|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 134
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die opheffing van die see van Galiléa
134 By die aanhoor van die gesange, sê Jarah in verrukking: "Heer, dit is werklik moeilik om te bepaal wat hier mooier en heerliker is, die gesang, die woorde of die glansryke duisendkleurige lig of die pragtige gestaltes van hierdie tallose eteriese sangers! Ag, nou het ek maar pas `n idee van wat nou presies die hemele van God is! O, ek sou nou dadelik wil sterwe en dan na hierdie wondermooie sangers wil oorgaan! Maar sê my tog, o Heer, as U dit wil, wie en wat is hierdie glansryke sangers nou eintlik! Is hulle werklik wat hulle skyn te wees, of is dit slegs deur U vir hierdie oomblik nuut geskape wesens?"
[2] Ek sê: "Dit is engele en hulle was eindeloos lank gelede geskape vóór daar ook maar `n spoortjie van `n materiële skepping aanwesig was. Roep maar een en oortuig jou dat hy net soos alle ander `n heel volmaak egte wese is! Daarby moet Ek jou nog sê dat, hoe lig en eteries hy ookal daar uitsien, elkeen van hulle tog so sterk is en so `n krag en mag in hom het, dat die kleinste en swakste van hulle in `n oomblik die hele aarde so sou kon verwoes, dat daarvan ook nie die kleinste stoffie oor sou bly nie! Noudat jy dit weet, kan jy een roep en hom `n paar proewe laat uitvoer!"
[3] Jarah sê: "Heer, dit durf ek egter nie, want hoe onbegryplik mooi hulle ookal is, is ek tog bang vir hulle."
[4] Ek sê: "Maar kindjie, het Ek jou nie nou net uitgelê wat vrees is nie? Kyk, jy mag nou dus nie bang wees nie, anders sal Ek moet dink dat daar in jou hart ook nog iets wêrelds woon. Jy is nota bene by die Heer, voor wie se Naam al hierdie wesens hul knie buig, waarvoor moet jy dan bang wees?"
[5] Jarah sê: "Dit is natuurlik maar al te waar, maar die ongewone gesig van so `n onbeskryflike tafereel moet `n arme swak meisie tog baie van haar wysie af bring! Maar nou sal ek my wel beheers en U sal sien dat U Jarah ook sonder angs kan wees."
[6] Na hierdie woorde wink sy dadelik vir die eerste en die beste engel, en hy kom oombliklik swewend na haar toe en vra haar met `n baie vriendelike en liefdevolle stem: "Jarah, pragtige dogter van my God, my ewige Heer, wat wens jou liewe suiwere hart van my!"
[7] `n Bietjie oorbluf deur die glans en die majesteit van die hemelbode sê Jarah: "Ja, ja, ja goed, die Heer, wat u hier sien, sê vir my dat elkeen van u soveel wondermagte het, en dat ek my daarvan maar moet oortuig deur `n proefneming. Maar wat kan ek u nou as proef gee as ek niks meer weet as wat ek eers in die paar dae van die Heer Jesus gehoor het nie?!"
[8] Die engel sê: "Luister, mooie hemelse blom, ek sal jou in die Naam van JaHWeH dadelik uit die verleentheid help! Kyk daar benede lê die uitgestrekte en diepe see van Galiléa! Wat sou jy daarvan sê as ek haar sou ophef uit haar groot en diepe bekken, en dan in die vorm van `n groot waterbol vry in die lug ongeveer vir `n uur lank tasbaar en sigbaar sou ophang?"
[9] Jarah sê: "Dit sou weliswaar verskriklik wonderbaarlik wees; maar waar sou die liewe visse gedurende die tyd bly en ook die talle skepe, wat ten dele langs die oewers lê en dikwels ook op see rondvaar?"
[10] Die engel sê: "Ek sal daarvoor sorg dat daar geen vis en ook geen enkele boot beskadig word nie! As jy die aangebode proef wil sien, sal die voorgestelde oombliklik voor jou sweef!"
[11] Jarah sê: "Ja, as geen wese daarby skade gaan opdoen nie, dan mag jy dit wel doen!"
[12] Die engel sê: "Kyk agter jou! Die see is leeg en tot op die laaste druppel sweef al haar water nou vry in die lug, goed sigbaar vir jou oë!"
[13] Jarah wou na benede in die diepte kyk, maar stoot met haar voorhoof dadelik teen die koue, natte wand van die vlak naas die rotswand vry swewende waterbol, wat `n totale deursnee van ongeveer vierduisend klafter het. Toe sy dit sien, vra sy hom heel beteuterd: "Maar hoe, om JaHWeH se ontwil, kon u so iets in so `n nouliks denkbare kort oomblik gedoen het? En is die see nou wel regtig heeltemal sonder water?"
[14] Die engel sê: "Jarah, kom saam met my en oortuig jouself!"
[15] Jarah sê: "Hoe kan dit gedoen word?"
[16] Die engel sê: "As dit vir my moontlik was om die swaar massa water in `n oomblik op te hef, dan sal dit vir my tog ook moontlik wees om jou bliksemsnel na benede op die laagste deel van die seebodem te stel, en dan net so gou weer terug te bring! Maar jy moet dit wil, anders kan ek niks doen nie, want ons het meer ontsag vir één vonkie van die vryheid van die menslike wil as vir al ons krag en mag wat deur God aan ons verleen is! Daarom moet jy eerste wil en ek sal daarvolgens handel!"
[17] Jarah sê: "Nou goed dan, oortuig my!"
[18] Oombliklik staan hulle op die kurkdroë diepste deel van die see, en die engel raap `n pragtige pêrelmossel op en gee dit aan Jarah ter herinnering en ter lering van alle ander, wat liggaamlik wel vas geslaap het, maar alles in `n droom te siene kry.
[19] Nadat Jarah die mossel in die ruim sak van haar romp geplaas het, vra die engel vir haar: "Glo jy nou dat al die water van hierdie see hulle in die groot bol bevind wat bo ons sweef, en dat die uitgestrekte seebedding heeltemal droog is?"
[20] Jarah sê: "Ja, ja, ek sou u sonder dit ook wel geglo het! Maar bring my nou maar weer vinnig na bo by die Heer, want sonder Hom sterf ek sommer dadelik!"
[21] Nouliks was die laaste woord uitgespreek of die liewe Jarah staan weer langs My op die top van die berg, en Ek vra haar hoe dit haar geval en wat haar mening daaroor was.
[22] Jarah sê: "Heer, dat U alles kan, is maar al te goed aan my bekend, maar hoe in en deur U wil ook die wil van die engel so magtig kan wees, dit sal die engel self wel nie verstaan nie, laat staan dat ek U daaroor iets sou kon vertel! Dit is buitengewoon wonderbaarlik, maar verstaan kan ek dit nie!"
[23] Ek sê: "Dit is `n baie goeie en `n baie korrekte antwoord, maar in jou eie hart sal jy mettertyd ook wel vind hoe God sulke dinge kan. - Hoe geval die engel jou origens?"
|
|
|
|
|