Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Daar kan `n einde aan die geduld kom

121 Die fariseërs, wat voor My uit Jerusalem hierheen gekom het, en wat ons vriend (die hoofman) op so `n wyse manier die skrik op die lyf gejaag het, sal My môre behoorlik lastig val as hulle My eenmaal herken het. Maar Ek sal hulle vir die eerste maal helder wyn skink, dit wil sê, Ek sal hulle onomwonde die volle waarheid vertel.

[2] Die siekes, wat hier is en nog sal kom, hoef slegs maar die soom van My oorkleed aan te raak - dan sal hulle gesond word. My leerlinge sal vervolgens die oggendbrood met ongewasde hande eet, en dit sal voldoende wees om hierdie egte oerbekrompe fariseërs en skrifgeleerdes volledig die harnas in te jaag. Dan sal hulle dadelik met hul gebruiklike strikvrae kom, en Ek sal aan hulle `n antwoord gee wat hulle nog baie suurder en bitterder sal laat lyk as asyn en gal, `n bekende drank waarmee hulle die dors van die arme sondaars stil. - Maar nou sal ons die paar ure tot die aanbreek van die dag swyend deurbring.

[3] My leerlinge, eweas hul twee Esseners en `n aantal fariseërs en skrifgeleerdes, het nou gaan slaap en het goeie werk gedoen, want hulle het hulle almal vir My gewen. Twee jong fariseërs, Pilah en Agab, die eerste uit Kis en die laaste uit Jesaira, beide baie goeie sprekers en tewens nugtere, verstandige mense, behoort egter al `n lang tyd tot My leerlinge. Hierdie twee, wat gistermôre hier aangekom het, het hulle dadelik weer by My leerlinge gevoeg, en hulle by hul bekeringswerk goed ondersteun. Want My leerlinge, op drie na almal vissers, was nog geen gladde sprekers nie, en daarom verleen beide jong fariseërs hulle goeie dienste.

[4] Ek sê: “Ebahl, gaan jy na hulle toe en sê vir die leerlinge dat hulle môre met ongewasde hande die oggendbrood moet eet, en die ander bekeerde fariseërs en skrifgeleerdes, en die twee Esseners moet hulle solank verborge hou tot die fariseërs uit Jerusalem vertrek het, net daarna kan hulle te voorskyn kom, en sal Ek hulle seën. As hulle hulleself daarna wil omklee en by My wil bly, of uiterlik voor die mense bly wat hulle tot op hede was, staan dit hulle volkome vry. Gaan en dra dit oor aan die leerlinge en die ander - jy weet wel wie!" - Ebahl gaan dadelik weg en voer alles presies so uit soos Ek dit aan hom opgedra het. Almal verheug hulleself oor die berig en belowe om hulleself heel presies te hou aan wat Ek hul laat meedeel het.

[5] Ebahl kom terug en bring ons dadelik op hoogte van die goeie ontvangs wat sy uitgevoerde opdrag ten dele geval het. Almal is bly daaroor, en die hoofman sê: "Ek verheug my heel besonders oor die dag van môre, maar ek sê daarby, en daartoe gee die merkwaardige droom van die liewe Jarah my heel spesiale aanleiding, dat ek die kêrels nie met my sal laat spot nie. Sodra hulle liegstories vir my wil vertel, sal ek hulle laat gésel totdat hul kwade bloed in strale van hulle ruê sal afloop! Want slaan met woorde help heeltemal niks by hierdie onmense nie, en dit spoor hulle tot nog meer wraak aan, maar `n géseling om lewe en dood sal hul kwade ywer baie afkoel. Dit is nog nie baie seker of ek dit gaan doen nie, maar baie onseker is dit ook nie!

[6] Dit sou baie moontlik wees dat hierdie kêrels en hul handlangers in Jerusalem, as daar ook maar `n baie kleine kans daarvoor was, U inderdaad net so sou behandel soos die meisie in die eerste droom gesien het! Ek sê vir U, daar hoef maar `n baie geringe moontlikheid te wees, en sit nog die verwyfde, slappe landvoog Pontius Pilatus daarby - en hulle spyker U sowaar aan die dwarshout vas!

[7] Ja, as ek landvoog in Jerusalem sou wees, dan sou iemand dit maar net moet probeer om die hand aan U te slaan! Ek sou hom tienmaal aan die dwarshout ophang en eers na die tiende keer sou ek sy bene laat breek! Maar jammer genoeg is my staanplek hier, en ek sou U nie te hulp kan kom nie, en U vriende Cyrenius en Cornelius sou dit ook nie kan nie. `n Mens moet daarom van vooraf begin met die afkoel van hul verderflike moed, sodat hulle behoorlik verskrik word, en dit voortaan nie so gou meer sal waag om hul afskuwelike kloue uit te steek na manne van God nie, waarvan U een van die allerhoogstes is!

[8] O wag maar, onbeskoftes, die dag van môre sal vir julle so warm word dat julle van louter hitte bloed sal sweet! As die kêrels op hierdie manier `n paar goeie, stewige lesse kry, sou ek haas die halwe Romeinse ryk hiervoor durf verwed dat hulle hul slegte dade – ten minste die gruwelikste daarvan - sal opgee; maar hul ou slegte vel moet vooraf behoorlik bewerk word! Dixi (ek het gesê)!"

[9] Ek sê: "Jy kan weliswaar doen wat jy wil, en Ek sal nie vir jou sê: Doen dit nie! Want jy is een van die mees wyse vriende wat Ek ooit gevind het. In al jou woorde en dade gedra jy jou werklik heel taktvol, maar Ek sê vir jou, dit alles sal die bose soort mense niks help nie, maar hulle slegs nog meer boos en tewens nog sluwer maak. Want hy wat eenmaal van die satan is, hy is dit heeltemal. Mens kan hulle nog die vinnigste met raak woorde op iets beters rig, soos wat my leerlinge dit nou gedoen het, en soos wat in Násaret gebeur het waar die owerste, die fariseërs en skrifgeleerdes My leer aangeneem het. Maar dikwels kan mens niks doen nie en net so min op jou manier! Want jy dryf met die roede één duiwel uit, maar op die plek van die een nestel daar tien ander, wat stuk vir stuk erger is dan dié een wat daar eerste was."

[10] Die hoofman sê: "So waar as wat ek Julius heet, ek sal niemand die roede en die gésel laat voel voordat ek in uiterste noodsaak daartoe gedwing word nie, maar as ek gedwing word, wee dan die kêrels!"

[11] Ek sê: "Nou het jy weer heeltemal gelyk! Mens moet so lank moontlik geduld hê, maar as die uiterste grens eenmaal bereik is, dan moet sonder verdere omhaal en sonder verdere toegeeflikheid met alle bliksems en donders daarop geslaan word, anders sou die sondaars dadelik op die gedagte kom dat mens skerts en met hulle `n kinderspeletjie speel!"

[12] Hoofman Julius sê: "Heeltemal my idee! Daar is baie voor nodig voordat ek iemand straf, maar as `n onverbeterlike my daartoe dwing, dan sal hy dit ook onthou wanneer hy deur my gestraf is! - Maar nou dink ek tog dat ons die paar uurtjes nog `n bietjie gaan rus, want dit begin al skemer te word!"

[13] Ek sê: "Ja, laat ons dit hier doen, elkeen op sy eie plek!"

[14] Vervolgens is alles stil en oor alle oë daal `n weliswaar kort, maar tewens tog heuningsoete slaap. En as mens dan gesamentlik ontwaak, is elkeen so versterk asof hy `n hele nag op `n sagte bed goed geslaap en gedroom het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205