|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 160
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die Nagtelike belewenisse van die skippers
160 Toe gaan ons almal rondom die skippers op die sagte gras sit. Slegs Rafael bly staan, en `n skeepskneg sê aan hom: "Jongeling, gaan sit tog ook, die gras is vir elkeen en geen mens hoef iets te betaal om daarop te mag sit nie!"
[2] Die engel sê egter: "Gaan julle maar aan met vertel, ek sal wel gaan sit as ek moeg word van die staan! Bowendien kan dit gebeur dat daar een van julle sy ewewig verloor, en dan is ek gouer byderhand om so iemand weer op die been te help."
[3] Die een skipper sê: "Ja verseker, vyftienjarige melkmuil! Jy is jou luier nog maar net kwyt en dan dink jy jy is sterk genoeg om een van ons op te tel as hy sou val? My aarde, dit getuig van selfoorskatting!"
[4] Die engel sê: "Begin nou eers maar gou volgens die wens van die Heer te vertel, die ander sal ons dan wel sien as dit in die ergste geval nodig sou blyk!"
[5] Die ietwat ruwe skeepskneg neem genoeë daarmee en die leier van die skeepsknegte vertel die volgende: "So ongeveer om en by die eerste nagwaak word dit vreemd genoeg opeens so lig soos die dag. Ons sien egter nêrens iets wat lig gee nie en dink toe dat daar agter die berge seker `n reusagtige Bengaalse vuur moes brand, waardeur die lug so lig geword het. Die lig was net duidelik te sterk om afkomstig te kon wees van `n Bengaalse vuur; maar wat dit dan ookal was, die lig het byna die hele nag geduur, en het verskeie kere so sterk geword dat ons gedink het dat dit reeds ligdag was. U verstaan wel dat dit vir ons daarby tog spookagtig was. Uit die stad uit kom daar ook verskeie mense na ons toe en hulle dink toe dat dit die see was wat so `n lig uitgestraal het.
[6] Maar baie gou gewaar ons `n ander verskynsel en dit was nog baie meer merkwaardig! Ons wil nou almal die see van nader gaan bekyk. Edoch - ek vra jou om ons nie nou uit te lag nie! – en daarin is toe geen druppel water meer nie, en ons skip lê op die droë bodem; ons was in staat om in die totale diepte van die see in te kyk. Dit was ysingwekkend! Ons skip het op `n vooruitspringende rots gerus, maar aan alle kante van die rots was daar `n afgrond van enkele honderde manshoogtes. Daar in die baai by Genésaret is dit deurgaans maar vlak, en daar het ons rondgeloop en `n hoeveelheid baie mooi en seldsame mossels en slakke versamel.
[7] Toe ons egter baie onskuldig met die versameling besig was, sien ons meteens `n felle bliksem, wat deur `n ontsettend harde donderslag opgevolg word. Ons vlieg hals oor kop na die oewer toe, vergeet daarby ons mooie versamelde mossels en durf hulle toe ook nie meer gaan haal nie, en hulle het dus daar waar ons hulle gevind het gebly, behalwe `n paar wat ek in my sak gesteek het. Maar pas nadat, so ongeveer in die derde nagwaak, die see weer soos voorheen die oewers vul en bespoel, begin dit ons steeds meer besig te hou wat daar met hierdie tog behoorlike groot see kon gebeur het, om opeens so heeltemal tot op die laaste druppel te kon leegloop!
[8] Toe vertel `n ou man, wat ook hier woonagtig is, dat die berg- en luggeeste wat boos geword het, dit doen, om die watergeeste op die manier te straf! Ons het wel daaroor gelag, maar in die nood is `n slegte verklaring darem beter as heeltemal niks nie. So ongeveer in die vierde en laaste nagwaak word dit toe skielik heelwat donkerder, en ons gaan in ons skip in om te slaap. Toe ons wakker word, staan die liewe son al taamlik hoog en ons het gegaan om ontbyt te geniet. - Dit is in kort alles wat ons in hierdie nag beleef en opgemerk het."
|
|
|
|
|