Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Cyrenius neem Josoë op

80 Cyrenius sê: "Heer, ek sou hierdie jongeling graag wou aanneem, en as hy wou kom, dan sou ek hom nie net náás my kinders nie, maar in alles bó hulle wil stel. Waarlik, ek sou my baie geseënd beskou as ek hierdie liewe jongeling, wat tog meer engel as `n mens is, myne sou kon noem! Hy sal dit tog moeilik by sy voormalige ouers ondervind, en dit is `n vraag of hulle hom nog sal aanneem. Ek is egter op hoogte van alles en kan, as die tyd daarvoor ryp is, voorbereidings tref sodat sy ouers, wat aan my as baie tempelgesind bekend staan, hul Josoë sal herken. As hulle hom wil aanneem, dan sal hulle die vrye keuse gelaat word, ewenwel met die voorwaarde dat hy by my in die huis bly en by my moet wees, waar ek ook al sal wees - nou eers in Asië, dan weer in Europa of Afrika, want ek heg baie waarde aan sy wysheid!"

[2] Ek sê: "Bepreek dit maar met Jaïrus en die jongeling! Ek vind alles goed, want My dierbare Josoë sal My orals trou bly."

[3] Die jongeling sê: "Vader, daaraan sal U tog nie twyfel nie? Dan sou U my hart anders moet instel! Dit sal U egter in der ewigheid nie doen nie en dus sal ek U ook ewig getrou bly. As ek egter self my toekoms op hierdie aarde sou mag kies, dan sal ek liewer dadelik by U wil bly! Want wat kan hoër, beter en saliger in die hele oneindigheid en in alle ou en nuwe hemele nog wees, as om by U, die oerbron van Liefde, Wysheid en alle Lewe te kan wees? Maar dit is slegs die eintlike, diepste wens van my hart; origens weet ek ook hoe om gehoorsaam te wees en sal gewillig orals heengaan waar U, Heilige Een, my maar wil heen stuur! Ek sal na Cyrenius gaan, wat ek baie hoog ag en waardeer, en so sal ek ook na my aardse ouers teruggaan, waarvan ek ook baie sal hou; maar sonder U wil sal ek nie sommer iets doen nie."

[4] Ek sê: "Jou hele wese toon dat jy by My sou wou bly en mettertyd ook by my sal bly, maar nou het jy nog rus nodig, wat jy moet neem terwyl jy liggaamlik nie by My is nie, sodat jou siel en jou nuwe liggaam `n hegter eenheid kan vorm. Wanneer dit in die loop van ongeveer een jaar sal gebeur, kan jy weer na My toe kom en dan sal jy jouself goed in My nabyheid staande kan hou sonder dat Ek, soos nou, gedwing word om met die mag van My wil jou siel in jou liggaam vas te hou. Kyk, dit is die rede waarom Ek jou nou vir jou eie beswil `n tydjie van My af laat weggaan! Maar bedink nou eers of jy liewer met die Romeinse opperstadhouer Cyrenius wil saamgaan, of wil jy liewer teruggaan na jou aardse ouers! Dit maak nie vir My saak nie - maar dit is wel waar dat jy by Cyrenius altyd meer sal kan ontspan as `n soort vreemdeling in die huis van jou ouers, want hulle sal vir `n lang tyd nie weet wat hulle aan jou het nie."

[5] Josoë sê: "Goed, nou weet ek, ek gaan met die verhewe stadhouer Cyrenius saam. Maar tog sou ek graag my ouers wil ontmoet om hul verwonderde gesigte te sien as hulle my sien."

[6] Cyrenius sê: "Dit kan ons môre, as ons hiervandaan oor Kapernaum na Sidon en Tirus reis, heel maklik reël! As ons die middag in Kapernaum by my broer sal eet, wat jy hier naas my sien en wat Cornelius heet, dan sal daar bo-en-behalwe sommige belangrike inwoners van die stad ook jou ouers aan tafel benodig word en dan sal jy voldoende geleentheid hê om jou ouers te sien, en te hoor watter opmerkings hulle oor jou sal maak. Maar jy moet daarby goed oppas om jou nie uiteindelik deur `n agtelosige gesegde te laat blootlê nie! Aan die kleding sal hulle jou nie herken nie, omdat ek jou môre dadelik `n toga, soos wat die Romeine dra, uit my voorraad sal laat aantrek. Maar, soos wat gesê is, jou mond moet jy self baie goed in toom hou, sodat jy jou nie voortydig verraai nie!"

[7] Die jongeling sê: "Bekommer u nie daaroor nie! Die Romeinse taal ken ek taamlik goed, net soos Grieks, daarom sal ek hierdie tale praat as mense my iets vra. Weliswaar ken my ouers hierdie tale ook, maar dit sal my nie weggee nie! Kortom, met die hulp van die Heer, wat my opgewek het, sal ek in staat wees om alles so goed moontlik te laat verloop."

[8] Cyrenius druk die jong seun aan sy bors, kus hom en sê: "Saaklik en goed so, ek hou baie van jou en beskou jou van nou af as my seun, wat ek meer sal liefhê as al my eie kinders en `n aantal ander kinders, waarvan ek vrywillig net soos wat die geval nou by jou is, vader geword het. Want jy sal hulle almal geestelik van baie nut kan wees."

[9] Die jongeling sê: "Ek verheug my daaroor, want dit was vanouds my grootste vreugde gewees om iemand van nut te kan wees."

[10] Ek sê: "Goed, Josoë! As Ek sien dat jy getrou bly aan jou voorneme, dan sal Ek jou ook Krag uit die hemele stuur, waarmee jy dan in staat sal wees om nog meer goeie dade te kan doen. Waaruit die Krag sal bestaan, sal jy eers sien as jy Haar ontvang. Maar nou gaan ons rus, want dit is inmiddels al byna middernag. Môre is nog `n dag en Ek wil nie vooraf ondersoek wat hy sal bring nie, maar wat hy sal bring, dit sal ons almal aanvaar. Die goeie sal ons deelagtig word en die bose sal ons weet om af te weer. Dus gaan ons nou slaap!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205