Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Essensie, lewe en werk van die natuurgeeste

64 Cyrenius is tevrede gestel, maar in sy plek staan Kisjonah nou op en vra My of hy ook `n vraag mag stel oor `n reëling wat deur My getref was en wat nie vir hom duidelik is nie.

[2] Ek sê: "Praat, vriend van vriend en vyand!"

[3] Kisjonah sê: "Wel, toe ons die oorblywende deel uit die grot in my berge gaan uithaal het, het U versoek dat daar voldoende brood en wyn saamgeneem moes word omdat ons daar baie hongeriges en dorstiges sou aantref! Daarop laat ek dadelik `n groot hoeveelheid brood en wyn saamneem en wag toe by en in die grot tot daar iemand sou kom wat die brood en wyn nodig sou hê! Maar, Heer, daar het niemand gekom aan wie ek die saamgeneemde kon gee nie!

[4] Toe ons egter by die grot uitkom, wat U deur U mag in ArkiEl vir ewig laat afsluit het, was ons sonder brood en wyn, en geeneen van die draers kon my vertel wie die brood en die wyn van hulle afgeneem het nie. Ek het dit in die grot en ook daarbuite tydens die wonderlike oomblik nie gesien nie. `n Dag later, toe U Kis verlaat, praat my hele huis natuurlik slegs maar oor U, en - soos wat dit met mense gaan, veral by sulke wonderbaarlike gebeurtenisse - word daar ten minste dubbel soveel dade vertel as wat ek geweet het wat U verrig het! Baie van die dade wat vertel was, wat die mense beweer dat hulle U dit gesien doen het, laat ek deur die vertellers terugtrek en verklaar dit as `n uiting van hulle verhitte fantasie en tot vrome leuens. Maar die verhaal oor die verdwyning van die saamgeneemde brood en die wyn het selfs vir my ernstig aan die dink gesit, want ek kon my regtig nie herinner wat daar met die baie saamgeneemde brood en die wyn gebeur het nie, want ons het niks daarvan gebruik nie."

[5] Ek sê: "Ek het wel geweet dat jy nog na My toe sou terugkom, maar dit is egter nie so ingewikkeld as wat jy jou dit voorstel nie. Maar omdat jy nou eenmaal gekom het om ook daaroor klarigheid te kry, sal Ek die saak tog vir jou ophelder en verduidelik. Luister dus:

[6] Daar is in die berge net soos in die lug, net so ook in die aarde, in die water en in die vuur, bepaalde natuurgeeste wat nog nie in `n vleeslike liggaam geleef het omdat die geleentheid, waarby hulle tydens `n menslike geslagsdaad die weg sou kon vind om deur die liggaam van `n vrou in die vlees op die wêreld te kom, hom nog nie voorgedoen het nie. In alle elemente is daar nog massas van sulke ongebore siele voorhande.

[7] Nou is daar in die berge inwonende natuurgeeste uit die lug wat meer vastigheid opgeneem het. Hulle het nie so `n besondere behoefte om in die vlees verwek en dan vleeslik uit `n vrou gebore te word nie; hulle bly liewer, as hulle `n redelike goeie intelligensie besit, so lank moontlik in hul vrye, ongebonde toestand. Hulle het selfs `n gevoel vir regverdigheid en hulle vrees God se Gees, waarvan hulle dikwels `n taamlik duidelike begrip het, dit wil sê altyd maar net `n paar uit hul midde wat al oud geword het. Die jonger opgeneemde geeste in die geselskap is gewoonlik nog baie duister en dikwels ook kwaadaardig en sou baie kwaad kon aanrig as hulle nie deur die oueres in toom gehou word nie. Hul vernaamste taak is die omvorming van allerlei metale in die berge, om dit te orden en om dit in die splete en gange van die berge te laat groei.

[8] Sulke geeste gebruik soms ook voedsel uit die natuur, en wel uit die planteryk. Dit doen hulle in die berggebied by die verrigting van swaar werk tydens die omvorming van die rotse, by die losslaan van `n groot deel van die berge, by die leegskepping van inwendige, ondergrondse gate wat te veel water bevat en meer soortgelyke werk waarmee hierdie geeste dikwels oorlaai word. Die bedoeling daarvan is dat hulle deur die baie werk hul liefde vir die berge sal verloor en in die vlees verwek sou wil word, omdat veral van nou af geen gees die volle, lewende vrye saligheid sal kan bereik as hy nie die weg van die vlees deurgemaak het nie.

[9] Hierdie geeste, My beste Kisjonah, en spesifiek hulle wat vir jou berge sorg, het met die afsluiting van die groot grot baie swaar werk gehad om te doen en moes daarvoor met brood en wyn versterk word! Kyk, dis wat Ek bedoel het toe Ek gesê het: 'Ons sal `n groot aantal hongeriges en dorstiges aantref, wat aan so `n versterking behoefte sal hê!' Alles is toe ook opgeëet, en vervolgens is al die baie swaar werk tot op die laaste puntjies uitgevoer op bevel van My engel. Dit is die volledige antwoord op jou vraag. - Het jy dit goed verstaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205