Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die wonder van die genesing op die berg

171 Toe Judas Iskariot dit hoor, hef hy sy hande ten hemele en sê: "Nee, nou word dit vir my ten laaste tog te veel! Daar kom nou weer nie honderde nie, maar duisende mense, en dit is natuurlik meer siekes as gesondes! Vaarwel, stille rus van hierdie berg! Dit sal wel weer `n gewoel en `n gedrang word, en van rus sal geen sprake meer kan wees nie!"

[2] Ek sê: "Waaroor maak jy jou nou bedruk oor? Na jou toe sal beslis geen mens kom nie, en die siekes sal jy hoef beter te maak nie. As jy vind dat dit by My te onrustig en te deurmekaar gaan, gaan dan na jou woonplek terug en gaan smous weer met jou potte op die markte! Solank jy by My wil bly, moet jy jou rig volgens My voorskrifte, want op My weë en paaie is Ek alleen Heer! Maar as Ek ooit na jou toe sal kom, en met jou sal saamgaan op jou weë en paaie, dan sal Ek my hou by jou voorskrifte, en jou aanvaar as meester van dit wat jy doen! Ek meen dat hier die omgekeerde egter wel die geval is?!"

[3] Judas Iskariot mompel binnesmonds: "Nou ja, nou ja, - ek hoef my mond maar te open en dan is dit al mis! Ek sal in die vervolg liewer so stom bly soos `n klip!"

[4] Toe sê die wyse Nathaniël: "Dit sal nou regtig verstandig van jou wees, iets wat ek altyd nog by jou gemis het. Ja, om te praat op die regte oomblik is `n goeie ding vir iemand wat iets te sê het en wat kán praat, maar vir `n dom mens is volmaakte swye nog baie beter!"

[5] Terwyl Nathaniël so nog `n paar wyse spreuke van Salomo by Judas Iskariot in herinnering bring, kom van verskillende kante van die bergplato groot groepe mense uit alle streke te voorskyn en bring lammes, blindes, stommes, alle soorte kreupeles en nog talle ander met allerlei siektes behep met hulle saam en lê al die lydendes, in totaal ongeveer vyfhonderd, in `n groot kring om My heen en ook aan My voete, en smeek My om hulle te genees. En kyk, Ek genees hulle met één enkele Woord en sê toe aan die geneesde mense: "Staan nou op en loopl!" (Matthéüs. 15:30)

[6] Eerste merk die blindes dit, omdat hulle nou so goed en suiwer kan sien asof hulle pas gebore is. Dadelik daarna merk die stommes dit en gee op elke vraag `n antwoord. Toe probeer die lammes en kreupeles of hul verlamde, en vir `n deel totaal verdroogde ledemate, in orde was. En onder hulle was daar ook nie één wat kon sê: 'Ek is tog nie heeltemal geholpe nie!' So word ook alle ander siekes volledig gesond.

[7] Toe die volk sien dat die stommes praat, die blindes sien, die lammes vrolik loop en alle soorte kreupeles en ander siekes heeltemal gesond was, verwonder hulle hulle buitengewoon en begin die God van Israel luid te bejubel. (Matthéüs. 15:31) En hulle bly toe tot aan die derde dag by My op die berg, hoewel hulle reeds op die tweede dag hul saamgeneemde mondvoorraad tot op die laaste broodkrummel opgeëet het.

[8] Tereg kan mens homself daarby afvra wat hierdie volksmassa gedurende die twee ander dae op die berg gedoen het. - In kort is die antwoord hierop dat al die duisende mense van beiderlei hulle deur My en die leerlinge laat onderrig het in My leer. Dit was egter merkwaardig dat onder die duisende daar nie één was wat kant gekies het vir die fariseërs en skrifgeleerdes nie. Daarenteen weet hulle nog `n aantal sterk staaltjies te vertel, wat hulle by verskillende geleenthede met die tempeldienaars beleef het. Maar ook het hulle maar al te dikwels die bitterste ervaringe met hulle gehad, waarby hulle hulself diep bekla het omdat hulle ooit met hierdie blinde yweraars in aanraking gekom het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205