Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die einddoel van die skepping

222 "As julle nou dit wat deur My vertel is, ietwat dieper en ryper as die deursnee mense van hierdie tyd wil oordink, dan sal julle, ook al is dit nie tot in die fynste besonderheid nie, maklik ontdek en verstaan dat Moses met sy skeppingsgeskiedenis die enigste ware ontstaan beskrywe het. Dit stem met die hele orde van die ewige Wysheid ooreen, en gee die ontwikkeling van alle dinge vanaf die oerbegin tot aan die hoogste voleinding in voortreflike beelde weer.

[2] Wie Moses nie op hierdie manier verstaan nie, moet hom ook glad nie lees nie. Want, as hy hom lees en verkeerd verstaan, moet hy uiteindelik, na enige nadenke, heeltemal in die war raak. Hy gaan dan regtig aanstoot neem oor die onlogiese domheid van Moses en oor die miskien selfs boosaardige domheid van al diegene wat so `n onlogiese, dwase leer, asof deur die Gees van God ingegee, die mense te vuur en te swaard opdring sonder om enige rekening daarmee te hou dat dit vir hulleself ook as `n baie growwe dwaasheid voorkom.

[3] Wie egter, op die nou aangetoonde korrekte manier vir Moses lees, sal in hom nie slegs die grootste wyse nie, maar ook die van God se Gees die diepste deurdronge, egte profeet ontdek. Hy het die groot vermoë en tewens die vaste wil om al die mense die waaragtige nuus te bring oor die groot geheime van God en oor alle geskape dinge, soos wat hy dit in sy reuse gees van die Gees van God Self ontvang het!

[4] So vorm al die sonne hulleself, netsoos die aardes. En ook al die afsonderlike dinge op die sonne en aardes vorm hulleself, netsoos hul gemeenskaplike samehang. En so vorm die mens in die beperkste sin, maar ook in die ruimste sin homself, omdat die skepping heeltemal volledig soos `n mens lyk en daarmee ooreenkom, en omdat van die kleinste tot die grootste alles in die geestelike en materiële skepping met die mens ooreenkom, en moet ooreenkom. Want die mens is die eintlike oorsaak en die einddoel van die hele skepping. Hy is die eindproduk wat gewen moet word deur al die voorafgaande inspanninge van God.

[5] En omdat die mens die een is wat God deur al die voorafgaande skepping wou bereik en ook bereik het, waarvan julle as onweerlegbare bewyse daar staan, daarom beantwoord alles in die hemele en op al die hemelliggame in alles aan die mens, soos wat Moses dit in sy skeppingsgeskiedenis uitgebeeld het, en soos wat ook ander leraars van die volk, ook al is dit meer verborge, dit uitgebeeld het. Beproef nou egter alles, dan sal julle ontdek dat dit sigself slegs maar só en onmoontlik anders gebeur het en kan gebeur! - Cyrenius, sê jy vir my of Moses nou aan jou voldoen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205