Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die leerlinge op die stormagtige see

96 Dit is verstaanbaar dat die leerlinge nie in so `n baie goeie stemming was nie; hulle maak baie opmerkings oor My ten beste en hulle kommentaar was nie in die lug in nie, en selfs Petrus sê: "Het Hy dan vir ons vir vannag niks beters bedink as `n sekere dood in hierdie golwe nie? Dit is tog `n bietjie vreemd van Hom! Ek durf haas nie verder te laat roei nie, want binne `n tiental meters beland ons bo-op vlaktes, klippe en sandbanke en ek, as `n ou skipper, staan nie in dat dit goed sal afloop nie! Dit is daarom beter dat ons verseker tot môre vroeg hier op hierdie hoogte bly!"

[2] Thomas sê: "Ek sou tog wel eers wil weet waarom Hy ons so skielik weggestuur het en opdrag gegee het om vóór Hom oor te steek!"

[3] Andréas sê: "Vir sover ek weet, lê daar nou geen skip aan die woeste kus nie; daarom vra ek myself af: Hoe sal Hy ons volg? As Hy oor land wil gaan, sal dit Hom ruim veertien uur neem om onderlangs oor Sibara en Kis daar te kom waar ons wil land; wil Hy egter langs die boonste sy van die see deurkom, dan sal dit Hom twee volle dagreise neem, want ons see is daar die breedste, met diep inhamme en uitgestrekte moerasagtige stukke."

[4] Judas Iskariot sê: "Julle weet almal niks daarvan af nie! Ek het al lankal opgelet dat Hy ons uit die weg wou hê, maar daar was geen gunstige geleentheid om ons op `n goeie manier te laat wegraak nie. Wel, die geleentheid het nou gekom, en Hy is ons en ons Hom kwyt! Nou kan ons onsself nog so inspan om hom te vind, maar waarskynlik sal ons hom nooit weer sien nie! Maar of dit - onder ons gesê - van Hom nou so mooi is, is `n ander vraag!"

[5] Johannes, die liefling apostel, sê: "Nee, dit sal Hy nooit doen nie! Daarvoor ken ek Hom al te lank en te goed! Dit sou Hy selfs nie as mens gedoen het nie, laat staan as Seun van God, wat Hy nou ongetwyfeld is, aangesien Hy die Gees van God ten volle in Hom het! Wat Hy gedoen het, het sekerlik - net soos alles wat tot nou toe gebeur het - `n baie goeie rede, en dus sal dit ook wel sy rede hê! En ek voel dit baie duidelik aan my dat ons dit baie gou sal opmerk!

[6] My God, as Hy, aan wie hemel en aarde gehoorsaam is, van ons af sou wou weggaan, dan sou dit Hom tog net `n asemteug kos en dan staan ons aan die ander kant van die wêreld, net soos wat Hy dit ongeveer drie weke of hoogstens `n maand gelede in die hooggebergte van Kis gedoen het, wat ons hiervandaan nog goed kan sien, ook slegs `n asemteug nodig gehad en daar maak ons `n bliksemsnelle reis deur die lug en was in `n oomblik by Hom op die berg! - Beste Judas, kom asseblief nie by my met sulke belaglik domme gedagtes oor Hom nie, want daarmee gee jy steeds `n bewys van jou ongeloof!"

[7] Nathaniël, wat ook aan boord was, sê: "Hoewel ek dit heeltemal eens is met die mening van ons broer Johannes, meen ek tog dat dit ondanks al ons gewetensvolle handelinge moontlik kan wees dat ons êrens met een of ander ding teen Hom gesondig het, en Hy ons dit nie wil sê nie, maar ons nou aan onsself oorgelaat het sodat ons onsself beter en dieper kan ondersoek. Hy sal dan wel weer by ons kom as ons onsself heeltemal in die reine gebring het.

