Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Wat is die liggaam, wat is die siel

210 "Die liggaam is materie en is saamgestel uit die ergste selfstandige deel van die oersiel, wat deur die Mag en die Wysheid van die goddelike, ewige Gees in hierdie organiese vorm gehou word. Die vryer siel, wat so `n liggaamlike vorm bewoon, word daardeur geheel en al van al die nodige voorsien.

[2] Die in `n liggaam wonende siel is natuurlik in die begin nie baie reiner as die liggaam nie, omdat ook sy afstam van die onreine oersiel van die gevalle satan. Die liggaam is vir die nog onsuiwere siel eintlik niks anders as `n heel wyse en heel goeie en doelmatig ingerigte suiweringsmasjien nie.

[3] Maar in die siel woon al die suiwere vonk van die Gees van God, waaruit die ware selfkennis en die goddelike orde hom kenbaar maak deur die stem van die gewete.

[4] Tewens is die liggaam na buite toe van allerlei sintuie voorsien en kan hoor, sien, voel, ruik en proe. Daarmee kry die siel allerlei inligting oor die buitewêreld, goeie en korrekte, slegte en verkeerde.

[5] Deur die oordeel van die gees wat in haar woon voel sy weldra wat goed en wat sleg is. Daarnaas doen sy deur die uitwendige sintuie ervaring op, deur goeie en slegte, aangename en pynlike, en ander indrukke. Bowendien toon God die siel, innerlik deur buitengewone openbaringe en uiterlike deur die woord, die weg van Sy orde.

[6] So toegerus, kan die siel dan ongetwyfeld geheel en al volgens die maklik te ontdekte goddelike orde, in staat wees om vrylik te kies. `n Ander moontlikheid is daar nie, omdat die siel dan onmoontlik tot `n ewigdurende, op sigself geslote, maar vrye bestaan sou kon kom nie.

[7] Want elke siel wat wil voortbestaan, moet haar deur die middele wat aan haar gegee is sélf vir daardie voortbestaan vorm en ontplooi, omdat sy anders uiteindelik die lot van die liggaam sal deel. Of - slegs driekwart gevorm, moet sy die liggaam verlaat wanneer dit vergaan het, en nie meer deug vir die verdere volledige ontwikkeling van die siel nie. Dan sal sy haar voltooiing op `n meestal baie treurige en pynlike wyse in `n baie ongemakliker masjien moet bereik.

[8] Die liggaam is, omdat dit bestaan uit dele wat nog algeheel in die diepe oordeel staan en daarom kan doodgaan, vir elke mens en by hom die hel in sy kleinste vorm. Die materie van alle wêrelde saam is egter die hel in die mees uitgebreide vorm, waarin die mens deur sy liggaam gestel is.

[9] Wie nou baie vir sy liggaam sorg, sorg duidelik ook vir sy persoonlike hel. Hy voed, onderhou en maak dit vet vir sy oordeel en sy dood, vir sy persoonlike ondergang.

[10] Die liggaam moet weliswaar `n sekere voeding kry, om steeds in staat te wees om die siel vir die groot lewensdoel die korrekte dienste te verleen, maar wie te angsvallig vir sy liggaam sorg en byna dag en nag mor en werk en besig is, sorg in wese vir sy hel en sy dood.

[11] As die liggaam die siel prikkel om alles te doen vir sy sinnelike (wellustige) bevrediging, is dit altyd afkomstig van die talle onsuiwere natuur- of onder die oordeel vallende materiegeeste, wat in die aard van die saak die wese van die liggaam vorm. As die siel te veel luister na die eise van die liggaam en daaraan gehoor gee, stel sy haar daarmee in verbinding en daal so af in haar persoonlike hel in en dus in haar persoonlike dood. En as die siel dit doen, sondig sy teen God se orde in haar.

[12] Heg die siel egter daaraan vas en skep sy behae daarin om daar te bly, dan is sy net so onrein soos die onreine- en onder die oordeel vallende geeste van haar liggaam. Sy bevind haar dus in die hel en in die dood. Ook al leef sy, net soos haar liggaam, verder op die wêreld, is sy tog so goed as dood en voel die dood ook in haar en is baie bang daarvoor. Want die siel kan in haar sonde en hel doen wat sy wil, die léwe kan sy tog nie vind nie, alhoewel sy dit bo alles liefhet.

[13] Kyk, dit is die rede waarom daar nou talle duisendmaal duisende mense oor `n lewe van die siel na die dood van hul liggaam net so veel weet as `n klip wat langs die pad lê. Maar as `n mens hulle iets daaroor wil vertel, lag hulle hoogstens of word selfs kwaad, jaag die wyse by die deur uit en raai hom aan om sulke dwaashede, wat maar net leuens is, aan die wilde varke te vertel!

[14] Tog moet die mens, op sy laatste wanneer hy dertig is, so ver in homself met die vorming van sy ‘ek’ klaar wees, dat die komende vrye, salige lewe na die dood van sy liggaam vir hom so bewustelik en vasstaande word as om te vlieg in die hoë vrye lug vir `n adelaar!

[15] Maar hoe ver is mense nog daarvandaan verwyder wat pas daarna begin vra het! En hoe ver dan nog diegene wat niks daaroor wil hoor nie en daardie geloof selfs so dwaas vind om nog daaroor te kan lag! - Sulke mense bevind hulle in hul algehele aardse lewe in die volkome hel, en alreeds in die algehele dood.

[16] Maar tog word aan `n siel wat haarself alreeds algeheel gereinig het, tog nog dikwels geruime tyd gegun om haar ydele, op sigself onsuiwere liggaam en sy geeste ook te reinig. Die edelste deel van die liggaam neem dan uit die siel uiteindelik ook die onsterflikheid in hom op, en word op die jongste dag na die dood van die grofste deel van sy wese, ter meerdere versterking van die siel, saam opgewek.

[17] By sulke reeds rein siele gebeur dit dan ook dat hulle tog so nou en dan, as hul hel, dit wil sê hul liggaam, dikwels nog baie verlokkend werk, ‘n kort tydjie in so `n persoonlike hel ingaan, met ander woorde, toegee aan die begeerte van hul liggaam en sy geeste. Hierdie siel kan dan egter nie weer volledig onrein gemaak word nie, maar is slegs vir solank onrein as wat sy haarself in die poel van haar liggaamsgeeste ophou. Sy kan dit nooit lank daarin uithou nie, en keer daarom baie gou na haar rein toestand terug, waarin sy dan weer net so rein is asof sy nooit onrein was nie. Daarby het sy in haar hel vir `n tyd rus en orde herstel en kan sy haarself vervolgens weer ongestoord in die lig van haar gees beweeg en versterk.

[18] Wie van julle `n goeie begrip het, sal dit alles heeltemal verstaan; en jy vriend Cyrenius, sê My nou onomwonde of jy dit verstaan het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205