Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Giwar en die satan

89 Die owerste sê: "Vriend, ek hou van jou, want so `n eerlike siel soos jy het ek nog nooit teengekom nie! Werklik, jy het heeltemal gelyk! Ek ken hierdie Jesus nog veels te min om my dadelik ten volle by jou mening aan te sluit. Maar ek dink ook wel: As die belofte geen totale leë noot is nie, wat in die geskiedenis, sekerlik sedert Dawid se tyd, in elk geval op hierdie aarde nog nooit waarder was nie - want van die ewige ryk van Dawid is die Romeine `n nou nog sigbaarder teenbewys as die veertig jaar gedurende die Babiloniese gevangenskap - dan is ek glad nie onwillig om jou geloof te deel nie. Maar dit gaan nou slegs daaroor wat julle oor al hierdie dinge te sê het en wat die priesters en fariseërs van die ander stede te sê het!?"

[2] Giwar sê: "Wat ek jou hier sê, sê ons almal in hierdie stad; hulle uit Kapernaum sal ten gevolge van enige harde lesse, wat hulle by verskillende geleenthede gekry het, nie soveel daarvan afwyk nie, en wat die orige stede aanbetref, die laat ons voorlopig met rus en ons laat hulle tot `n gunstiger tyd in hul ou waan!

[3] As jou plek in die vervolg hier is, laat my dan maar my gang gaan, en dan is Galiléa op sigself binne enkele jare volkome onafhanklik van die tempel! Galiléa staan by die tempel tog al heeltemal op die laaste perkamentblad! Wat maak dit nou saak of ons ook die laaste blad daaruit laat skeur? Die Romeine en Grieke is aan ons kant, dit is seker, en daarby nog `n bietjie van die almagtige, lewende Barmhartigheid van God, en dit sal dus vir die tempel baie moeilik word om ons uit te stryk!"

[4] Korah, die owerste sê: "Ek gee jou orals groot gelyk en ek is nou ineens nog meer as vroeër daarvan oortuig dat jy gelyk het. Maar ons moet altyd daaraan dink dat die aartsengel Migael, die magtigste hemelgees naas God, met al sy krag en mag drie dae en nagte `n harde stryd met die satan moes stry oor die liggaam van Moses! As die satan dit nou teen ons sou opneem, hoe sal ons die stryd dan met hom deurstaan?"

[5] Giwar sê: "Nie net met een duisend nie, maar met tienduisend satans neem ek dit alleen op, alhoewel ek in die verste verte geen Migael is nie! Jy moet maar net moed hê en al die slegte loerder se weë versper, dan kan hy met sy hele hel vol duiwels niks doen nie, maar as jy hom eers swak plekke getoon het, waaraan hy hom maklik kan heg, dan sal die stryd sekerlik honderdmaal erger word!

[6] Maar so waar as wat God my geskape het: ek sal nooit `n tempel vir die satan bou en wierook vir hom strooi sodat hy my met rus moet laat nie! Laat hy maar kom as hy met Giwar wil veg en julle sal getuie daarvan wees dat ek in minder as drie dae met hom sal klaarspeel!"

[7] Die owerste sê: "Vriend, jy waag baie om soos `n muggie teen `n leeu op te staan en hom selfs gewoonweg tot die stryd uit te daag, terwyl jy eintlik vir God moet vra of Hy jou vir ewig sal vrywaar vir die vervolging van die satan!"

[8] Giwar sê: "Vriend, ek ken egter `n naam en dit is voldoende vir legioene van satans en duiwels! Waar is hy dan, as hy die moed het om met my in `n geveg gewikkel te raak?

[9] Die muggie is weliswaar in krag uitgedruk heeltemal niks ten opsigte van `n leeu nie, maar as die muggie dit wil, jaag hy die sterkste leeu tog dagreise ver op die vlug! Hy vlieg in sy oor in en zoem sodanig in sy oor dat die leeu ten slotte meen dat daar `n ontsettende storm raas, en die koning van die diere sal gou smadelik op die vlug slaan!

[10] Sodoende is dit egter nie nodig om teenoor die magtige oormagtig te word nie, maar egte wysheid is dan die belangrikste! Kyk, self het jy met `n behoorlike porsie egte duiwelagtigheid by ons aangekom, en my moontlike wysheid het dit verdrywe, en jy staan nou as `n vry man en as `n owerste wat deur ons almal verkies is en die satan het ons daardeur geen skade kon berokken nie - en sal ons ook verder geen skade kan berokken nie!

