haar tog weg! Want nou skreeu sy al byna `n halfuur so hinderlik dat ons ore daarvan wil tuit! (Matthéüs. 15:23) As U haar nie wil of kan help nie, maak dan tog dat sy weggaan, anders sal die ander mense, wat ook op hierdie pad loop, nog begin glo dat ons die vrou iets aangedoen het, en dan sal hulle ons ophou en met allerlei vrae lastig val!"
[3] Daarop sê Ek aan die leerlinge: "Ek is slegs gestuur vir die verlore skape van die huis van Israel!" (Matthéüs. 15:24)
[4] Die leerlinge kyk My elkeen na hierdie antwoord met groot oë aan en weet nie wat hulle daaraan het nie. Judas Iskariot gee aan Thomas te kenne dat hy My baie inkonsekwent vind en sê: "Jy kan dikwels uit jou vel spring van ergernis oor al die flagrante teenstrydighede in Sy praat en handel! Noudat hierdie vrou Hom om hulp vra, is Hy slegs maar vir die skape van die huis van Israel gestuur, maar toe Hy alle moontlike hulp gegee het aan die Romeine, wat tog nog meer heidens is as hierdie arme half Griekse en half Judese vrou, het Hy nie daaraan gedink dat Hy slegs maar vir die skape van die huis van Israel gestuur is nie!"
[5] Thomas sê aan hom: "Ek kan jou hierdie keer regtig nie heeltemal gelyk gee nie, maar tog staan ek daarby dat Hy hier `n besondere rede het waarom Hy hierdie vrou gladnie wil help nie!"
[6] Maar terwyl die leerlinge onder mekaar so hul menings uitwissel, kom die vrou na My toe, val voor My op haar knieë en sê: "Heer, help my!" (Matthéüs. 15:25)
[7] Ek kyk die vrou aan en sê: "Dit is nie goed om die brood van die kinders af te neem en dit vir die honde te gooi nie!" (Matthéüs. 15:26)
[8] Daarop sê die vrou: "Ja, meester - maar tog eet die honde die broodkrummels wat van die tafel van hul Heer afval!" (Matthéüs. 15:27)
[9] Al die leerlinge was verbaas oor die antwoord en Petrus sê stilletjies: "Nee, dit is kras! Soveel wysheid het ek maar selde by `n Judese vrou teengekom, en die vrou is nog `n Griek van geboorte, hoewel sy in Kana in Galiléa gebore is! Ek ken haar en het al heelwat vis aan haar verkoop, maar dit was natuurlik al vyftien of sestien jaar gelede."
[10] Maar Ek kyk die vrou aan en sê aan haar: "O vrou, jou geloof is groot; dit geskied vir jou soos wat jy dit wil!"
[11] Toe staan die vrou op, bedank My en snel weg na haar huis en vind haar dogter gesond (Matthéüs. 15:28) - Die mense, wat tuis by die meisie was, vertel aan die moeder hoe hulle gesien het dat die duiwel onder geweldige geraas en vloeke `n halfuur vroeër verdwyn het. Toe verstaan die vrou dat dit op dieselfde oomblik gebeur het waarop Ek op die grens van die gebied van Tirus aan haar gesê het: "O vrou, jou geloof is groot; dit geskied vir jou soos wat jy dit wil!"
[12] Die aand was egter op hande en die leerlinge vra My of Ek wel wou deurgaan na Tirus toe, of dat hulle hier aan die grens van die gebied moes uitkyk vir `n herberg, omdat dit vandaar af nog drie uur se stap was na die stad Tirus.
[13] Ek sê toe aan die leerlinge: "Weet julle wat? Laat ons hiervandaan, in plaas van na die weste waar Tirus lê, eerder na die suidooste gaan! Daar sal ons weer aan die Galilese see kom. Vlak langs die oewer lê `n mooi berg, waarvan ons die boomlose top hiervandaan maklik binne twee uur kan bereik, daar sal ons oornag."
[14] Na My woorde gaan ons vandaar verder, kom na `n uur aan die Galilese see en tewens aan die voet van die berg, waarvan ons die top op ons gemak ook binne `n uur bereik.
[15] Bo aangekom, gaan ons op die sagte alpegras sit en rus daar uit, sonder om dadelik te slaap. (Matthéüs. 15:29)
|
|
|
|
|