Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die ontstaan van die eerste mens

215 Ek sê: "Liewe vriend, Ek het jou hieroor eintlik al `n baie duidelike aanwysing gegee toe Ek jou laat sien het watter uitwerking nood op mense en volke het. Dit is natuurlik nie te ontken nie dat die skeppingsverhaal van Moses, woordeliks toegepas op die skepping van die natuurlike wêreld, deur die mens wat ook maar enigsins met die loop van die wêreldse natuurgebeure vertroud is, met die eerste oogopslag groot onsin genoem moet word. So `n siening sal dan ook die goeie Moses `n domkop van die hoogste rang moet maak. Daarom sal dit bekyk moet word.

[2] Maar wie die verdere verloop van die Mosaïese boeke bietjie beter bestudeer het as `n fabel van die Griekse digter Esopus, moet tog baie gou sien dat Moses hom met sy beeldspraak slegs maar met dít besighou wat betrekking het op die oerskepping van die eerste mense van die aarde, en dus glad nie met die skeppingsgeskiedenis van aarde en hemel en alle skepsels op die aarde en in die aarde nie. Hy gee daarenteen bykans enkel en alleen aandag aan die eerste ontwikkeling van die menslike hart en verstand; dit is die rede waarom hy ook dadelik die menslik-historiese daaraan verbind.

[3] Daardie geskiedenis kan egter slegs `n produk van die intelligente ontwikkeling van die mens wees, en nooit van die stom geskape natuur nie, wat tot op hede heeltemal onveranderd gebly het en dit ook tot aan die einde van die tye sal bly.

[4] Dit is ook die geval met die Indiese boeke, waarin eerste gepraat word oor die skep van suiwere geeste, dan oor die val van `n deel van hulle onder die opskrif 'JaHWeH se oorloë' en daarna oor die skepping van die sintuiglike wêreld en van die diere, en ten laaste oor dié van die mens*.

[*mense]

[5] Dit moet alles in `n geestelike sin opgeneem word en het vóór alles alleen maar betrekking op die sedelike ontwikkeling van die mens.

[6] Wie deur die Gees gelei, die ooreenkomste tussen die sintuiglike en die geestelike wêreld goed verstaan, moet ewenwel ook in staat wees om daaruit te verklaar hoe die sintuiglike wêreld nou presies uit die geestelike wêreld voortgekom het, hoe en waaruit die sonne en daarna die planete en planeetsateliete met daarop allerlei skepsele ontstaan het.

[7] Maar dit is nie so eenvoudig nie, want dit beteken: om eers geestelik algeheel ontwaak te wees. Want slegs die oeroudste Getuie van al wat was en is, kan jou deur daardie doolhof voer, waaragter tot op hede nog geen sterflike oog deurgedring het nie.

[8] Maar dat bo alles die ouderdom van die mensegeslag* in die voleinding, soos wat dit nou is, tog ooreenkom met die berekeninge van Moses, ook wat betref die materie en die tyd, daarvan kan jy volledig verseker van wees.

[*mense]

[9] Daar was wel op die aarde, lank voor Adam, `n magtige diersoort, wat weliswaar, nie wat uiterlike aanbetref, soos die daaropvolgende mensegeslagte gelyk het nie, maar des te meer wat betref `n soort instinkmatige, maar tog baie skerp verstand. Die huidige olifant is nog `n variant daarvan, maar dan psigies baie meer onvolmaak.

[10] Hierdie groot diere het die aarde ook al verbou en was dus die voorlopers van die mense. Die aarde was duisendmaal duisend jare deur hulle voor die mens* bevolk.

[*mense]

[11] Deur hierdie groot diere moes die nog baie harde rotsbodem van die aarde sagter en vir die gedy van edele vrugte en diere bruikbaar gemaak word voordat dit eindelik in staat was om die tere natuur van die mens liggaamlik voort te bring volgens die plan van die ewige goddelike orde, soos wat dit in elke, toe nog materievrye, maar tog al in die lug van die aarde lewende natuursiel gelê was.

[12] Eers nadat die bodem van die aarde heeltemal ryp was, word `n baie sterk siel uit haar vrye lugbestaan geroep om vir haarself uit die vetste leemhoudende humus `n liggaam te maak volgens die orde van die oervorm van God wat in die siel aanwesig was. En die eerste rypste en sterkste siel doen toe waartoe sy van binne af deur die Krag van God aangesê word. So stap die eerste siel in `n nuwe en kragtige liggaam wat deur haarself goedgeorganiseer is en kon toe die hele sintuiglike wêreld en talle skepsels, wat almal al vóór haar daar was, volledig bekyk.

[13] Maar die groot geslag van diere en hulle hele voorskepping het vir die grootste deel al lank tevore van die aarde af verdwyn, vóór die eerste mens*

[*mense] met sy op God lykende majesteit*

[‘na die beeld geskape’] die wye aarde begroet het. Maar desondanks sal oorblyfsels van hierdie voor-bewoners hulleself nog altyd op en in die aarde bevind; die mense sal egter nie weet wat hulle daarvan moet dink nie.

[14] Die wyses sal tog daardeur bietjie vir bietjie op die spoor gesit word dat die aarde ouer is as die kort tyd van die Mosaïese berekening, en Moses sal daardeur `n tyd lank baie in diskrediet raak. Maar deur My sal daar dan weer ander wyses gewek word wat Moses in die volle lig sal stel. Vanaf dáárdie tyd sal dit nie lank duur totdat die hele Ryk van God op die aarde gevestig sal wees en die dood vir altyd sal verdwyn van die hernieude aarde nie. Maar voor dáárdie tyd sal daar nog baie teenspoed op die aardbodem verduur moet word.

[15] Ja, eers moet die aardbodem nog dikwels deur die bloed en die vlees van die mense deur en deur bemes word, en uit die nuwe geestelike humus sal die liggaamlik onsterflike tydperk vir hierdie aarde dan eers begin, soos wat ten tye van Adam die tydperk begin het waarin die siel uit die vette leemhumus `n volkome liggaam in haar goddelike vorm kon opbou.

[16] Die mense wat hier tydens hul sterflike, liggaamlike lewe al heeltemal wedergebore is, sal dan vir die hele duur van daardie tydperk as suiwer geeste en engele heers, en daardie tydperk sal heeltemal deur hulle gelei word. Maar mense uit hierdie tyd wat nie geestelik volgroeid is nie, sal in die nuutste tydperk van die aarde wel met onsterflike liggame op die aarde geplaas word, maar in baie behoeftige omstandighede. Hulle sal verskriklik baie en dikwels pynlike harde dienende werk moet doen, wat vir hulle baie bitter sal smaak, omdat hulle hulleself maar al te goed aan hul vroeëre en heel gelukkige toestand tydens hul sterflike lewe sal herinner. Daardie tydperk sal dan pynlik lank duur, totdat alles uiteindelik volgens die plan van God in `n heeltemal geestelike bestaan sal oorgaan. Kyk, dit is die verloop volgens die orde van God van alle dinge, wat ontstaan het, wat bestaan en wat is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205