[11] Ek weet wat ek weet en kan wat ek kan, maar ek staan daarvoor in dat die satan in alle ewigheid nie my meester en meerdere sal word nie!"

[12] Korah sê: "Vriend, roep nie te hard nie, want die bose het orals sy oë en ore! Met die Hulp van JaHWeH en van jou Messias wat maar weinig aan my bekend is, sal hy ons sekerlik niks kan doen nie, maar ons moet hom beslis nie uitdaag nie! God behoed ons vir so `n besoek van hom!"

[13] Giwar sê: "Natuurlik sal ek die stryd nie soek nie - maar ook nie die geringste angs daarvoor hê nie!"

[14] Nadat Giwar dié woorde uitgespreek het, stap daar meteens `n enorme groot reus die eetsaal binne, kom met `n kwaai en honende gesig voor Giwar staan en sê met `n donderende stem, waarvan die steunpilare van die eetsaal begin tril: "Is jy die ligsinnige muggie, wat in die oor van die leeu `n stormgeraas wil ontketen? Probeer eers, ellendige erdwurm, hoe jy in `n geveg met my wil klaarspeel! Ek kan ook iets doen wat nog baie onbekend vir jou sal wees! Kyk, jou Messias is slegs maar afhanklik van my grootmoedigheid, omdat dit vir my nou nie baie eervol is om met muggies `n geveg te begin nie, maar as Hy te veel praatjies het na my sin, laat ek Hom sonder meer aan die kruishout vasmaak, en dan kan jy jou Messias aan die kruishout aanbid! - Maar wat wil jy nou doen as ek jou oombliklik in stukkies skeur die grootte van `n sonstoffie?"

[15] Daarop staan Giwar rustig van sy plek af op en sê op gebiedende toon vir die reus, respektiewelik die satan: "Soos wat jy ellendige, binnegekom het, sal jy ook moet maak dat jy weer verdwyn - en wel met die ernstige voorneme om in der ewigheid nooit weer hierdie heilige plek te betree nie - anders sal Jesus die Heer jou rig!"

[16] By die noem van die Naam van Jesus wyk die reus dadelik `n aantal treë terug en dreig woes en gloeiend van toorn om hierdie baie gehate naam nooit weer teenoor hom te noem nie!

[17] Maar Giwar sê: "Ek moet tog `n gedruis in jou oor maak, sodat jy kan ondervind hoe die leeu vir `n zoemende muggie vlug!" - Vervolgens begin hy weer: "Jesus, die Seun van die Allerhoogste, bereg en tugtig jou! Jesus, die Seun van die Allerhoogste, verdrywe jou van hier af vir ewig! Jesus, die Seun van die Allerhoogste, tugtig jou vir jou tallose misdade!"

[18] Die satan wag egter die laaste sin nie meer af nie, maar verdwyn met `n donderende gehuil.

[19] Toe sê Giwar aan Korah wat van angs soos ‘n grasspriet bewe: "Het jy nou gesien hoe `n mens leeus op die vlug laat slaan? Waarom het hy my dan nie dadelik in stukkies geskeur nie? Kyk, dit is sy onmag! Laat hom maar terugkom as hy sin daarin het en ek verseker jou by die Naam van Jesus, dat hy `n tweede keer nog gouer sal verdwyn as wat hy hierdie keer verdwyn het!"

[20] Die owerste sê: "Luister vriend, ek bewonder jou onbegryplike moed, dis buitengewoon, en - by alle aartsvaders! - ek voel my nou heeltemal of ek in hul wonderlike tyd teruggebring is! Maar laat daar tog aan jou gesê word dat jy die satan nooit weer tot `n nuwe geveg moet uitdaag nie, want hy is oneindig vindingryk en kan alle vorme, selfs die van `n engel van die lig, aanneem, en ek glo dat hy in `n sagte hemelse kleed baie gevaarliker sal wees as wat ons juis nou die helse eer gehad het om hom te sien!"

[21] Giwar sê: "Die Toetssteen het ons, en daaraan is dadelik te sien watter geesteskind die een of ander hoe dan ookal gevormde verskyning is! Maar ons hoef ons nou nie onder druk te plaas nie, want dit sal nou wel vir `n lang tyd voldoende wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205