Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die gesprek tussen Jaïrus en sy vrou oor Sarah

13 Jaïrus ruim nou die graf op en hy sluit die deur waardeur mens in die grafkamer en so by die graf self kan inkom, agter ons goed toe, en gaan saam met ons. Maar ongeveer sewentig treë verby die skool- en gebedshuis, staan die klein woning van die opsiener en bewaker, waar Jaïrus voorheen die kers gaan haal het.

[2] Omdat dit slegs die wasige maan was wat hierdie aand lig gegee het, sien die bewaker maar al te gou die dogtertjie van Jaïrus wat in ‘n lang wit gewaad opgewek langs My loop. Heeltemal ontsteld vra hy aan Jaïrus: "Wat is dit nou?! Wat sien ek?! Is dit nie Sarah, u oorlede dogtertjie nie?! - Was sy hierdie keer dan ook skyndood?"

[3] Jaïrus sê: "Laat sy wees wat sy is! Jy het hier niks te vra nie, behalwe om oor alles wat jy hier sien totaal te swyg of jy word ontslaan! Prent dit goed in jou geheue, bedink en verstaan dat by God alle dinge moontlik is! Maar daarby hoort `n volledige geloof en `n lewende vertroue! - Het jy dit verstaan?"

[4] Die wagter sê: "Ja, hoogeerwaarde meester!"

[5] Daarop sê Jaïrus: "Kom in die toekoms nie meer by my met sulke eerbetonende uitdrukkings nie en spreek my net aan as broer! Maar gaan, omdat jy geen lyk meer hoef te bewaak nie, nou gou na Kapernaum en vertel niemand, ook nie vir my vrou nie, wat jy nou hier gesien het nie! Maar sê vir haar dat sy, indien moontlik, dadelik saam met jou na Násaret toe moet gaan na die huis van Josef; want ek het baie belangrike sake om met haar te bespreek! Neem `n paar goeie muildiere sodat julle gouer by die huis van die timmerman in Násaret kan uitkom!"

[6] Die wagter, wat self `n vinnige esel gehad het, saal die dier so vinnig as moontlik op, haas homself daarmee na Kapernaum en dra daar aan die vrou van Jaïrus die boodskap oor. Die bedroefde vrou staan vinnig op en volg die bode. Die esels loop vinnig en binne `n uur is beide in Násaret in die huis van Maria, My liggaamlike moeder, wat nou weer opgeruimd en bly is omdat sy die ou huisie van Josef teruggekry het. Toe die vrou van Jaïrus die kamer binnekom, waar ons juis besig was met `n goeie aandete, wat hierdie keer deur vriend Borus versorg was, kyk sy dadelik na haar Sarah, wat langs My baie vrolik, mooi en blakend gesond, met `n groot eetlus aan `n heerlike vis sonder grate, voorberei met sout, olie en asyn, sit en peusel.

[7] Die vrou vertrou nouliks haar eie oë en sê na `n oomblik, terwyl sy Jaïrus op die skouer tik: "Jaïrus, eggenoot, hier staan jou bedroefde vrou, vir wie jy `n bode gestuur het met die mededeling dat jy belangrike sake met haar wil bespreek! Maar ek sien reeds die belangrikste van alles! Sê my, my man! Droom ek nou, of is dit die werklikheid? Is die meisie, wat by Jesus sit en daar so goed uitsien, nie die lewende ewebeeld van ons gestorwe, allerliefste Sarah nie! - O JaHWeH, waarom het u my Sarah tog afgeneem!?"

[8] Jaïrus sê, self heeltemal ontroerd, aan sy vrou: "Wees getroos, geliefde vrou! Die meisie is nie slegs die ewebeeld van ons allerliefste Sarah nie, maar dit is in alle erns sy! Die Heer Jesus, vol van die goddelike Gees, het haar nou vir die tweede maal opgewek, soos wat Hy haar slegs `n paar weke gelede ook uit die dood opgewek het. Dat sy nou so blakend gesond daar uitsien, kom deur Sy onbegryplike, goddelike Krag. Steur haar egter nie met ete nie, want sy het baie lank gevas!"

