|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 138
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die selfverloëningskool in die hiernamaals
138 Jarah sê: "Ek dink dat ek dit verstaan het - maar desondanks is dit tog `n baie treurige saak vir my en alle ander mense, want nouliks één uit die duisend sal krag genoeg hê om uit homself so teenoor die wêreld te staan soos wat U dit wil hê!"
[2] Ek sê: "Daarom het Ek ook in die wêreld gekom, om deur My leer en deur My dade elkeen die wapen in die hand te gee waarmee hy moeiteloos die wêreld kan oorwin!"
[3] Jarah sê: "Dit mag so wees - maar daar is op aarde nog `n groot aantal mense wat miskien nog in geen duisend jaar iets van U Woord sal hoor nie! Waarmee sal hulle dan gedurende die lang tyd hulleself beskerm teen die geweld van die wêreld? Hulle is tog net sulke goeie mense as ons Judeërs!"
[4] Ek sê: "Met die volke van die aarde gaan dit netsoos met die kinders van één vader: die eerste een wat in die wêreld kom word deur die vader anders behandel as hy wat pas twee, drie, vier of vyf jaar gelede die lig van die wêreld aanskou het. Die oudste seun wat al `n kragtige man geword het, en `n dogter is hubaar, daarnaas is daar nog `n paar kinders van jou leeftyd, en drie het nog die doeke aan. Wat dink jy, sou dit verstandig van die vader wees as hy die kinders in die wieg net so sou behandel soos `n kragtige, uitgegroeide seun!?"
[5] Jarah sê: "Dit sou natuurlik baie dom van so `n vader wees!"
[6] Ek sê: "Wel, dit is ook die rede waarom ander volke eers later van My leer te hore kry! Hulle is nou nog nie ryp daarvoor nie, maar op die regte oomblik sal hulle ryp word en dan sal My leer hulle ook bereik. - Verstaan jy dit?"
[7] Jarah sê: "O ja, dit verstaan ek baie goed, maar wat staan dan die volke wat op hierdie aarde, tot op hede, nog nie ryp geword het nie, in die groot hiernamaals te wagte?"
[8] Ek sê: "Dit sal jy dadelik te siene kry! Kyk, daar in die noordelike deel van die hemel hang `n ster wat `n rooierige skynsel afgee, rig die oog van jou hart daarop, net soos by die vorige keer, en rig jou aardse oog ook daarop en dan sal jy op die ster die mooiste antwoord op jou vraag kry!"
[9] Jarah doen dit nou dadelik en sê al na etlike oomblikke: "O Heer, almagtige Skepper van hemele en van alle wêrelde, dit is `n nog baie groter wêreld as die vorige, en hoe word sy deur `n heerlike lig omgewe! Maar die lig het `n helderrooi kleur, ietwat na goudgeel toe, terwyl die lig van die eerste wêreld heeltemal suiwer wit was. Maar nou word die lig van hierdie wêreld ook ondraaglik fel! Ag, nou staan ek al op die bewoonde bodem van hierdie wêreld! O, dit is ook onbeskryflik heerlik! Wat `n afwisseling! Lieflike sagte golwende berge omring die pragtige, vrugbare dale. In die dale sien `n mens ook `n soort hut, wat alleen bestaan uit `n dak wat netjies ondersteun word deur robynagtige suile. Maar op die rûe van die berge staan daar ononderbroke onafsienbare rye van sulke hutte en hoe ontsettend ver my blik ookal reik, tog sien ek niks anders nie, en die hutte lyk op mekaar soos twee druppels water. Soos wat ek sien, rus die ovaal ronde dakke almal op robynsuile van ongeveer sewe man hoog, en ook die suile is almal eenders! Van mense en ander lewende wesens is tot nou toe nog niks te sien nie, maar hulle moet tog wel daar wees - want dit blyk al uit die buitengewone beskawing van hierdie ontsettende uitgestrekte lande!
[10] Maar dit is merkwaardig dat in hierdie tog so skitterende wêreld alles presies op mekaar lyk! Die een vrugteboom lyk sprekend op die ander, en elke blom is soortgelyk, alles staan in rye en jy kan beslis niks ongeorden vind nie.
[11] Die geheel sien daar wel wonderskoon uit en dit lewer `n vriendelike skouspel op, maar na `n tyd sou hierdie, ewig na mekaar lykende wêreld, vir mense van ons geslag tog ietwat vervelend word! Maar nou het ek voor so `n hut aangekom en kyk, binne is mense net soos ons! Één staan daar op `n hoë plek en preek, en `n paar honderd ander luister met die grootste aandag na hierdie prediker!
[12] Daar in die aangrensende hut sien ek verskeie, in ryklik geplooide mantels gehul, mense aan `n goedgevulde tafel sit en eet, maar om die etendes heen staan daar net soveel, wat gepla skyn te word deur die honger, en die kry niks te ete nie! Ag, daar in die derde hut sien ek nou `n paar wondermooie meisies! Hulle staan poedelnakend en maak baie plesier met baie onbeteuelde manne en loop heen en weer. Op die agtergrond staan `n aantal heel wellustige lykende jongmanne en gee aan die mooie meisies tekens om ook na hulle te kom en om ook met hulle plesier te maak. Maar die jongmanne kry geen gehoor nie en skyn hulle daaroor nou nie juis te verheug nie.
[13] Ag, die huise is tog sonderling ingerig! So gelykvormig soos wat die hutte ook is, so verskillend skyn die besighede van die mense daarin te wees, en dit is beslis tog ook merkwaardig!? Maar as dit daar op hierdie ontsettend groot wêreld orals so uitsien soos in die omgewing wat ek nou gesien het, dan is ek liewer vir ons kleine aarde - behalwe die slegte mense dan!"
[14] Ek sê: "Alles wat jy nou sien, is slegs `n klein skool- en opleidingshuis in selfverloëning en selfbeheersing. Wandel nou in gedagtes verder en dan sal jy dadelik iets anders sien!"
[15] Jarah doen dit en gee dan meteens so `n gil dat die vas slapendes byna wakker geword het as My Wil hulle nie weer in die slaap gedompel het nie.
[16] Na die skreeu vra Ek vir Jarah waarom sy so geskreeu het.
[17] Jarah sê: "O Heer, hierdie prag, hierdie majesteit oortref weer alles wat `n menslike gees maar ooit kan bevat! Daar staan `n paleis so groot en hoog soos die hoogste en grootste berg op aarde! Die mure is gebou uit een en alle pragtige edelstene. Duisend en nog eens duisend goue trappe en galerye versier van buite hierdie ontsagwekkende paleis, wat heeltemal boaan uitloop in `n egte spits. Rondom die paleis pronk die pragtigste tuine, waarin `n groot verskeidenheid die oog steeds bly boei. In die tuine is ook baie pragtige mere waarop waarskynlik vir die vermaak `n groot aantal kunswerke ronddrywe, wat egter deur niks gelei word nie en waarop nog minder gelet word.
[18] Heer, wat beteken dit nou alles? Wie is die bewoners van die kolossale paleis, en waarvoor dien die vry rond-drywende veelsoortige kunswerke op die pragtige meer?"
|
|
|
|
|