|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 233
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Oor die weet
233 Cyrenius sê: "Ja, Majesteit en Heer, die geheel is vir my nou so duidelik as wat dit nog maar vir ‘n dom gees in sy aardse bestaan duidelik kan wees. Dat ek verder nog menige ding en selfs nog baie sou kon vra, is verseker; maar ek sien nou goed in dat te veel kennis die mens geen goed doen nie, want hy sal wel daardeur `n wyse mens, maar geen besonder aktiewe mens word nie.
[2] `n Mens wat te veel wysheid besit, kom vir my voor as `n skatryk aardse man wat in alles versorg is. Waarom sou hy die aarde nog bewerk, waarvoor die osse voor die ploeg span? Sy skure en opslagplekke is tog tot aan die nok gevul, sy kelders is vol van die beste wyn, en sy vertrekke peul uit van goud, silwer, groot pêrels en kosbare edelgesteentes. Hy sien dat verdere moeite om die aarde te verbou, dwaasheid en sotterny sou wees; daarom gaan hy rus en hy geniet sorgeloos van sy groot rykdomme.
[3] En, soos gesê, `n baie wyse kan en moet uiteindelik dieselfde doen. Die nog onwetende soek en ondersoek en het baie vreugde as hy `n nuwe waarheid vind; die baie wyse kan egter nie baie meer ontdek nie, en het daarom uit die aard van die saak traag geword, terwyl `n leerling in die een of ander tak van wysheid vlytig is en byna dag en nag soek om oor `n ietwat meer as gewone verborge saak, indien moontlik, alles te wete te kom. Daarom weet ek nou in hierdie sfeer genoeg. Wat my egter nog ontbreek, dit sal my dan ook steeds bly besig hou. - Het ek gelyk of nie?"
[4] Ek sê: "Te veel en te min het weinig waarde, maar iets wat te veel is, is altyd tog beter as iets wat te min is; want wie oorvloed het, kan baie maklik daarvan gee vir die wat tekort het, en dit sal hulle altyd goed te pas kom. Wie egter te min het, sal met die meedeel sekerlik nie so rojaal wees nie. Daarom is iets te veel by die ware wysheid altyd beter as iets te min. Maar Ek sê vir julle: Dit sou selfs vir geen engel goed wees as hy net soos God alwetend sou wees nie!
[5] Maar daarvoor het God ook reeds gesorg; want net so min as wat `n gees ooit die hele oneindigheid net soos God self sal kan vervul, net so min sal die wysheid van `n nog so volmaakte gees ooit al die dieptes van die goddelike wysheid kan ontdek en bevat. - Verstaan jy dit ook?"
[6] Cyrenius sê: "O ja, dit verstaan ek, en dit was al van ouds af `n wyse spreuk by ons Romeine, en ook algemeen gebruik by die Grieke en Egiptenare, en die spreuk lui kortliks as volg: ‘Quod licet Jovi, non licet bovi’. (wat Jupiter kan doen, kan geen os doen nie; want wat die een mag doen, veroorloof daarom nie die ander een nie), en ek dink dat hierdie spreuk, hoewel `n besit van die heidene, soos wat hulle deur die Israeliete genoem word, hier ook goed op sy plek is.
[7] Teenoor God sal mens en engel ewig osse bly, en dit is ook goed so, want ek in elk geval, sou `n te groot wysheid nie kon bevat nie. Die aard van die saak maak dat elke geskape wese uiteindelik alle begeerte tot lewe sou verloor as daar in die hele oneindigheid niks meer sou wees wat vir die mensegees nie net so duidelik en bekend sou wees as die vertrekke van `n woonhuis vir die huismeester nie.
[8] Daarom is dit baie goed en wys so deur JaHWeH ingerig dat selfs ook die mees volmaakte geskape gees in al sy wysheid, die wysheid van God geen haarbreedte sal en kan benader nie, want wat oneindig is, kan nooit deur die eindigheid bereik word nie!
[9] Maar ons hou nou daaroor op; want dit sou nutteloos wees om nog meer woorde daaraan te verspil omdat daar nog baie ander dinge is waaroor ons uitleg sou wou kry, as die vasstel van `n maatstaf waarmee die swakke mensegees die goddelike wysheid sou kon meet. Die liefde is duidelik belangriker as alle nog so belangrike wysheid van mense en geeste.
[10] U het vroeër gesê dat `n mens die ou litteken van die siel heeltemal sou kon genees deur die nuwe wet van die naasteliefde en hom daardeur sou kon vrymaak van die ou erfsonde. Dan sou die volle bewussyn van die ware ewige lewe in die mens weer met alle krag en helderheid terugkom. Dit sou vir die mense op hierdie aarde wel die grootste wins wees, want alleen daardeur sou die mens heeltemal mens kan wees en sou hy op hierdie aarde al tydens sy aardse lewe beslis groot en glansryke dinge kon doen.
[11] Die arme mensdom se steeds kwellende gevoel oor die sekere dood en die gepaardgaande verdwyning van die lewenstoneel laat die mens uiteindelik alle moed vir `n hoëre daad verloor, tensy hy homself in alle dwase wêreldse vermaaklikhede stort, om daardeur die gedagte aan die toekomstige sekere dood te verjaag en so die verganklike lewe te geniet asof dit `n ewige lewe sou wees. Daarom is dit baie belangrik om die mens so 'n gebod te gee, sodat hy, deur hom daarby te hou, die paradys wat eenmaal deur Adam verlore geraak het weer in homself kan terugvind en vir ewig kan behou. Die gebod van die egte en ware naasteliefde moet weer vir ons die verlorene terugbring.
[12] Maar dan kom die vraag op hoe `n mens so `n uiters belangrike gebod volgens die orde van God moet hou om daardeur die groot, deur U beloofde doel - sê maar - volkome, en nie halfpad nie, maar heeltemal te bereik."
[13] Ek sê: "Dit is `n baie goeie en korrekte opmerking van jou, en Ek sal jou `n eksakte antwoord daarop gee; maar eers sal ons ook gou luister na watter idees ons ou gasheer, Markus, het oor die naaste wat `n mens volkome moet liefhê. Daarna sal Ek gou aan julle die volledige en korrekte antwoord gee met die goeie uitleg daarby. En sê ons dus, liewe Markus, wie `n mens volgens jou mening nou egter as sy naaste moet beskou en daadwerklik alle liefde moet bewys!"
|
|
|
|
|