Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die Heer gee voorbeelde van hemel en hel

9 Ek sê: "Let dan goed op, want Ek stel dit hoog op prys dat jy siende na jou huis toe gaan!

[2] Gestel dat in `n huis twee mense woon. Die een is met alles tevrede wat hy in die sweet van sy aanskyn onder God se seën vanuit die aarde ontworstel. Tevrede en opgewek geniet hy van die spaarsame opbrengs van sy vlytigheid, en dit is sy grootste vreugde om met die nog armer broers sy moeisaam verwerfde voorraad te deel. As daar `n honger mens by hom kom, gee dit hom `n vreugdediens om sy honger te stil, en hy vra hom nooit ergerlik na die oorsaak van sy armoede en hy verbied hom nie om terug te kom as hy weer honger sal word nie.

[3] Hy mor nie oor die aardse staatsbestel nie en sê as hy die een of ander belasting moet betaal, net soos Job: 'Heer! U het dit vir my gegee; alles is van U! Wat U gee, kan U altyd weer neem; laat U ewige heilige wil geskied!'

[4] Kortom, niks kan hierdie mens steur in sy opgewektheid, sy liefde en sy vertroue in God nie, en ook nie in die daaruit voortvloeiende liefde tot sy aardse broers nie. Toorn, nyd, rusie, haat en hoogmoed is vreemde begrippe vir hom.

[5] Sy broer is daarenteen `n baie ontevrede mens. Hy glo in geen God nie en sê: 'God is `n leë begrip wat die mense gebruik om die hoogste graad van helde op hierdie aarde aan te dui. In armoede kan slegs die domste mens gelukkig wees, net soos wat die rede*- en redelose diere ook gelukkig is as hulle die bietjie wat hulle in hul stomme en afgestompte, natuurlike drang verlang, verkry. Maar `n mens, wat hom met sy verstand ver bo die dierlike verhef het, moet nie meer met die gewone varkkos tevrede wees nie, en moet nie met sy eie, vir iets beters bestemde hande in die aarde rondgrawe nie, wat slegs bedoel is vir diere en slawe. Hy moet die swaard gryp en hom opwerk tot `n magtige veldheer, en deur triomfpoorte die groot, verowerde wêreldstede binnetrek. Die aarde moet bewe onder die hoefgetrappel van sy perd, oorlaai met goud en edelstene, wat trots die meester van die magtige leërskare dra.

[*`n dier met rede is `n mensagtige wese]

[6] Deur hierdie sienswyse gaan so `n mens sy armsalige bestaan verwens, die armoede in sy hart vervloek en na middele kyk wat vir hom groot skatte en rykdom kan verskaf, om met behulp daarvan sy heerssugtige idees te laat realiseer.

[7] Sy tevrede broer verag hy, en elkeen wat nog armer is, is vir hom `n gruwel. Van barmhartigheid vind `n mens by hom geen teken nie; hy vind dit `n belaglike eienskap van lafhartige slawe en van ape van die samelewing. `n Mens pas slegs grootmoedigheid toe - maar dan wel so weinig as wat moontlik is! As `n arme hom benader, vaar hy teen hom uit met allerlei skeldwoorde en sê: 'Gaan weg, jou lui dier, vraatsugtige monster met die hawelose uiterlike van `n mens! Werk, dier, as jy voedsel wil hê! Gaan na my ontaarde broer, wat wel liggaamlik, maar beslis nie geestelik, by my hoort nie. Hy, wat self `n alledaagse werkesel is, werk vir sy soort en is barmhartig soos `n slaaf van die samelewing! Ek is slegs grootmoedig - en skenk jou nog hierdie een keer jou laag-op-die-grond lewe.'

[8] Kyk nou na hierdie twee broers, kinders van één vader en één moeder, wat saam lewe in één huis. Die eerste is `n engel, die tweede `n byna volmaakte duiwel. Vir die eerste is die armsalige hut `n hemel, vir die tweede is dieselfde hut sonder veranderinge dan ook `n pure hel vol bittere kwellinge. Sien jy nou hoe hemel en hel op één plek kan wees?!

[9] Natuurlik sal jy dink: 'En wat dan nog? Laat die heerssugtige op die troon kom, hy sal heel geskik wees om volke te beskerm en vyande te verslaan!' O ja, dit sal wel moontlik wees! Maar waar is die maatstaf wat hom sal voorskryf hoe ver hy met sy heerssugtige planne mag deurgaan? Wat sal hy met die mense doen wat nie so diep as moontlik vir hom wil buig nie? - Wel, hy sal hulle op die pynlikste manier laat martel en hy sal homself aan `n menselewe selfs minder steur as aan `n vertrapte grashalm! - Wat is so `n mens dan? - Wel, dit is `n duiwel!

[10] Heersers en veldhere moet daar wel wees; maar verstaan goed dat hulle deur God daarvoor uitgekies en geroep word en voorts regstreekse afstammelinge van vroeëre Messias konings moet wees. Dan eers is hy geroep. Maar wee elke een wat sy arme hut verlaat en hom beywer om deur allerlei middele die heerserstaf te verkry! Werklik, dit sou beter was as hy nooit gebore was nie!

[11] Maar Ek sal aan jou nog `n beeld van die hemelryk van God gee. Die hemelryk van God lyk geheel en al soos `n vrugbare bodem, waarop daar langs doringstruike en distels die edelste druiwe groei en ryp word - en tog groei hulle in één en dieselfde vrugbare bodem! Die verskil lê slegs in die gebruik daarvan: Die wynstok maak daar iets goeds van, die doringstruik en die distel egter iets slegs daarvan, iets wat nutteloos is en deur geen mens geniet kan word nie.

[12] So stroom die hemel sowel in die duiwel asook in God se engele; maar elkeen gebruik dit anders! –

[13] Ook is die hemel te vergelyk met `n vrugteboom wat `n goeie, soet oes dra. Daar kom matige mense onder sy rykgeseënde takke wat die vrugte wil eet. Hulle eet onder danksegging slegs soveel as wat hulle nodig het. Ander mense egter, as die vrug goed smaak, wil niks aan die boom laat sit nie, maar eet alles uit naywer op, sodat die gematigdes niks meer kan vind nie, en hulle eet totdat die laaste appel op is. Daarna word hulle egter siek en sterf, terwyl die gematigdes deur die matige gebruik van die vrugte van die boom heel goed en versadig voel! En tog het beide partye van dieselfde boom geëet!

[14] So is die hemel ook `n goeie wyn, wat die matige versterk, die onmatige egter ten gronde rig en dood; en so word één en dieselfde wyn vir een die hemel en vir `n ander, die ergste hel - en tog kom dit uit dieselfde sak! –

[15] Sê My, vriend, of jy nou verstaan wat die hemel en die hel is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205