|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 149
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Verdere geestelike simboliek
149 "Maar let nou weer op! Die son verskyn nou net met haar skyf, of liewer met haar mees westelike sone, bo die horison; wat merk julle nou op?"
[2] Die Esseners sê: "Eintlik niks anders as die stralende vlak wat redelik vinnig vanuit die ligte ondergrond omhoog kom; die spel van die ligvisse het nou plotseling opgehou, en die wolkies word dunner en verdwyn ook die een na die ander. En nou staan die hele skyf of bol ook al bo die horison, en daar kom nou ook `n taamlik koel windjie uit die ooste na ons toe. Maar dit is dan ook alles wat ons opmerk."
[3] Ek sê: "Kyk ook nou na benede na die vlaktes en dale van die aarde en sê gou wat julle daar sien!"
[4] Beide Esseners kyk na die dieptes van die aarde en sê dan: "Ons sien die dale vol liggrys mis, ook die oppervlakte van die see is bedek met `n gryswit mis, maar die newel uit die dale trek omhoog en bedek hier en daar al die lae heuwels. - Het dit alles miskien ook die een of ander geestelike betekenis?"
[5] Ek sê: "Baie verseker, ja! Verniet en sonder geestelike impuls gebeur daar niks op aarde nie! Maar ons sal nou sien watter betekenis dit het!
[6] Die son stem ooreen met die hele wese van God; die aarde met haar dale, vlaktes, heuwels, berge, riviere, strome, mere en seevlaktes egter met die uiterlike mens.
[7] Die mis, wat haar tussen die son en die aarde stel, beeld die veelsoortige onnodige en nietige sorge van die mense uit, waar die lig van die son slegs hier en daar spaarsaam daardeur kan breek, en die mis styg op en bedek selfs die berge. Die heuwels en die berge is die beeld van die beter insig van die mense op hierdie aarde. Die beter insig word eweneens vertroebel deur die bekrompe en nietige sorge van die halfblinde mense.
[8] Maar daarom kom daar nou oggendbriesies en dit dryf die mis van die berge en die velde af, sodat hulle verdwyn en die berge en die velde vry deur die son verlig en verwarm kan word, sodat hulle lewensvrugte ryp kan word. - Ek dink dat julle hierdie ooreenstemming baie goed kan verstaan!?"
[9] Beide Esseners sê: "Ja Heer, dit is so duidelik soos die son daar! O, hoe heerlik is hierdie groot heilige leer! O, hoe baie dinge weet die mens nog nie, wat hulle tog net so goed moet weet soos die feit dat hulle lewe! Heer, ons neem dit op ons om dié leer oor die egte sabbatsrus in U, aan die mense voor te stel. Hierdie leer oortref alles wat voorheen deur U gespreek en die deur U geleer is, want ons sien in al die voorafgaande lesse slegs `n voorbereiding tot die makliker volg van hierdie heilige leer! Waarlik, daarvoor moes al die hemele geopen word om aan die mens hierdie mees heilige leer der lere terug te gee! - Maar nou kom daar `n heel ander vraag, en nou aan ons!
[10] Hoe moet ons U, o Heer, nou op waardige wyse dank vir hierdie suiwer hemelse leer? Ons voel in die diepste diepte van ons harte dat ons haar eintlik gladnie werd is nie. Slegs U Barmhartigheid en U Liefde kon dit vir ons gegee het! O Heer, sê tog vir ons hoe ons U daarvoor moet loof en prys!"
[11] Ek sê, terwyl Ek My hande op die skouers van die Esseners lê: "Liewe vriende, pas My leer toe en julle sal My daardeur net so `n vreugde verskaf soos wat Ek nou vir julle verskaf het! En julle loon sal nie gering wees as julle ook die ander mense daartoe sal oorhaal nie."
|
|
|
|
|