|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 220
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Aarde en lig
220 Wat die lig beteken, weet ons nou, maar daar staan tog eers dat die aarde woes en leeg was! Dit staan wel vas dat slegs met die moontlikheid om iets te kan bevat, net soos met die daarvoor gevoelde behoefte, daar nog geen vat gevul is nie. Solank daar egter niks in die vat is nie, solank is die vat woes en leeg.
[2] So was dit ook by die oerskepping gewees. Uit God was daar wel oneindige hoeveelhede gedagtes en begrippe deur die almagtige wilskrag van Sy liefde en wysheid in alle ruimtes van die oneindigheid na buite gebring, naamlik die gedagtes en begrippe wat ons eerder die afsonderlike, na `n spieël lykende verstandelike vermoëns genoem het. Dit doen ons omdat elke enkele gedagte in ‘n sekere sin `n refleksie in die hoof is van die een wat die steeds besige hart self produseer.
[3] As egter `n losse gedagte, of `n begrip op sigself, lyk na `n leë vat of ook na `n spieël in `n donker kelder, dan is ook hul onderlinge samehang nog woes en leeg; en omdat daar nog geen wedersydse aksie is van die onderlinge verstandelike vermoëns nie, maar daar slegs maar moontlikhede is vir die bestaan en vir aksie, is dus alles nog, soos vroeër opgemerk, koud, sonder vuur en sonder lig.
[4] Al hierdie onaktiewe en beweginglose gedagtes en idees van die goddelike Wysheid word heel treffend vergelyk met die 'waters', waarin ook tallose spesifieke elemente hulle afsonderlik by mekaar bevind, maar waaruit uiteindelik tog die hele stoflike wêreld haar veelvormige bestaan haal.
[5] Maar al sou alle verheffende gedagtes en die ontwikkelde idees wat deur God se Wysheid daaruit kom, nog so waar was, dan sou hulle, net so min as die gedagtes en idees van `n geleerde op aarde, tog nooit realiteit kon word nie, as die middele tot verwerkliking ontbreek het. As daar ooit `n werklikheid denkbaar is wat volg op die gedagtes en idees, dan moet die ooreenkomstige middele eers gelewer word waardeur die egte aktiwiteit van die gedagtes en idees, sowel van binne as van buite inwerkend, en uitgaande van `n hoë krag en mag, begin.
[6] As `n mens gedagtes tot idees wil saamvoeg en hulle wil uitvoer, moet hy, afgesien van die benodigde middele, `n oorgroot liefde by sy gedagtes en idees voeg. Hierdie liefde versorg sy gedagtes en idees dan soos `n hen wat haar kuikens versorg. Daardeur word die gedagtes en die begrippe wat daaruit ontstaan steeds konkreter en lewendiger en neem steeds meer vorm aan. En kyk, hierdie liefde is die genoemde Gees van God Self, wat volgens Moses oor die waters sweef, waarmee niks anders bedoel word nie as die nog vormlose en onwerklike oneindige massa gedagtes en idees van God!
[7] Lewend gemaak deur hierdie Gees, begin die gedagtes van God hulle tot groot idees te verbind, en die een gedagte roep die ander op en die een idee die ander. En kyk, daar vind dan in die goddelike orde asof vanself die 'Daar was lig' en 'dit word lig' plaas. En so word volgens Moses dan ook alles van die natuurlike groot skeppingswerk vanaf die oerbegin vanself verklaar. Daaraan parallel lopend egter ook, in hoofsaak die sielkundige en geestelike vormingsproses van die pasgebore kind tot aan die grysaard en van die eerste mens van die aarde tot aan ons tyd en so verder tot aan die eenmaal plaasvindende einde van hierdie wêreld!
[8] Dan volg daar in die verhaal van Moses `n reël, waardeur dit lyk asof God pas nadat die lig hom uit die vuur van die liefdeswerksaamheid van die gees ontwikkel het, begin insien dat die lig goed was. Dit is natuurlik in die verste verte nie so nie. Dit is slegs maar `n getuienis van die ewige en eindelose Wysheid van God, wat aangee dat die lig `n waaragtig vrye lig is, `n geestelik lewenslig, wat hom vanself uit die werking van die gedagtes en idees van God volgens die orde van die Wysheid ontwikkel het. Daardeur kon die gedagtes en idees wat op hierdie wyse deur God na buite gebring is, hulle as selfstandige wesens volgens die eie intelligensie, natuurlik onder die altyd aanwesige invloed van God, verder asof uit hulleself ontwikkel. Dít word met die bysin van Moses bedoel, en nie dat God pas daardeur tot die subjektiewe insig gekom sou het dat die lig iets goeds was nie!"
|
|
|
|
|