Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Ontmoeting van Cyrenius en Julius

190 Die seuns van Markus het al amper die net klaar gehang om droog te word aan die paal wat vir die doel op die oewer opgerig was, of die groot Romeinse skip was al so naby die oewer dat `n mens met die bemanning kon praat. Hulle versoek die seuns van Markus dringend om met `n paar bootjies na die groot skip te kom om die reisigers aan wal te bring, omdat die skip self deur sy groot diepgang nie heeltemal tot by die oewer kon kom nie. Die seuns doen dit dadelik, en My leerlinge verbaas hulle nie bietjie nie toe hulle tussen die talle Romeinse soldate en ander inwoners ook vir hoofman Julius en vervolgens selfs vir Ebahl en Jarah gewaar nie.

[2] Maar op die skip was daar ook vyf gevangegenome gevaarlike straatrowers, wat op die bergpasse tussen Judéa en Samaria hul misdadige praktyke beoefen het, en wat al heelwat moorde gepleeg het. Hulle was soos rabbi's geklee, en sien so baie vriendelik daaruit. Tog woon in elkeen van hulle harte `n hele legioen vreeslike duiwels, wat hierdie vyf rowers gedwing het om op onbarmhartige wyse die reisigers te beroof en hulle dan, om nie deur hulle verraai te word nie, sonder enig medelye te dood. Sulke rowers word egter heimlik deur die fariseërs met die hand voor die oë geduld, omdat byeenkomste tussen die ketterse Samaritane en die Judeërs op baie plekke daardeur bykans onmoontlik gemaak word. Die Romeine het dit egter ook geweet en was daarom baie vyandiger teenoor sulke rowers. En met sulke misdadigers het dit dan ook altyd baie sleg gegaan; want die pynlikste doodstrawwe was nog steeds op hulle toegepas.

[3] Behalwe die vyf genoemde erge rowers, was daar egter ook nog `n aantal politieke misdadigers, wat heimlik, ook uitgaande van die tempel, orals propaganda teen die Romeine gemaak het. Die hele transport was bestem vir Sidon.

[4] Ek hou My ietwat op die agtergrond sodat Ebahl, Jarah en Julius My nie dadelik sou ontdek nie, en dra aan die bewoners van die huis en Cyrenius op om My aanwesigheid nie dadelik te verraai nie, want op die skip was verskeie fariseërs wat in die geheim deur Jerusalem agter My aangestuur was, hoewel hulle amptelik `n heeltemal ander rede opgegee het.

[5] Cyrenius ontvang Julius baie vriendelik. Daardeur was hoofman Julius baie aangenaam verras, want ten eerste het hy nie die hoogste Asiatiese staatshoof hier verwag nie, en in die tweede plek het Cyrenius hom teenoor sy ondergeskiktes meestal baie formeel gedra, hoewel volkome regverdig.

[6] Cyrenius ondervra Julius dadelik oor die misdadigers, en vra of Julius al `n oordeel oor hulle gevel het. Want `n eenmaal gevelde oordeel was by die Romeine meestal onherroeplik; slegs die keiser kon so `n oordeel nog herroep het. Maar Julius het nog geen oordeel gevel nie en wou dit juis in Sidon deur opperstadhouer Cyrenius self laat doen. Daarom vra hy vir Cyrenius, nadat hy hom meegedeel het watter misdade die vyf roofmoordenaars en die politieke boosdoeners begaan het, om die misdadigers dadelik volgens die wet te oordeel.

[7] Cyrenius antwoord vir Julius: "Jy het baie goed en wys gehandel deur hierdie booswigte nog nie te veroordeel nie! Ek sal hulle egter ook nie dadelik oordeel nie; want hier in die buurt bevind iemand hom wat nog hoër is en meer bevoegdheid het, en dié sal ons hier in hierdie saak laat oordeel. Laat die misdadigers daarom goed bewaak totdat hierdie magtige en wyse kom!"

[8] Julius sê: "Hoogste gebieder oor Asië! Bevind die keiser hom dan miskien ook op Asiatiese bodem?"

[9] Cyrenius sê: "Nee, liewe Julius, maar een wat egter oor alle wêreldryke gebied, en dus ook oor die gekroonde seun van Augustus, my broer! Zeus het, met al Sy goddelike mag, uit die hemel onder ons sterflikes gekom; Sy woorde, Sy dade en Sy wil is `n uitgevoerde daad!"

[10] Cyrenius praat egter op hierdie Romeinse manier oor My met Julius omdat hy My nie wou verraai nie, en hy het nie geweet dat Julius My ook reeds geken het nie.

[11] En Julius sê om dieselfde rede: "Hoogste gebieder, ons lewe nou in `n tyd van buitengewone wonders, en die gode lyk wel `n groot welgevalle aan die sterflike te hê. Ook ek kry naamlik `n paar dae gelede op baie vreemde wyse kennis van `n Mens wat, op `n paar duisend bliksems in Sy hand na, sprekend na Zeus lyk! `n Jaar sou veels te kort wees om alles te vertel wat hierdie onloënbare Zeus by my in Genésaret, en veral in die huis van die regskape Ebahl, gedoen het!"

[12] Cyrenius maak groot oë van verbasing en was sigbaar verleë wat hy nou aan Julius moes sê, of wat hy hom verder sou vra. Want uit die verhaal verstaan hy oombliklik dat hy oor My praat, maar hy wou Julius nie van sy geloof afbring nie. Maar dieselfde het vir Julius gegeld; want ook hy dink dieselfde toe Cyrenius hom vertel van die almagtige Zeus.

[13] Geeneen van die twee beskou die ander as `n afvallige Romein nie, en daarom bly hulle mekaar net so lank vir die gek hou totdat Ek Self uiteindelik te voorskyn gekom het, en daarmee die wedersydse twyfel weggeneem het - waarmee Ek egter ruim `n uur gewag het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205