Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Skeiding van lig en duisternis

221 "Maar nou kom daar iets wat eintlik moeiliker te verstaan is as die voorafgaande. Want daar staan verder: 'Toe skei God die lig van die duisternis en noem die lig dag en die duisternis nag.' Dit word egter makliker verstaanbaar as jy in plek van die twee deur Moses gebruikte algemene begrippe, die ooreenkomstige meer besondere neem, soos - in plaas van dag: die reeds selfstandige lewe en vir die nag: die dood, of vir die dag: die vryheid en vir die nag: die oordeel, of vir die dag: die selfstandigheid en vir die nag: die gebondenheid, of vir die dag: die homself reeds kennende liefdeslewe van die goddelike gees in die nuwe skepsel en vir die nag: die gedagtes en idees van God wat nog geen lewe het nie.

[2] Hierdie orde vind julle ook weer terug in elke plant, by wie jy tot en met die vrugvorming nog niks anders vind as die nag of die aasende dood nie, waar die Gees van God nog, vir die voorbereidende vormgewing van die lewedraende materie, oor die waters van die duistere dieptes sweef. As die ondergrond egter eenmaal in so verre vas is dat by die koringaar van die skepping die laaste ring onder die aar gemaak kan word, en die eintlike egte geestelike lewe begin om homself selfstandig te manifesteer en te voel en homself deur `n helder selfbewussyn begin te verstaan, te herken en te verstaan, dan vind daar duidelik `n deling plaas. Dit is dan die skeiding van die lig en die duisternis, van die vrye lewe en die lewe onder die oordeel, of eintlik van die onverwoesbare lewe en die lewe wat verwoes kan word onder die oordeel, en wat te vergelyk is met die dood onder die algemene, allesomvattende begrip 'nag'.

[3] En vervolgens staan daar: 'Toe ontstaan uit aand en oggend die eerste dag.' Wat is die 'aand', en wat is hier die 'oggend'? - Die aand is hier die toestand waarin die voorwaarde vir die uiteindelike opname van die liefdeslewe uit God deur die invloed van die almagtige wil van God vasgestel kan word en gaan posvat, soos die op sigselfstaande gedagtes en begrippe vir `n idee. As hierdie eenmaal uitgegroei het tot aan die laaste ring onder die vrugaar, dan eindig die werk van die aand, en begin die vrye en selfstandige werksaamheid vir die eie vorming in die vrug. Soos wat die mense nou die oorgang van die nag na die dag die oggend noem, so word daarmee ooreenkomstig die oorgang van die voorafgaande geoordeelde, onvrye toestand van die skepsel na ’n vrye, selfstandige toestand, óók oggend genoem. Dus, Moses het regtig geen fout teen die logika gemaak toe hy uit die aand en die oggend die eerste en alle daaropvolgende dae laat ontstaan nie!

[4] Dat Moses ses sulke dae uit die aand en die oggend laat ontstaan het, kom omdat uit sorgvuldige bestudering en ondersoek blyk dat elke ding vanaf sy oerbegin tot aan sy vasgestelde voleinding, steeds op die weg van één en dieselfde goddelike orde hierdie ses periodes moet deurmaak, totdat hy die toestand bereik, wat voorlopig bepaald is net soos `n oorryp koringaar aan die afgestorwe halm.

[5] Die saadlegging in die aarde tot aan die ontkieming: eerste dag; dan die vorming van halm, wortels en die skutblare: tweede dag; die vorming van die laaste ring vlak onder die daaropvolgende aanset van die begin van aarvorming: derde dag; dan die vorm en inrigting van huls-vormige vate as bruidsvertrek vir die ontvangs en die verwekking van die vrye, selfstandige lewe, waartoe ook die bloeiwyse gereken moet word: vierde dag; dan die afval van die blomme, die ontstaan van die eintlik al `n vry lewe draende vrug en sy vrye aktiwiteit - hoewel nog samehangend met die vroeëre onvrye toestande, waaruit nog `n deel van die voedsel vir die vorm van die omhulsels geneem word, hoewel vanaf daardie punt die hoofvoedsel uit die hemele van die lig en van die ware lewenswarmte geneem word - tot by die volledige vorming van die vrug: vyfde dag; uiteindelik die volkome losmaak van die in die huls rypgeworde vrug, waarin die kern dan, slegs om haar te beveilig, selfstandig die rein kos van die hemel verlang, aanneem en haar daarmee versadig vir die vrye, ewig onverwoesbare lewe: sesde en laaste dag vir die vorming en volledig vry-word van die lewe.

[6] Op die sewende dag begin dan die rus, en dit is die toestand van die nou gereed synde, algeheel rype en vir die ewigheid duursame uit die vroeëre toestande gekonsolideerde lewe, op dieselfde wyse as God toegerus."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205