[9] Die vrou sê, terwyl sy haarself nouliks van verwondering en vreugde kan inhou: "Sê my, wyse meester in Israel, wat jy nou van hierdie Jesus dink! Dit lyk my steeds meer waarskynlik dat Hy dan tog, ondanks Sy nederige afkoms, die beloofde Messias kan wees!? Want sulke dinge het `n profeet nog nooit gedoen nie, laat staan enige ander mens!"

[10] Jaïrus sê: "Ja, ja, so is dit! Maar die grootste swygsaamheid is gebiedend omdat Hy dit self so wil hê; want as dit te bekend sou word, sou ons dadelik die hele Jerusalem en Rome op ons nekke hê, en as Hy Sy goddelike mag nie daarteenoor sou stel nie, sou dit vir ons almal sleg daar uitgesien het! Wees daarom, vrou, so swygsaam soos `n vestingmuur! Sarah sal, om nie die goddelike Heer met haar verskyning te verraai en om `n blywende gesondheid te verkry, minstens `n volle jaar onder toesig en leiding van Homself of anders van Sy liewe, buitengewoon wyse moeder Maria bly, en ons sal haar slegs om die beurt so nou en dan besoek. Eintlik het ons albei ook nie so `n buitengewone reg meer op haar nie; want ons het haar deur ons blinde genot `n ellendige, sieklike lewe gegee en weet tydens ons gemeenskap nie wat daaruit sou voortkom nie. Ons het hierdie hemelse Sarah, wat van God `n baie gesonde siel gekry het, ontvang, maar sy het van ons `n swak en siek liggaam saamgekry! Tweemaal het die dood haar by ons weggeneem en sy sou vir ons op hierdie aarde vir ewig verlore wees! Maar Hy gee vir haar `n tweede keer `n nuwe, gesonde lewe! - Daarom is die vraag wie nou eerder haar vader en moeder is, - Hy, of ons twee, arme sondaars!"

[11] Sarah se moeder sê: "Ja, jy is wys, ken die wet en al die profete; daarom het jy altyd in alles gelyk. Dit is vir my alreeds `n hemelse saligheid dat sy weer leef en dat ons so gelukkig is om haar so nou en dan te kan sien en met haar te praat."

[12] Jaïrus sê: "Laat ons nou stilbly, want die maaltyd is klaar, en miskien wil Hy iets sê!"

[13] Maar Ek roep Festus en sê vir hom: "Vriend en broer, Ek vind dit baie jammer dat jy vandag nie by My kan oornag nie; maar tuis wag belangrike sake op jou en daarom moet Ek jou vir `n paar dae laat gaan. Kom egter daarna weer hierheen! As daar êrens oor My gepraat word, dan weet jy wat jy moet sê!"

[14] Festus sê: "Heer, U ken my beter as wat ek myself ken! Daarom kan U U wel op my verlaat, want `n gebore Romein is geen swakke rietstingel, waarmee die wind `n gemaklik spel kan hê nie! As ek ja sê, dan sal ook die dood daar geen nee van maak nie! Maar nou gaan ek; my muildier staan nog opgesaal, en binne `n uurtjie sal ek al by die plek van bestemming wees. Die werk wat op my wag sal in U Naam, o my groot vriend Jesus, wel goed afloop. Ek stel my vertroue geheel en al in U Liefde, Wysheid en goddelike Mag." Met hierdie woorde neem Festus afskeid, terwyl hy vinnig by die deur uitgaan.

[15] Daarna kom Sarah se moeder na My toe en bedank My, terwyl sy met `n berouvolle hart bely hoe onwaardig sy hierdie ongehoorde barmhartigheid is.

[16] Ek troos haar egter en sê aan Sarah: "My dogtertjie, hier is jou moeder!"

[17] Nou eers staan Sarah gou op en groet haar moeder baie vriendelik, maar sê dadelik daarby dat sy nou by My sal bly; want sy hou te veel van My om My te wil verlaat! Die moeder sowel as owerste Jaïrus prys die liewe dogtertjie daarvoor, maar vra haar egter tog ook dadelik dat sy hulle nie heeltemal sal vergeet nie! En Sarah gee beide die opregte versekering dat sy hulle nou meer liefhet as ooit tevore. Daarmee was beide dan ook uitermate tevrede, hulle word kalm en liefkoos hul dogter.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205