|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 114
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die gebed van Jarah
114 Jarah sê: "O, hoe sou dit my dan nie kan geval nie? Ek sou dieselfde wil, as ek dit maar kon! Maar wat het ek aan my welwillendheid vir mense as ek nie kan help nie? Slegs in klein gevalle kan ek my ouers vra om die armes en noodlydendes te help, en daarby het mense my byna altyd verhoor - natuurlik word ek daarvoor dikwels ook wel opgefoeter omdat ek so ontsettend weekhartig is, maar dit skeel my nie - solank die armes maar geholpe raak.
[2] Maar met die vra aan God, die Almagtige Heer, gaan dit my nie altyd so voorspoedig nie! Want dikwels het ek ook gebid, en as ek dink dat God my gebed sekerlik sou verhoor, en ek daarheen gaan om te sien of my kinderlike gebed iets opgelewer het - dan was daar niks! Alles was nog selfs slegter.
[3] Dan gaan ek natuurlik weer na my vader en vra hom waarom die almagtige God dikwels so baie hardhorend was!
[4] Dan sê vader vir my dat God wel weet waarom Hy iemand vir sy sieleheil `n langer lyding gee, en dat Hy baie presies die tyd uitmeet hoe lank hierdie iemand moes boet. `n Gebed help dan nie so baie nie, behalwe as so `n sondaar hom gou heeltemal bekeer! Wel, dan was ek weer ietwat rustiger, maar tog gee ek die gebed vir die armes nie op nie.
[5] Maar soms verhoor die liewe groot God my ook gou, en dit doen my dan wel baie genoeë! Want vir `n medelydende hart is daar in hierdie wêreld geen groter vreugde nie as om te ondervind dat die groot God selfs die gebed van `n haas nog onmondige meisie verhoor het!
[6] En dat U, o Heer, na ons toe gekom het, kom my ook voor as die verhoring van my gebed deur die groot God! Want ons het almal van baie wat hierheen gekom het, gehoor dat in Násaret en omgewing `n sekere timmerman Jesus sulke buitengewoon groot, ongehoorde genesings verrig het onder die siekes, en selfs dooies weer lewend maak. Die blindes word siende, die stokdowes kry hul gehoor weer heeltemal terug, en die stommes hul spraak, die lam en kreupeles word weer reg en heel - kortom daar was geen siekte wat Hy nie oombliklik kon genees nie!
[7] Eers het ons dit beskou as `n fabeltjie, maar toe daar steeds meer mense na ons toe gekom het, selfs van hulle wat wonderbaarlik deur Jesus genees was, het ons ook begin glo dat dit werklik waar was.
[8] Toe word ek aangegryp deur `n magtige liefde vir hierdie Man wat so iets kon doen, en ek bid elke dag tot die liewe God, so eerbiedig en vol vertroue soos wat dit maar vir my moontlik was, of Hy U deur Sy almag na ons toe wou bring! En kyk, God het My verhoor en U na ons toe gebring!
[9] Ag, dit is nie te beskryf wat `n vreugde dit my gegee het toe mense sê dat U gekom het nie! O, as ek maar gedurf het, hoe graag sou ek U omhels het! Maar ek moes, ter wille van my ouers en familie, my hart met groot dwang die swye oplê. Maar nou het vir my die haas onbeskryflike gelukkige tyd aangebreek om by U, die Majesteit en Heer, te sit, wat ek al sedert ek die eerste woord wat ek oor Hom gehoor het, bo alles liefhet.
[10] O, nou is U daar en Ek het U en - o wat `n onbeskryflike hemelse vreugde! - ek mag U liefhê en U het my ook lief. O, nou sou selfs die volmaakste engele in die hemel nie gelukkiger kon wees as wat ek is nie! - Maar U mag ons nou ook nooit weer verlaat nie, want dan sou ek seker van te groot verdriet moet sterwe!"
[11] Ek sê: "Nee, nee My hartedief! Ek verlaat jou nooit in der ewigheid nie, en Ek sê jou ook dat jy die dood nie sal smaak of voel nie. Eendag sal My engele jou van hierdie wêreld kom haal en jou na My, jou Ewige Vader, bring! Want weet, allerliefste Jarah, die Een tot Wie jy so van harte gebid het om My hierheen te kry, sit nou in My persoon by jou en hou van jou met al die suiwer goddelike vuur van alle hemele, en jy het gelyk gehad toe jy sê dat jy gelukkiger is as die volmaakste engele uit alle hemele! - Kyk omhoog, dan sal jy sien dat dit is soos wat Ek jou nou gesê het!"
|
|
|
|
|