|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 21
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Cyrenius en die tempeldienaars
21 Cyrenius sê: "Het julle gehoor hoe een wat uit die dood opgestaan het julle van nog erger dinge beskuldig as van roof en moord? Wat moet ek nou na hierdie baie ernstige beskuldiging met julle doen? Aan die kruis hang sal te gering wees! Julle tot op die gebeente `n hele dag lank laat gésel en dan die koppe laat afslaan, sou ook heeltemal te sagkens wees! Maar ek weet al wat ek sal doen, en julle sal julle nie oor my hoef te bekla nie!" - Toe Cyrenius hulle so aanspreek, word hulle almal wasbleek en begin ontsettend te kla en te smeek.
[2] Maar Cyrenius vra My heimlik of hy werklik die boosdoeners nog moet straf, naas die vonnis om ewig te moet swyg oor alles wat gebeur het.
[3] Ek sê: "Vaardig slegs die vonnis uit met daarby `n ernstige dreigement dat dit by die eerste en beste oortreding uitgevoer sal word! Laat hulle dan gaan!"
[4] Cyrenius stap na vore, gebied stilte en sê dan: "Luister na my, julle booswigte! Dat ek julle nie almal opslag die woestyn laat injaag, en daar op die afgrondsrotse laat sit en die oë laat uitsteek nie, het julle slegs maar te danke aan Hom vir wie julle ter wille van die heilige waarheid, wat Hy teen julle gespreek het, wou stenig! Maar hy wat dit waag om maar met net één woord iets aan te dui van wat hier voorgeval het, hetsy mondelings, skriftelik, deur gebare, gelaatsuitdrukkings of handbewegings, sal onverbiddelik die strengste straf ondergaan!
[5] Ook sal ek dit nie ongestraf laat as ek merk dat julle die volk kwel met onwettige afpersing, en dat julle die goddelike waarheid vervolg vanweë julle skandelike, selfsugtige voorskrifte nie! Leer vir die volk God en Sy wette en volg Hom, dan sal julle net so in aansien wees soos hierdie goddelike man, Jesus, wat beslis geen nuwe, maar slegs die oeroue leer van God verkondig aan die volk wat deur julle in hul diepste nag gedompel is. Hy is die Een wat dit die maklikste en die beste kan doen, omdat Hy – vir wie julle nie verstaan nie, maar wat ek, wat julle `n heiden noem, heel goed verstaan - in die gees dieselfde Een is wat, volgens julle leer, ongeveer duisend jaar gelede aan Moses op die berg Sinaï vir julle die wette gegee het! Pas dus maar op om hierdie Heilige te vervolg; want so `n vervolging sou julle tweevoudig die lewe kos, liggaamlik hier en geestelik in die hiernamaals! - Het julle my verstaan?"
[6] Alle betrokkenes antwoord: "Ja, verhewe meester, ons sal alles doen wat u van ons verlang! Maar dit is tog welbekend aan u dat ons mense is en geen gode nie en dat ons baie swakhede het; as iemand dus moontlikerwys tog die een of ander oortreding sou begaan, sal u dan nie, siende dat u self `n mens is, ons ook maar slegs menslik ter verantwoording roep en bestraf nie?!"
[7] Cyrenius sê: "Griekse kooplui en marskramers (handelaars) doen gewoonlik aflate, maar Romeine nooit! Bedink dit goed en handel daarvolgens, dan sal julle geen bekommernis hê nie; want slegs deur harde en onverbiddelike wette word die mens sterk en voorvegters van die orde, eensgesind en vol ywer in die nakoming van die wet!
[8] As `n soldaat nie gehoorsaam sou wees aan die baie harde en onverbiddelike wette nie, dan sou hy `n lafaard wees. En sou `n mens bevel gee om die vyand te agtervolg, te bestry en te oorwin, dan sal dit met die vyand goed gaan - en vir die noodsaaklike beskerming van die vaderland sal dit egter sleg daar uitsien! Maar as die onverbiddelike wet die soldaat elke stap om lewe en dood voorskryf wat hy ten opsigte van die vyand moet doen, dan doen hy dit verseker! Want sou hy dit nie doen nie, dan sou die dood hom inwag; doen hy egter wat hom beveel is, dan is hy nie seker of die vyand hom sal dood nie, en die moontlikheid bestaan dat hy as oorwinnaar en gekroonde held uit die stryd te voorskyn kan kom!
[9] In Rome geld die streng reël: '`n Streng wet maak ook streng en ordeliewende mense.' Daarom is daar dan ook glad nie met ons te onderhandel nie, en elkeen moet, sonder aansiens des persoons, doen wat die wet voorskryf! Nou weet julle hoe ek oor die wet voel. Volg dit na, dan is jy vry onder die wet; doen jy dit egter nie, dan sal die wet jou sonder barmhartigheid oordeel, omdat dit `n wet is.
[10] Die hele aarde en alles wat op en in haar is, bestaan slegs deur die ewige onbuigsaamheid van die wil van God. Sou God ook maar in die geringste met hom laat onderhandel, hoe sou dit dan `n oomblik later met die aarde en met ons almal daar uitsien? Dan vlieg alles uit sy nate!
[11] Net so sou dit met `n volkeregemeenskap as staat gaan; wanneer één wet minder streng toegepas sou word, sou die ander ook hul krag en sterkte verloor, en die groot staatsgebou sal maar al te gou in `n ruïne verander! Daarom wyk ek geen millimeter af van wat ek gesê het nie!"
[12] Na die besliste antwoord van die opperstadhouer trek die oudstes en die fariseërs ontsettend bittere gesigte, en één van hulle spreek asof in `n soort smartlike geestesvervoering: "O Rome, o Rome! Jy is ontsettend hard en moeilik! - JaHWeH! U het U kinders uit die Babiloniese gevangenskap bevry toe hulle boete gedoen en U om hulp gevra het; sal U ons nooit verlos uit hierdie duisendmaal swaarder gevangenskap nie?"-
[13] Ek sê: "As julle bly soos wat julle is en as julle nie radikaal gaan verbeter nie, sal julle nie net ewige onderdane van Rome bly nie, maar eerder opgevreet word soos `n kadawer deur die adelaars! God sal dit nog maar `n kort tydjie duld, daarna sal die harde lot oor julle gewerp word, en dan sal dit met julle gaan soos wat Ek voorheen voorspel het, en mense sal julle vervolg tot aan die einde van die wêreld. - Gaan nou egter en sondig nie meer nie!"
[14] Na hierdie woorde trek hulle almal in hul sykamers terug; maar ons bly in die skool, (sinagoge) waarheen `n groot aantal Násareners alreeds gekom het om die hoë Romeinse menere te sien. Uiteindelik moes ons op die tafels en op die banke gaan staan om nie verdruk te word en om gesien te word deur die kyklustige volk.
|
|
|
|
|