Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Engele se woorde in die hart

39 Toe Cyrenius hierdie verklaring van beide engele hoor, oortuig dit hom en hy raai nie meer of Ek wel `n hoër wese is nie, maar hy sê nou vir homself: "Ja, HY IS !" Daarop kom hy heel eerbiedig na My toe en sê: "Heer, nou is alles vir my duidelik! U IS HY!

[2] My hart het dit reeds lankal vir my gesê, maar dan sê ek maar steeds weer; U menslike gedaante en bewegings laat telkens my geloof wankel. Maar nou het al my verborge twyfel uit my gemoed verdwyn en nou kan gebeur wat wil, my geloof sal so vas soos `n rots staan. O, hoe ontelbaar geseënd is ek dat my liggaamlike oog nou My Skepper kan sien, Hy, wat my in die lewe hou en ewig in die lewe sal hou!"

[3] Ek sê: "Liewe vriend, wat jy nou het, sal jy vir ewig behou! Maar hou dit voorlopig vir jouself en vir `n paar van jou intiemste vriende, want as jy daaroor openlik sou praat, dan sou jy My saak, en daardeur die mense, meer skaad as help! Dink daaraan dat jy jou nie vererg as jy hier of daar die menslike aan My ontdek nie, want EK IS voor engele of mense was, en was voor alle ewigheid reeds die eerste mens, en daarom het Ek regtig wel die reg om te midde van My geskape mense ook Mens te bly!"

[4] Cyrenius sê: "Doen wat U wil, U bly tog ewig onveranderlik. Dié Een wat U nou sonder enige twyfel vir my is! Maar hierdie twee engele sou ek graag tot aan my aardse lewenseinde by my wil hou! Hulle is so besonder mooi, vriendelik en wys!"

[5] Ek sê: "Dit is nie moontlik nie, want jy sou hul sigbare, persoonlike aanwesigheid nie kon verdra nie, en dit sou geen nut vir jou siel hê nie. Maar onsigbaar vir jou aardse sintuie sal hulle voortaan jou beskermers bly, soos wat hulle dit vanaf jou geboorte reeds was. Jy kan nou egter, omdat hulle gedurende hierdie dag hier sigbaar aanwesig moet wees, nog `n geruime tyd in hul geselskap bly.

[6] Maar ook as jy hulle nie sien nie, kan jy met hulle praat, en alles vir hulle vra, en dan sal hulle hul antwoord in jou hart kenbaar maak, wat jy altyd in jou hart sal hoor as `n duidelik uitgesproke gedagte. En dit is beter as die uiterlike gesproke woord! Ek sê vir jou: Een woord wat `n engel in jou eie hart gegee het, is vir jou siel heilsamer as `n duisend woorde wat die oor van buite af gehoor het! Want wat jy in die hart hoor, is al van jou; wat jy egter van buite af hoor, moet jy eerstens nog jou eie maak deur die waarmaak van die gehoorde woorde.

[7] Want as jy die Woord in jou hart het, terwyl jy uitwendig tog nog so nou en dan sondig, doen jou hart nie daaraan mee nie, en dwing jou weldra tot die besef van die sonde en die berou daaroor, en daardeur is jy geen sondaar meer nie. As jy egter die woord nie in die hart het nie, maar slegs in die hoof het waar dit deur die oor ingebring is, en jy sondig dan, dan sondig die leë hart saam en dwing jou nie tot die besef van die sonde, of die berou daaroor nie, en die sonde bly in jou, en jy maak jou skuldig voor God en die mense!

[8] Daarom vriend, is dit beter vir jou om jou geestelike beskermers nie te sien solank jy in jou liggaam moet bly nie. As jy egter eendag die liggaam sal verlaat, dan sal jy hulle sonder meer ewig as gees kan sien en aanraak - nie slegs hierdie twee nie, maar ontelbaar baie."

[9] Cyrenius sê: "Ek is alweer selfvoldaan, maar ek wil vandag geheel en al op `n hoë geestelike toestand met hulle verkeer!"

[10] Ek sê: "Maar hoe moet dit dan? Jy het tog in My Naam gesweer om die hardvogtige en roofsugtige fariseërs `n skerpe berisping te gee; dan sal jy vanmiddag tog nie in die geselskap van albei die engele kan wees nie!?"

[11] Cyrenius sê: "Ja waaragtig, dit het ek byna heeltemal vergeet! Eer, eer, dit kom my nou wel heel ongeleë te pas! Wat moet ek daaraan doen?"

[12] Ek sê: "Wat sou jy daarvan sê as Ek jou van jou eed ontslaan, as jy heeltemal daarvan sou afsien om die fariseërs hulle verdiende berisping te gee, omdat hulle jou dreigement van gister tog al goed verwerk het?"

[13] Cyrenius sê: "Heer, as U dit wil, dan ontslaan ek hulle heel graag van die voorgenome berisping, en laat alles aan U en die ou Roban oor, wat hulle oor `n paar dae wel op die regte pad sal bring."

[14] Ek sê: "O, daarop het Ek allermins iets teë! Want daarom het Ek jou plan met die fariseërs al na die middag verskuif, omdat Ek maar al te goed geweet het dat jy baie gou iets anders sou beplan. Maar omdat dit vandag sulke mooi weer is, gaan ons nou na die see om vis te vang vir vanmiddag en vanaand. Laat diegene wat wil saamgaan, opstaan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205