Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die geheim van die selfontwikkeling van die mens

75 Ek sê vir Judas Iskariot: "Broer Thomas kla met reg oor jou! Ek sê vir jou: Neem die waarskuwing ernstig ter harte en word `n mens! As duiwel vind Ek jou walglik en dan kan jy maar gaan! Want My geselskap is `n heilige geselskap omdat die Gees van God daardeur waai, en in so `n geselskap kan en mag geen duiwel bestaan nie!"

[2] Hierdie woorde maak dat Judas dadelik voor Thomas op sy knieë val en hom om vergifnis vra.

[3] Maar Thomas sê: "Vriend, moet jou nie by my verontskuldig nie, maar by Hom teen wie se heilige leer jy ten opsigte van my sleg opgetree het!"

[4] Dan staan Judas op en kom gou na My toe, val voor My op sy knieë neer en begin My om vergifnis te vra.

[5] Ek sê egter aan hom: "Vermaan jouself in jou hart, want die versoek van jou mond het sonder die innerlike, waaragtige verbetering nie die minste waarde vir My nie, want ek deursien jou hart en bemerk dat dit heeltemal sleg is. Slegs uiterlik is dit vriendelik, maar dit lyk soos `n slang wat deur haar sierlik kronkelende bewegings die voëls van die hemele betoor, sodat hulle dan as prooi in haar bek invlieg. Ek sê vir jou: Neem jouself in ag dat jy nie binnekort tot buit van die satan word nie! Want hy laat hulle wat hy eers eenmaal syne genoem het, nie graag los nie."

[6] Na hierdie woorde staan Judas weer op en sê vir My: "Heer! Die dooies roep U uit die grafte, en hulle lewe, waarom laat U dan my hart in die graf van die verderf ten gronde gaan? Ek wil `n beter mens word en tog kan ek dit nie regkry nie omdat ek my hart nie kan verander nie. Omvorm U daarom my hart, dan word ek `n ander mens!"

[7] Ek sê: "Daarin lê nou juis die groot geheim van die selfontwikkeling van die mens! Ek kan alles vir die mens doen en hy bly daarby `n mens; maar sy hart is sy eie, dit moet hy geheel en al vir homself bewerk as hy vir homself toegang wil kry tot die ewige lewe. Want as Ek eers self die hart van die mens moes regskaaf, dan sou die mens `n masjien gewees het en nooit vry en selfstandig kon word nie; maar as die mens geleer word wat hy moet doen om sy hart vir God te vorm, dan moet hy dit ook ongedwonge ten uitvoer bring en sy hart vorm volgens die leer!

[8] As sy hart so omvorm, gereinig en gesuiwer is, kom Ek geestelik daarin en gaan daar woon, en die hele mens is dan geestelik opnuut gebore en kan daarna vir ewig nie meer verlore gaan nie. Want daardeur het hy één met My geword, soos wat Ek één is met die Vader, van wie Ek uitgegaan en in hierdie wêreld gekom het om alle mensekinders (kinders van die adam) die weg te wys en te baan wat hulle geestelik moet gaan om by God in die volheid van die waarheid te kom!

[9] Daarom moet jy, net soos elkeen van julle, eerste begin met die bewerking van julle harte, anders is julle verlore - ook al sou ek julle duisendmaal uit die graf na die vleeslike lewe teruggeroep het!"

[10] Judas Iskariot sê: "Heer, dan is ek verlore! Want ek het `n ontembare hart en kan myself nie help nie!"

[11] Ek sê: "Luister dan na die broers en wees nie kwaad vir hulle as hulle jou vriendelik met liefde vermaan nie, want hulle help jou om jou hart te bewerk!

[12] Kyk na Thomas, wat hom deur al jou grofheid nie laat afskrik het om jou te vermaan toe jy jou bose hart te veel vrye teuels begin gee het nie. Luister daarom na sy vermanings wat deur sy besorgdheid vir jou ingegee is, dan sal jou hart stuk vir stuk beter word! As jy egter voortgaan soos wat dit tot op hede die geval was, deurdat jy jou deur niemand iets laat voorsê nie, dan sal jy binnekort ten gronde gaan en, soos wat gesê is, ten prooi val van die satan, want dan sal nie Ek nie, maar die satan in jou hart gaan woon.

[13] Neem jou vóór alles die toorn en die hebsug in ag, want anders sal jy `n kind van die ewige dood word! Want die berou en die boetedoening aan die ander kant van die graf het weinig waarde en kan `n onreine, swart siel weinig help. Gaan nou, en dink goed oor hierdie woorde van My na!"

[14] Judas stap nou nadenkend agteruit, neem tog so half-en-half `n besluit om hom ooreenkomstig My woorde te verbeter, en sê vir Thomas: "Nou, broer, jy sal nou sien hoe Iskariot `n heel ander mens gaan word en uiteindelik nog `n voorbeeld vir julle almal gaan stel! Want Iskariot kan baie as hy wil; nou wil hy dit regtig en sal daarom ook tot baie in staat wees!"

[15] Thomas sê: "Broer, as jy jouself vooraf al prys, dan sal die daad waarskynlik geen aandag kry nie, en jy sal daardeur wel `n voorbeeld kan word, maar nie om na te volg nie, maar om af te skrik - en dan sal dit in hierdie wêreld nie met jou beter gaan nie!

[16] Want kyk, as jy beter wil wees as ons almal, wat ons groot swakhede ook sónder jou voorbeeld ken, en maar al te goed insien hoe ellendig en onwaardig ons voor die Heer is, dan moet jy jouself altyd voor die Heer minder ag as jou broers, en selfs nooit daaraan dink om vir ons `n navolgenswaardige voorbeeld te word nie, maar jouself steeds sien as die laaste en die geringste. Dan sal jy, sonder dat jy dit wil, daadwerklik die een vir ons wees wat jy jou nou nog baie hoogmoedig voorgeneem het om te wees. - Leef dus volgens hierdie reël, wat nie van my afkomstig is nie, maar van die Heer wat dit vir jou vasgestel het, en dit berus op die ware nederigheid en selfverloëning, dan sal jy volgens die goddelike ordening dit bereik wat jy wil bereik! - Gaan egter na die Heer en vra Hom of ek jou verkeerd en onwaar ingelig het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205