Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Hoofkenmerke van God se wese

32 Ek sê: "Vriend, jou oordeel is heel goed, maar één ding het jy tog vergeet, en dit is dat by God baie dinge moontlik is wat die mense as onmoontlik beskou. Kyk en tel My leerlinge! Daar is weinig onder hulle wat `n skoolopleiding het; maar Ek het hulle eers deur die woord opgewek, en by My opgeneem en eers daarna die genoemde mag van die goddelike woord laat ondervind. As `n wonder volg op die gegewe, suiwere woord is dit geen oordeel meer nie, maar slegs `n bekragtiging van die woord.

[2] Ek gee die bewyse egter nie deur die wonders wat Ek doen nie, maar deur die Lig van die Woord self en sê: ‘Wie heeltemal volgens My Woord sal lewe, hy sal die lewende oortuiging in homself laat groei dat My woorde geen leë woorde van mense is nie, maar woorde van God!’

[3] Voorwaar, wie hierdie uitgesproke bewys nie in sy hart ten dele sal laat val nie, die sal weinig of niks van alle ander bewyse hê nie! Want My woorde is Lig, Waarheid en Lewe.

[4] Daarom, wie My woord hoor, dit aanvaar en daarvolgens lewe, hy het Myself in hom opgeneem. Wie My egter opneem, die neem ook Hom op wat My in die wêreld gestuur het, maar wat tog ook Één met My is. Want wat Ek wil, dit wil Hy ook! En Hy is niks anders as Ek en Ek niks ander as Hy, tot en met die vel, wat ons beide omhul. As by iemand, netsoos by My, liefde en wysheid in één hart woon, dan is hy soos Ek en die Een wat My na hierdie wêreld toe gestuur het tot genesing en saligmaking van almal, en hy sal in die Seun van die Mens glo! - Verstaan julle dit?"

[5] Baie sê: "Ja, Heer!"; maar enigeen kan sê: "Heer, dit is eerstens `n baie moeilike leer, en ons verstaan nouliks die betekenis daarvan. Hoe kan U en U Woord één en dieselfde wees?"

[6] Ek sê: "As julle nie in staat is om dinge te verstaan wat so helder soos glas is nie, hoe sal julle dan nog belangriker dinge kan verstaan? As jy die aardse nie verstaan nie, hoe sal jy dan die hemelse in jou kan opneem? - Wat en wie is die Vader dan? Kyk en luister: Die Ewige Liefde in God is die Vader! - Wat en wie is die Seun dan? Die Lig wat uit die Vuur van die Liefde voortkom, is die Wysheid in God! Soos die Liefde en Wysheid egter één is, so is Vader en Seun ook één!

[7] Wie van julle het nie die liefde en dit wat daarby behoort, verstaan nie? Bestaan dit daarom egter uit twee wesens? Of moet hy snags in één kamer op alle plekke lig aansteek om iets te sien, as daar al `n lamp brand met `n heldere vlam, wat ook `n vuur is? Gee één helder vlam in dieselfde kamer dan nie genoeg lig vir die hele kamer nie? Kom die lig nie van die vlam, wat ook die vuur is nie? En omdat die lig van die vlam afkom, is dit daarom iets anders as die liggewende vlam self? - O, julle blindes! Sulke heeltemal natuurlike dinge kan julle nie eers as één geheel sien nie - hoe wil julle lateraan die hemelse verstaan?

[8] Daarom sê Ek aan die van julle wat hulself ook maar enigsins oor My woorde vererg, hy moet na sy huis gaan, en doen en glo wat vir hom goed en juis lyk! Want eendag sal elkeen volgens sy geloof lewe, en die dade wat hy volgens sy geloof uit liefde gedoen het, sal sy regter wees!

[9] Want Ek sal niemand oordeel nie, maar die regter van elke mens sal sy eie liefde wees - volgens die woord wat Ek nou tot julle gespreek het!"

[10] Na hierdie verklaring kom hulle wat My toespraak nie verstaan het nie na My toe en vra My of hulle mag bly; want die dag begin al by hulle te breek, en hulle sou baie moeite doen om My woord beter te verstaan as wat tot nou toe die geval was!

[11] En Ek sê: "Ek het julle tog nooit weggejaag nie, maar Ek het slegs almal wat hulleself vir my sou vererg, die raad gegee om ter wille van hulle verlossing maar liewer te gaan, eerder as om hulleself te bly vererg! Omdat Ek julle dus nie weggejaag het nie, waarom sou julle dan nie mag bly nie? Bly, as julle harte hulleself nie vererg nie!" - Na hierdie raad gaan hulle weer terug en is heeltemal gerusgestel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205