Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die wyse toespraak van Jarah

194 Toe sê die oue Markus: "Majesteit en Heer van alle wêreldse meesters! Vroeër het U aan my gesê dat ek vandag nog iets baie belangriks oor die bestemming van die mens sou verneem en ook die Ryk van God sou leer ken. Ja, waarlik en baie wonderbaarlik! Ek het nou op hierdie dag meer gehoor, gesien en beleef as tydens my hele lewe. Daarom vind ek dat U voorspelling algeheel uitgekom het, en ek sal nou alles daaraan doen sodat ook ons ledemate nie ontevrede sal gaan rus nie."

[2] Ek sê: "Ja, ja, kyk jy maar eers of die kokkinne al klaar is met hul kuns! Na die maaltyd sal daar nog baie gebeur wat jou nog meer in die Ryk van God sal inwy."

[3] Markus sê: "Maar Heer, wat is daar dan met die liewe meisie wat U nog steeds vashou, en U bors met trane natmaak; is sy miskien van plan om U glad nie weer los te laat nie?!"

[4] Ek sê: "Vra dit maar aan die meisie, sy sal jou nie `n antwoord skuldig bly nie!"

[5] Markus vra dit nou aan die hemels smagtende Jarah.

[6] Jarah rig haar egter dadelik op en sê: "Luister nou, beste oue vriend! Wie Hom eenmaal vas het, mag Hom nooit weer loslaat nie; want laat hy Hom los, dan het hy daarmee ook sy ewige lewe losgelaat en dit daardeur vir altyd verloor. Dit wat ek liggaamlik doen, dit moet julle almal in julle harte doen, soos wat ek dit ook merendeels in my hart doen!

[7] Wie sy lewe liefhet, maar die Heer van die lewe, dikwels ligsinnig genoeg ter wille van die wêreld, laat vaar, sal sy lewe verloor omdat hy die Heer van die lewe verloor het. Maar wie sy lewe nie ag nie, en slegs maar dit in sy hart 'lewe' noem, wat bestaan uit `n lewe slegs vir die Heer van alle lewe, dié sal die lewe vir ewig behou, ook al sterf hy liggaamlik wel `n duisendmaal!

[8] Kyk, ek het die Heer toe Hy na ons toe kom, die eerste in my hart herken en ek hou bo alles van Hom, ja, as Hy nou van my sou verlang om vir Hom te sterwe, sou die dood `n verkwikking vir my wees! Want ek weet en voel duidelik dat die liefde tot Hom nooit in der ewigheid kan sterwe nie, omdat dit vir haar onmoontlik is om `n sonde te begaan, en dit is die egte dood van die siel. As die siel van die mens egter dood is, dan is ook die hele mens dood. Bedink dit wel, oue man, want ek kom uit die skool van die hemel, wat die Liefde en die Waarheid en die Lewe is. Wat ek nou vir jou gesê het, is `n hemelse les, en jy behoort haar daarom goed in jou op te neem!"

[9] Toe die ou Markus Jarah so hoor praat, sê hy, geheel vervul van `n hoëre besieling: "O kind uit die hemele, veels te goed en te suiwer vir hierdie bedorwe aarde! Waarlik, as die Heer my huis weer sal verlaat, kom ek na jou toe om hemelse Wysheid te leer! O, wat `n verskil tussen jou en my dogters! Jy is al `n son, en my dogters is nouliks `n weerkaatsing van die groot hemellig in `n baie klein doudruppeltjie! O Ebahl, hoe geseënd is jy tog om die vader van so `n engel te wees!"

[10] Daarby rol trane uit die geluksalige oë van die oue Markus, en hy gaan vinnig na die kombuis om na die aandete te kyk, en vertel aan sy dogters watter les hy van die meisie uit Genésaret gekry het. Die dogters is verbaas en vra hom of hy hul na die maaltyd geleentheid sou wil gee om `n bietjie met so `n hemelse kind te mag gesels.

[11] Daaroor was Markus baie bly en hy beloof hul om daarvoor te sorg, hulle moes egter voortgaan met die klaarmaak van die aandete. En die dogters sê: "Vader, binne `n kwartier is alles gereed!"

[12] Daarop gaan Markus die kombuis weer uit en gee die seuns opdrag om vars wyn en brood op die tafels van die huis te stel, en om ook daarvoor te sorg dat daar genoeg lig is. Op die tafels moet `n aantal goedgevulde lampe brand, en die ander ruimte van die hof moet gedurende die hele nag heeltemal verlig word met vissersfakkels! - Dit word alles gou gedoen en toe dit donker geword het, brand daar al op al die tafels `n aantal lampe, en die genoemde vissersfakkels verlig die taamlik uitgestrekte hof. Gou daarna word heerlik bereide voedsel op die tafels geplaas, soos goed voorbereide visse, brood, wyn en allerlei vrugte.

[13] Vóór die ete dra Jarah `n Psalm van Dawid voor en vra My daarna om die spys en drank te seën; en Ek doen dit, en ons gaan almal daarna aan die tafels sit, eet heel opgewek die voortgesette voedsel en word vrolik onder die matige genot van die wyn. Ek sit tussen Cyrenius en die lieflike Jarah; Cyrenius sit links van My en Jarah regs; naas Jarah sit haar Rafael en daar teenoor die ou Markus. Dit val op hoe Rafael die voedsel eet; want as Rafael `n vis of `n stuk brood, `n stuk vrugte of `n beker wyn na sy mond bring, verdwyn alles vóór sy mond, en Markus sien die jongman nóg kou, nóg die ete insluk.

[14] Josoë, die aangenome seun van Cyrenius, wat direk langs Cyrenius gesit het, merk die stille verwondering van die ou Markus en sê: "Ou krygsman Markus! Wat vind jy so mooi aan leraar Rafael dat jy jou oë haas nie van hom kan afwend nie?"

[15] Die oue sê: "Ja, verhewe seun van my meester en gebieder, dit is iets baie vreemds! Hierdie jongman bring spys en drank na sy mond, open sy mond nie, kou nie en sluk niks deur nie, maar die voedsel verdwyn voor sy mond! Hoe kan dit wees? Hoe gebeur dit? Dit is alweer `n wonderwerk! Watter betekenis moet ek daaraan heg?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205