[8] Natuurlik het ek my gewete al so grondig moontlik ondersoek, maar ek kan jammerlik genoeg niks vind wat op iets onregverdigs dui nie. Ek sou egter `n aanwysbare sonde as `n wesenlike weldaad beskou, want dan sou ek weet dat ek hierdie verbanning deur die Heer verdien het, en `n opregte berou sal balsem vir my hart wees! Maar nou soek ek baie ywerig `n sonde by my en kan daar geeneen vind wat die moeite werd is om daarvoor in sak en as boete te doen nie! Helaas, ek beny nou `n sondaar! Dit wil sekerlik nie sê dat ek daarom `n sondaar sou wou word nie, maar as ek een sou wees, sou my hart dit makliker gehad het! O, hoe heerlik moet dit wees om voor God en die mense opreg boete te kan doen! Maar hoe kan `n regverdige, sonder om vir God belaglik te maak, die streng boetekleed aantrek?"

[9] Bartholoméus sê: "Hoekom het jy tog dikwels sulke vreemde idees! Hoe het jy ooit op die gedagte gekom om `n sondaar gelukkiger te prys as `n regverdige?"

[10] Johannes sê: "Heeltemal ongelyk het hy nie! Natuurlik word hier `n sondaar bedoel wat in sy swakheid en dikwels uit ondeurdagte hartstog sondig, maar nie `n gemene kneg van die hel nie, en daarmee kan broer Nathaniël beswil nie heeltemal ongelyk hê nie!"

[11] Jakobus sê: "Ja, ja broers! Ons Nathaniël is `n man wat, wat ons aanbetref, diepe en fynsinnige wysheid het wat ons almal nie kan tipeer nie, want hy put uit `n baie diep bron! Hy is altyd stil en spaarsaam met sy woorde, maar as hy iets sê, dan moet mens na hom luister! Want sy woorde is altyd waardevol!"

[12] Nathaniël sê: "Maar broer Jakobus, prys my tog nie altyd as ek so nou en dan iets sê nie! Die Heer weet tog die beste wat my waarde en die van my wysheid is, want as dit waardevol sou wees, dan sou ek ook al lankal net soos julle uitgesonder geword het. Maar ek is nog steeds `n leerling, omdat die Heer wel sal weet wat daar nog aan my kortkom. Ek het wel `n poëtiese, maar nog lank geen profetiese gees nie! Kyk eers na die jeugdige broer Johannes, wat vanaf die wieg al `n profeet is. Dit weet die Heer en daarom het Hy hom Sy skrywer van geheime gemaak!"

[13] Johannes sê: "Ag, hoe kom jy daarby uit! En wat is broer Matthéüs dan?"

[14] Nathaniël sê: "Hy is `n gewone skrywer - en alleen jy is Sy skrywer van geheime!"

[15] Johannes sê: "Wie weet! En as dit so is, dan wil die Heer dit so hê, en ons moet dit aanvaar soos wat die Heer dit vir ons gegee het!"

[16] Judas Iskariot brom daar tussendeur: "Hy sal julle in die vervolg waarskynlik niks meer gee nie! Die uurglas is intussen al vier maal omgedraai, terwyl ons hier nog steeds tussen lug en water sweef, oftewel tussen lewe en dood, en ek sien nog steeds geen vaartuig wat ons sou volg nie!"

[17] Johannes sê: "Dit sê tog niks, want Hy het ons geen tyd gegee waarop Hy ons sal volg nie!"

[18] Judas sê: "Daarvoor sal Hy beslis `n baie wyse rede hê! Dit verstaan ons!"

[19] Johannes sê: "Vriend, sê my nou tog eers heeltemal opreg of jy, na alles wat jy tog met jou eie oë gesien en met jou eie ore gehoor en seker met al jou sintuie gevoel en ondervind het, nog nie glo dat ons Heer Jesus, so waar as wat ek Johannes heet, waaragtig God is nie en dat Hy volkome alle mag het om in die eindelose hemele en op hierdie aarde te werk en Majesteit Heer te wees nie! Hierop vra ek `n eerlike antwoord van jou!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205