Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die geskiedenis van die ontdekte skatte

5 Festus klap sy hande van verbasing en roep Pilah dadelik na hom toe, terwyl hy aan hom sê: "Het jy hieroor niks vertel, omdat jy niks daarvan geweet het nie? - Spreek,- anders sal dit met jou sleg gaan!"

[2] Pilhah sê: "Heer! Ek weet niks daarvan nie en in hierdie grot het ek nog nooit sover deurgedring soos nou nie! Die oudstes sal wel daarvan kennis gedra het; maar hulle het niks daaroor gesê nie, sodat hulle hulleself in uiterste noodsaak uit die gevangenis sou kon vrykoop. Neem egter alles; dit behoort goddank van nou af aan u!"

[3] Festus vra ook aan My of Pilah die waarheid gespreek het en Ek bevestig wat Pilah gesê het en sê teenoor Festus: "Vriend, iemand wat `n dogter uit `n vername huis tot vrou neem, kan tereg `n bruidskat verwag. Jy het nou baie te doen gehad, en by die verdeling van die ander goedere het jy daarvoor geen aandeel gekry nie,-neem daarom al hierdie skatte as jou regmatige eiendom; dit is volgens aardse skatting duisendmaal duisend pond werd.

[4] Die groot pêrels het die meeste waarde, wat so groot is soos hoendereiers. `n Hele metaalkis, met `n inhoud van ongeveer duisend dragmas is vol van hierdie groot pêrels, wat elkeen `n onskatbare waarde het. Sulke pêrels groei tans nie meer op aarde nie, omdat hierdie skaaldiere net soos baie ander diere uit die oerwêreld, nie meer bestaan nie. Die pêrels is egter nie uit die see uitgehaal nie, maar koning Ninias, ook Ninus (Nimrod) genoem, het hulle op die bodem gevind tydens die uitgrawing van die grond toe hy die stad Ninivé laat bou het. Na baie wedervaringe het hulle gedeeltelik reeds in die tyd van Dawid hier aangekom, maar die grootste deel het eers ten tye van Salomo na Jerusalem gekom. Maar hulle is in hierdie grot gesit toe die Romeine as veroweraars Palestina en byna die helfte van Asië in besit geneem het.

[5] Die hoëpriesters, wat die grot al lankal ken, het, toe hulle berig kry van die inval van die Romeine, dadelik al die grootste en vervoerbare skatte van die tempel versamel en behoue in die grot ingebring. Die goue leeus wat die troon van Salomo gedra het en ten dele die trappe bewaar het, wat ten tye van die verwoesing van Jerusalem deur die Babiloniërs in die puin toegegooi is, maar by die latere wederoprigting teruggevind is, is deur die priesters ten bate van die tempel in ontvangs geneem. Dit is ook grotendeels hier; want die mense het al die waardevolste wat `n mens in sy haas kon gryp, hierheen gebring tydens die inval van die Romeine, net soos wat daar met die inval van die destydse magtige Babiloniërs ook `n belangrike hoeveelheid tempelskatte na die bekende grot by Gerasim gebring was. Tog vind die Babiloniërs daarna nog genoeg in die tempel om mee saam te neem na Babilon, naamlik die tempeldiens se heilige houers en skatte. Gee jy nou die mense opdrag om alles uit die grot te haal; later moet ArkiEl die ingang van hierdie grot so versper dat geen mens daarna meer toegang mag kry nie."

[6] Festus beveel nou dadelik die dienaars om al hierdie skatte na buite te bring. Maar toe hy daarmee begin, is hulle nie sterk genoeg om die talle swaar metaalkiste op te tel nie, en hy vra My of Ek hulle nie die nodige krag daarvoor wil gee nie!

[7] Toe roep Ek ArkiEl en sê: "Bring jy al die vuil kiste dadelik weg na die groot opslagplek in Kis!" - Oombliklik verdwyn die talle swaar kiste, en ArkiEl was ook op dieselfde oomblik weer aanwesig, sodat niemand kon vasstel op watter oomblik ArkiEl daar was nie.

[8] Daarop sê Festus: "Dit is tog ongelooflik! My dienaars sou sekerlik drie dae daarvoor nodig gehad het - terwyl dit in `n onmerkbare oomblik gebeur het, en van die talle kiste is daar ook nie één meer te sien nie! Ek vra dan ook heeltemal nie meer hoe so iets moontlik kan wees nie, want jy het `n goddelike sintuig nodig om sulke verskynsels te verstaan en na waarde te skat!

[9] Ek sê: "Ja, ja, jy het gelyk! Dit sou vir die mens ook nie goed wees as hy alles so gou verstaan het wat aan hom as `n verskynsel voorgedoen word nie. Want daar staan geskryf: 'As jy van die boom van kennis sou eet, sal jy ook sterwe!' Daarom is dit beter om elke wonder te neem vir wat dit skyn te wees en daarby lewendig te bedink dat niks by God onmoontlik is nie, as om die ontstaan daarvan te probeer verklaar, waarby `n mens na die verklaring daarvan net so weinig daarvan sal verstaan as daarvoor.

[10] Dit is voldoende dat jy sien dat die aarde daar is om die mense te dra en te voed! Sou jy weet hoe sy gemaak was, dan sou sy haar bekoring vir jou verloor en die wens sou in jou opkom om `n willekeurige ander aarde te ontleed. En as jy daarby dieselfde ontstaans- en bestaansrede sou ontdek en dieselfde ook by `n derde, vierde en vyfde, sou jy heeltemal geen sin meer hê om nog `n sesde en `n sewende te ondersoek nie. So sou jy dan traag, lusteloos, die lewe veragtend en vererg wees, die lewe verwens en die uur vervloek waarop jy jouself die kennis ingewin het, - en so `n toestand sou dan die suiwere dood wees vir jou siel!

[11] Omdat alles egter volgens die goddelike orde so ingerig is dat sowel die mens asook elke engelgees slegs geleidelik alles kan aanneem, en dan selfs ook nog maar tot op `n bepaalde graad deur die goddelike natuur in homself en in alle geskape dinge kan ontdek, behou hy die steeds groeiende lewenslus en die liefde tot God en tot die naaste, wat hom die enigste moontlikheid gee om salig te word en te kon geword het. - Verstaan jy hierdie waarheid?"

[12] Festus sê: "Ja, Heer en Vriend, ek verstaan dit duidelik! En daarom wil ek U nie meer vra oor die rede van die ontstaan van die skepping in hierdie grot nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205