Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die idees van Borus oor die aard van die mens

93 Die owerste sê: "Dit sal ons wel sien, want binne die aardse verhoudinge het die mensdom nog altyd slegter in plaas van beter geword! Wat stel Moses en al die groot profete nou nog voor? Ek sê vir julle: In die sogenaamde gegoede kringe lag mense daaroor en mense beskou hulle weliswaar as vroom, maar as totale sinnelose fabeltjies vir die gees van die mens en die mens slaan die leer van Pythagoras en Aristoteles baie hoër aan as al die profete! Dit is dan `n duidelike bewys dat die wet van JaHWeH, hoe verhewe en waar sy oorspronklik ookal was, tog beslis nie die mense bereik wat haar inhoud wil bereik nie!

[2] Wat help alle openbaringe, as dit nie vir altyd voorsien word van konkrete middele om die mense `n onverfloude respek in te boesem vir die goddelike openbaring nie? Laat `n ouerpaar maar net probeer om hul kinders sonder straf op te voed, dan sal ons maar al te gou ondervind hoeveel ontsag die onmondige kinders vir die nog so wyse en goeie lesse van hul ouers sal hê!

[3] Daarom gee ek geen lesse en selfs wette, as dit nie aan die mense gegee kan word sonder bybehorende sanksies nie, want die mens is in sy aard sleg en moet die roede voel om goed te word!"

[4] Borus sê: "In die opsig is ek dit heeltemal met jou eens, maar daar bly tog `n groot probleem, wat jy eers sal leer ken as jy uit Sy eie mond `n les daaroor sal kry!

[5] Weet jy, as ons die meganika sien waarmee `n bepaalde werk verrig word, dan sal ons eers verbaas wees. Verklaar iemand ons egter die meganiese werking daarvan, dan sal ons dadelik `n aantal onvolmaakthede ontdek en ons vingers sal letterlik begin jeuk om die kennelike onvolmaakthede te verbeter. Dan gaan ons na die meesterkneg en gee hom raad.

[6] Maar die meesterkneg sal dan glimlag en ons ongetwyfeld so toespreek: 'Beste vriende, dit kan wel so wees - maar dit is tog nie moontlik nie, want die masjien hou rekening met baie belangrike punte! Die opdraggewer het haar vir sy behoefte bestel; en vir hierdie behoefte is slegs die huidige sigbare inrigting korrek en waar, en elke toevoeging sou die masjien duidelik benadeel! Die masjien hoef slegs `n bepaalde krag te oorwin en moet daarom geen groter krag hê as wat vir die bepaalde doel nodig is nie. Sou `n mens haar kragtiger maak, dan sou die wewer daarmee met elke slag sy drade breek en so ook maar geen el produk per dag kan produseer nie. Daarom moet die masjien vir die doel waarvoor hy gebou is, presies die vorm hê wat hy het, en alles wat meer of minder is, is foutief aan die masjien! Ag, as die masjien eers deur langdurige gebruik verslete raak, dan word dit weer tyd om hom weer in die oorspronklike staat terug te bring, sodat hy weer aan sy doel kan beantwoord.'

[7] Kyk, dit sal die verstandige meesterkneg aan ons uitlê, en beide van ons sal ten slotte tog vir mekaar moet sê: Die meesterkneg het gelyk, want elke meester moet sy werk tog beter ken as so `n paar nagemaakte meesters soos ons! En `n ongeveer eenderse antwoord sou ons in die opsig van Jesus, die Heer kry as ons Hom vra hoe dit moontlik is dat die mense in die teenwoordigheid van die goddelike wysheid tog nog so duiwels sleg kan word!

[8] Wat weet ons van die innerlike en van die geaardheid van die mens af? Dikwels sou ons wil vloek waar die Heer nog rojaal seën! Want ons besef nóg die goeie nóg die slegte volkome.

[9] Al is `n mens hoe goed, tog het hy in `n meerdere of mindere mate selfsug in sy hart. Daarmee beoordeel hy dan ook steeds sy medemens, en hy reken hom altyd eerste en liefste alle fout toe, as hy dinge doen waardeur hy dink dat hyself benadeel sal word. Omdat elke ander mens egter ook selfsugtig is, beoordeel alle mense almal verkeerd. Hierdie misvatting veroorsaak wedersydse ontevredenheid, en vervolgens ergernis, nyd, toorn en nog meer sulke eienskappe.

[10] Wie anders as die mens is dus skuldig aan die slegter word van die mensdom? Daarom slyt die lewensmasjien ook na verloop van tyd en moet sodoende ook deur haar verhewe Meesterkneg van tyd tot tyd herstel word en so nou en dan selfs weer van die grond af opgebou word.

[11] En so `n tyd van algehele herstel blyk nou, na meer as duisend jaar, aan te gebreek het. Daarna sal die beter deel van die mense weer vir `n ruk saamgaan; maar vir meer as hoogstens tweeduisend jaar sal die herstelde mense nie meer saamgaan nie, en in die hiernamaals sal dit ons nie ontgaan dat dit sal gebeur wat ek nou vir jou gesê het nie!"

[12] Die owerste sê: "Nou, ek komplimenteer jou! Jy is `n waardige leerling van jou Heer! Ek sien nou al dat ek voorlopig nie teen jou in die ware wysheid opgewasse is nie. Maar ek sal alle moontlike moeite doen om dit met behulp van my beste vriend Giwar in `n kort tyd sover te bring dat ek oor dergelike sake met jou oorleg kan pleeg, want met die huidige tempelwysheid van Jerusalem kom `n mens hier kort - wat nie te verwonder is nie, omdat die huidige tempelwysheid ook nie baie voorstel nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205