Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Mense en volke ontvang `n gerigte opvoeding

205 Jarah sê: "O ja, my Heer, my liefde! Eie kinders het `n deegliker opvoeding nodig as die kinders van slawe. Want die kinders van die huis word net soos hul ouers, of ook wel in die huishoudelike sorg van die ouers delend opgevoed, terwyl die slawekinders slegs soveel moet weet as wat hulle onveranderlike en eentonige diens vereis! Daarby natuurlik kom die vraag op waarom JaHWeH God dit toelaat dat op hierdie aarde die een mens die ander as `n beklaenswaardige slaaf moet dien, en die keiser selfs die mag oor lewe en dood van die slaaf in die hande van sy meester gegee het."

[2] Ek sê: "Ja, my liewe dogter, `n volledige uitleg sou ons almal veels te ver voer; maar `n paar gelykenisse daaroor sal Ek wel vir jou en so ook vir al die ander gee. Wie hulle sal verstaan, sal behalwe dit, nog baie meer duidelik word; luister dus goed en aandagtig na My:

[3] Daar is verskillende soorte graan, soos die gladde en die baardagtige koring, die twee- en die vierry gars, die hoë koring, hawer, mielies; verder is daar nog lensies, ertjies en verskillende soorte bone. Soos jy weet, het hierdie verskillende gewasse ook altyd verskillende grondsoorte nodig, omdat hulle andersins nie sou gedy het nie. Die een graansoort het `n behoefte aan vaste kleigrond, die ander leemgrond, wat egter steeds goed bemes moet wees omdat daar andersins van die koring niks tereg sal kom nie. Nog `n ander graansoort het `n losse en klipperige, en `n ander weer `n sanderige grond nodig. Baie soorte graan het `n vogtige en ander weer `n droë grond nodig. Dit alles leer mense uit ervaring.

[4] Op dieselfde wyse het verskillende mense ook ‘n verskillende opvoeding nodig, na gelang van hoe dit vooraf met hul harte en siele gesteld is. Soos wat dit egter met afsonderlike mense gaan, hoewel hulle dikwels kinders van één en dieselfde vader is, so gaan dit ook met hele gemeentes en met volledige groot volkstamme. Die een volkstam het `n sagte, dus losserige behandeling nodig om tot groot seën van die ander volke van die aarde te bestaan. `n Ander volkstam het `n harde behandeling nodig, omdat hy andersins baie gou tot vloek van die naburige volke sou ontaard en hulle bekommer. `n Ander volkstam het weer die uitgesproke neiging om te tiranniseer en heers oor haar medemense. Vir die siele van sulke mense is daar niks beters as dat hulle vir talle jare in slawerny verval, sodat hulle eers goed deur en deur nederig kan word. Word hulle in hierdie nederigheid beter, en verdra hulle hul lot uiteindelik met alle geduld en sonder om te mor, dan word hulle weer vrye inwoners van die aarde. Hulle sal dan as `n veredelde vrug op die beste en vetste grond verseker vinnig en weelderig groei.

[5] Kyk, dit is nou `n beeld wat juis vir julle almal heel maklik verstaanbaar behoort te wees, omdat julle tog al soveel begrip het!

[6] Maar om hierdie baie belangrike saak nog aanskouliker te maak, wys Ek julle op die dele van die menslike liggaam, waarvan ook elke lid `n ander vorm het, en dus `n ander behandeling en, in geval van siekte, natuurlik ook `n ander geneesmiddel nodig het. As iemand oogpyn het, moet hy sekerlik `n ander geneesmiddel daarvoor gebruik as vir `n pyn in die voet. Wie pyn op sy maag het, moet dit anders behandel as `n pyn in sy hand. Ook moet daar by liggaamlike siektes gekyk word of dit nuwe, of ou en hardnekkige kwale is. `n Nuwe kwaal kan meestal deur `n eenvoudige middel genees, terwyl `n ou kwaal dikwels met kragtige medisyne op lewe en dood bestry moet word om haar uit die liggaam te verdryf. Die siele van die mense lyk ook altyd soos die heilige ledemate van hulle liggame. Na gelang `n siel meer na `n edel of na `n onedel deel van haar liggaam lyk, des te meer moet sy net soos daardie enkele deel waarna sy lyk, behandel word.

[7] Volgens hierdie beeld moet ook die verskillende verhoudinge van die mense met betrekking tot die sfeer van hul sielemoraal, net so behandel word soos die heilige deel wat in hul sfeer van die sielemoraal daarmee ooreenkom. `n Slegte tand in die mond moet, as alle ander middele nie help nie, uitgetrek en weggegooi word, sodat dit die gesonde tande nie sal aansteek nie. So moet ook `n onverbeterlike slegte mens weg uit `n gemeente, sodat hy nie die hele gemeente sal bederf nie. Op dieselfde wyse moet dikwels `n hele volk, as dit dan nie fisies is nie, dan tog moreel vernietig word sodat alle volke van die aarde nie uiteindelik daardeur bederf word nie.

[8] Kyk maar in die kronieke, dan sal julle vind watter groot volke die Babiloniërs, die Nineviete, die Mede, die Perse, die Egiptenare, die ou Grieke en vóór hulle die Fenisiërs en die Trojane eens was! Waar is al hierdie volke nou? Waar is die mense uit Gomorra en Sodom en waar die volke uit die tien stede? Ja, fisies bestaan hulle nog wel in hul verwaarloosde nakomelinge, maar hul naam bestaan nie meer nie en onder die ou naam sal hulle ook nooit weer `n volk van hierdie aarde word nie, want daar is skaars iets slegters as `n ou naam, waaraan baie ydele, niksseggende roem kleef. Daardie soort mense of volke hou hulle ten laaste, vanweë so `n oeroue beroemde naam, as baie beter en waardiger as `n jong volk wat deur sagmoedigheid, nederigheid en broederliefde hulle in die, vir God regverdigste, en daardeur vir die siel, die gesondste, toestand bevind.

[9] Dit sal julle nou nie baie moeite kos nie om, na enkele ondersoeke, te ontdek hoe goed en regverdig die Vader in die hemel is! Want die vaste bestemming van die aarde is nou eenmaal daar om kinders van God se Gees vir die hele oneindigheid op te voed. Daarvoor is dit nodig dat die grond altyd eerder hard en maer, as los en vet gehou word.

[10] Die onkruid wat saam met die edele graan opskiet hinder nie, hoewel dit saam opgroei en ryp word, die geseënde gedy van die edele vrug nie, terwyl dit later tog weer vir die bemesting van die hier en daar te hard en te maer geworde grond baie geskik is. Kort en goed: Wat God toelaat is goed, en uiteindelik is vir `n algeheel rein mens alles rein wat die aarde in en op en bo haar dra. - Sê nou eers of julle dit wat deur My vertel is, heeltemal verstaan het!"

[11] Cyrenius sê: "Heer, wie sou dit nou nie kon verstaan nie? Dit is tog alles sonhelder!"

[12] Ek sê: "Goed dan, dan sal Josoë vir ons sy mening daaroor gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205