Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die weg tussen hemel en aarde

133 Jarah sê: "Heer, my liefde en my lewe! Deur U barmhartigheid in my het ek alles goed verstaan, maar dit is treurig dat die mense dit nie insien en kan of wil verstaan nie! O, so sal daar helaas later baie dooie siele wees! O Heer, maak dat die mense tog die heilige waarheid sou wil hoor en hulle dan bekeer, want anders sal dit vir my weldra heel saai word om in hierdie wêreld tussen soveel dooies te lewe!"

[2] Ek sê: "Wees maar gerus, daarvoor het Ek tog Sélf in hierdie wêreld gekom! Tot op hede was daar gebrek aan goed begaanbare weë, en die hemele was geskei van die aarde, maar nou sal `n geskikte en soliede weg aangelê word en die hemele sal met die aarde verbind word, sodat dit vir almal maklik sal word om op die gebaande weg te loop en om daaroor die nabye hemele te bereik. Maar by geen mens mag die vryheid van sy wil ook maar in die minste beïnvloed word nie!

[3] Van nou af aan sal elkeen, as hy maar wil, die hemele kan bereik, wat tot op hede nie moontlik was nie, omdat tussen die aarde en die hemele `n te groot kloof bestaan het.

[4] Maar wee nou ook aan almal, wat hiervan duidelik in kennis gestel word en hulleself tog daarvan sal afwend! Hulle sal van nou af aan erger daaraan toe wees as die oudstes, wat dikwels wil, maar nie kan nie! - Verstaan jy dit?"

[5] Jarah sê: "Heer, ek het alles verstaan! Daar is `n goeie moontlikheid, maar alles hang af van die vrye wil van die mens! Die wêreld sien en beproef hy, maar die hemele sien en beproef hy daarenteen nie, en dan kan dit gebeur dat baie die gebaande weg nie sal gaan nie, en dit sal met hulle dan erger wees as tot op hede! Ek sê vir U, o Heer, die gebaande weg na die hemele sal deur weinig betree word, want die moeilikste vir die mens is die selfverloëning!"

[6] Ek sê: "Bekommer jou nie daaroor nie, die verbeteringsinrigtings sal so omvangryk wees dat hulle van hier af tot in die hiernamaals uitgebrei sal word! - Maar ons geselskap het tesame met ons hoofman, tydens ons gesprek, ingesluimer, wat sal ons nou doen?"

[7] "Heer" sê Jarah, "dit sal U wel die allerbeste weet!"

[8] Ek sê: "Ja, wel, jy het gelyk! Daarom laat ek hulle ook slaap, en hulle sal in die droom sien wat jy in werklikheid sal sien. Kyk, weldra sal jy die hemele geopen sien en al die engele sal ons dien! Môre sal hierdie berg na die ooste toe `n maklik beklimbare helling kry en ons sal almal op `n nuwe natuurlike weg van hier na benede na Genésaret kan gaan. Let daarom goed op die tafereel wat hom voor jou oë sal ontvou!"

[9] Na hierdie woorde van My hef Jarah haar oë na bo en kyk `n oomblik na die helder sterrehemel. Toe daar na `n lang gekyk nog niks te sien was nie, sê sy met `n lieftallige stemmetjie: "Heer, my lewe en my liefde, daar is nog steeds niks te sien nie! Vertel my eers hoe dit dan daar sal uitsien, sodat ek, as daar `n verskynsel hom voordoen, kan weet of dit by U voorspelling hoort of nie?"

[10] Ek sê: "My liewe Jarah, jy moet baie meer met jou hart na bo kyk as met die oë wat in jou hoof sit, dan sal jy baie gou in die heerlikste lig wonders sien! Probeer dit maar eers, dan kan jy jou dadelik daarvan oortuig dat ek altyd gelyk het en die volle waarheid praat!"

[11] Na My instruksie hef Jarah nou meer haar hart omhoog as haar oë, en kyk, dadelik open al die hemele vir haar, en tallose skare engele van God sweef in die heerlikste lig na benede na die aarde en sing: "Sy hemele bedou die regverdiges op hierdie aarde met alle barmhartigheid! Want heilig is Hy, wat haar betree tot verlossing van diegene wat gevalle is, nog voor daar in die diepe oneindigheid `n son gegloei het in die barmhartige Lig van God!

[12] Mensekinders, deur satan opgevoed, neem Hy en maak hulle tot kinders van Sy Liefde!

[13] Daarvoor aan Hom alleen alle eer, alle roem en alle lofprysinge, want alles wat Hy doen is welgedaan en Sy orde bestaan uit liefde gepaard met die hoogste wysheid. Daarom is slegs Hy geheilig en voor Sy Naam moet alle knieë hulle buig in die hemel, op die aarde en onder die aarde. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205