|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 122
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die toets van die fariseërs
122 Toe almal ontwaak, terwyl die son die toppe van die berge al begin te beskyn, verwonder elkeen hom oor die versterkende slaap. Ebahl gee dadelik sy vroue opdrag om vir `n vars en goed toebereide ontbyt te sorg, en die vroue, met die oudste dogters, haas hulle en bring dadelik `n ryklik en goeie môremaal, wat hulle baie maklik kon doen omdat hul voorraadkamers van bo tot onder volgeprop was.
[2] Die fariseërs het in die eetsaal aan hul tafel alle plekke al beset, sodat daar verder aan hul tafel niemand meer kon plaasneem nie, en Ebahl laat die ontbyt ook dadelik aan hulle opdis, bestaande uit brood, wyn, `n paar gebraaide visse en heuningwas. Net nadat hulle klaar was, laat Ebahl `n ander groot tafel dek wat vir My, My leerlinge, die hoofman en vir Ebahl en sy vroue en kinders, bestem was.
[3] Voordat Ek egter die saal binnegaan, laat Ek deur Ebahl al die wagtende siekes na die groot ontspanningskamer bring en aan hulle sê Ek dat hulle slegs My oorkleed moes aanraak en dan sou hulle dadelik gesond word. - Ebahl gaan en voer My opdrag uit.
[4] Daarna gaan Ek met die hoofman, My leerlinge en die kleine Jarah, wat geen tree van My sy afgewyk het nie, die eetsaal binne en neem My plek aan tafel in sonder om met My binnekoms `n fariseër aan te kyk of ook maar te groet, waaraan hulle baie waarde heg.
[5] Terwyl Ek, die hoofman en die leerlinge al aan tafel sit, kom so `n tweehonderd siekes die eetsaal binne en vra My of hulle die soom van My oorkleed mag aanraak. En Ek staan hulle die versoek toe, om dit te doen terwyl Ek met My leerlinge en die ander die oggendete geniet. Weldra dring almal wat siek was, hulleself in My rigting en raak die buitekant van My opperkleed aan en almal wat dit gedoen het, word gesond. (Matthéüs. 14:36)
[6] Maar die buitengewone jaloerse fariseërs en skrifgeleerdes verskuil hulle agter sommige siekes en sê in die geheim aan hulle: "Raak die bokleed van hierdie Násarener, wat ons nou wel ken, nie aan nie, dan sal julle tog gesond word!" - En diegene wat hulleself so deur die fariseërs laat ompraat en My bokleed nie aangeraak het nie, het siek gebly.
[7] Toe hulle dit egter opmerk, kom hulle na My toe terug en smeek My of hulle My bokleed mag aanraak. Maar Ek verbied hulle en sê: "Het julle vir My of het julle vir die fariseërs hierheen gekom, wat julle afgeraai het om My bokleed aan te raak? Hulle vir wie julle geglo het, moet julle ook help; gaan maar daarheen!"
[8] Dit kon die fariseërs natuurlik baie goed hoor en hulle word heeltemal rooi van woede. Dadelik daarna kom hulle na My toe en hul owerste sê aan My: "U is dus die Een vir wie ons van Jerusalem na Násaret moes gaan?"
[9] Ek gee die owerste geen antwoord op sy vraag nie, slegs die hoofman, wat by My - dit wil sê aan My regterhand - aan tafel sit, sê met `n donderende stem: "Ja, Hierdie is die Een wie se aangesig julle ellendelinge nie werd is om te aanskou nie! Waarom het julle hierdie arme mense afgeraai om Sy kleed aan te raak, sodat hulle nie ook net soos hulle metgeselle gesond kon geword het nie? Ellendige honde, het julle op die wêreld werklik niks anders te versin as om mense ongelukkig te maak as daar maar êrens `n geleentheid hom voordoen nie?!"
[10] Nou gee Ek die hoofman `n wenk om hom ietwat te kalmeer, omdat daar andersins `n onaangename woordewisseling sou ontstaan.
[11] Die hoofman matig homself, maar dring daarom by die owerste tog streng aan om hom die presiese rede te gee waarom hy die paar siekes teëgehou het om die bokleed van die goddelike Heer aan te raak, sodat hulle net soos die ander ook gesond kon word.
[12] Toe sê die owerste, `n bietjie verleë: "Ons wou ons slegs daarvan oortuig dat net hulle wat die opperkleed aangeraak het, gesond sou word, en ons lê hulle nou verder niks meer in die weg om dieselfde te doen waardeur hulle gesond kan word nie."
[13] Nou kom hierdie siekes in opstand en sê: "O, as ons nie so siek, ellendig en swak was nie, dan sou ons julle nou julle loon gegee het vir julle toets, of ons ook sonder aanraking van die bokleed van die goddelike Verlosser gesond sou word. Dit sou julle dan `n ewigheid lank kon verheug, maar uitstel is geen afstel!' Met die hulp van God sal ons nog wel eendag gesond word en as ons julle dan êrens teëkom, let dan maar eers op watter sake ons met julle sal uitprobeer!"
[14] Maar Ek sê aan die siekes: "Wraak moet julle uit julle harte weer! As julle wil dat Ek julle genees, ban dan alle toorn en alle wraak uit julle hart uit!"
[15] Toe sê die siekes: "Heer, vir U doen ons alles wat U ook maar van ons sal verlang, maar bevry ons onnoseles, want ons ly!"
[16] Ek sê: "Kom dan maar en raak My kleed aan!"
[17] Toe kom die siekes, raak die soom van My bokleed aan en word almal meteens volkome gesond.
[18] En die hoofman sê, baie opgewonde: "Nou, blinde sieners uit die sogenaamde heilige stad van God, is julle nou daarvan oortuig dat die Man waaroor julle so ontsettend sleg ingelig is, en waarvoor julle uit julle pad gegaan het om `n ondersoek na Hom in te stel en Hom te vang, die slegte Mens is wat julle gister aan my beskryf het?"
[19] Die owerste en ook die ander fariseërs sê: "Dat daar van Hom `n buitengewone geneeskrag uitgaan, daarvan het ons onsself nou meer as voldoende oortuig, maar daaruit volg dit nog lank nie dat Hy dit deur `n soort goddelike krag gedoen het nie, want ons sien by Hom en by hulle wat met Hom aan tafel sit, dat Hy Hom nie by die reëls van die oudstes hou nie, - en in so `n geval kan daar van goddelikheid nog lank geen sprake wees nie!"
[20] Die hoofman sê: "Dit verstaan ek nie, praat met Hom maar daaroor!"
|
|
|
|
|