Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die skeepskneg en Rafael

161 Toe die leier van die skeepsknegte sy verhaal beëindig het, wou die ruwe skeepskneg van voorheen die mossels, waarvan ook hy `n paar daarvan in sy haas saamgeneem het – dit wil sê, opgetel het op die droë seebodem - uit die skip gaan uithaal. Deur `n ietwat onhandige stap gly hy toe hy aan boord gaan en lê lank uitgestrek asof hy altyd daar gelê het. Toe begin die ander knegte hom uitlag en sê: "Hy bly tog maar steeds `n ou onhandige kêrel!" – Die een wat nog op die grond lê vererg hom.

[2] Rafael spring egter dadelik op hom af, help hom gou weer op die been en sê: "Sien jy nou waarom ek bly staan het? Want ek het jou al vooruit gesê dat jy vandag sou val; en nou het jy ook geval, en ek, jou swakke melkmuil, kon jou, ek hoop vinnig genoeg van die grond af optel en jou so weer die onbelemmerde gebruik van jou onhandige voete teruggee!"

[3] Die skeepskneg brom agter sy volbaard: "Nou ja, dit is goed so, maar sulke seuns is ook dikwels vol agterbakse, onnutsige streke en sorg daarvoor dat een van ons iets oorkom! O, ek ken die straatsluipers goed! Origens skyn jy wel `n betroubare seun te wees - maar jy is nou eenmaal `n seun en dit is genoeg! Elke seun het maar altyd iets onnutsig in hom. Bly daarom maar altyd op die minste drie treë van my af!"

[4] Rafael sê: "Vriend, jy vergis jou ontsettend met my! Maar ek vergewe jou dit, want jy weet nou eenmaal nie wie jy voor jou het nie."

[5] Die skeepskneg sê: "Nou, nou, wat kan iemand op so 'n vyftiende jaar dan ookal wees? Hoogstens `n prins uit Rome of êrens anders vandaan! Of is jy miskien so `n bietjie `n almagtige aanhangsel van ons liewe Heer?"

[6] Rafael sê: "Ja, ja, iets dergeliks! - Maar gaan haal nou maar jou mossels uit die skip!"

[7] Die knorrige skeepskneg gaan nou die skip in en kom binne enkele oomblikke weer terug en laat ons na hulle kyk.

[8] Die drie eksemplare was baie mooi, maar het natuurlik geen uitsonderlike waarde nie, en Rafael sê aan hom: "As aandenking is hulle goed genoeg, maar waarde het hulle nie! Wat gaan jy nou daarmee doen?"

 

[9] Die skeepskneg sê: "O melkmuil! Met hierdie soort praatjies kan jy goed bespiegel, maar geen gryse skipper vang nie! Jy sal hulle graag verniet wil hê, maar ou Dismas is nie so dom as wat hy miskien lyk nie! Hierdie drie stukke kos drie silwerstukke en word vir geen penning goedkoper afgestaan nie. As jy die drie silwerstukke het, gee hulle dan, dan gee ek jou hierdie drie mooi eksemplare daarvoor!"

[10] Rafael sê: "Die drie silwerstukke stel vir my niks voor nie, maar dat jy iets wil verkoop, wat goed beskou nog nie eens volledig jou eiendom is nie, dit vind ek nie korrek nie! Kyk, in hierdie baai het van ouds af slegs die inwoners van Genesareth die reg om vis te vang, of diegene aan wie hulle dit verpag het. Jy het daarom hierdie drie mossels op die grond van Ebahl, wat die water in pag het, gevind, en hulle is daarom, goed beskou sy eiendom. As hy hulle eers sonder meer aan jou sal skenk, dan is hulle joune en dan kan jy hulle ook as jou eiendom behandel."

[11] Dismas sê: "Kyk nou so `n melkmuil! Hy praat soos `n regter uit Rome! Jy sou vir my `n mooi beskermer van die reg gewees het! Jy klets my verslete mantel nog van my lyf af! - Die hele see is die werkterrein van die skipper. Wat die water hom gee, of dit nou in `n baai of buite op die oop see is, dit behoort aan niemand anders as aan hom alleen nie, en daarmee is al jou ingestudeerde regsgronde die bodem ingeslaan! Want ons weet ook iets van die reg af! Dus drie silwerstukke - dan is die drie stukke joune!"

[12] Rafael sê: "Daar kan niks hiervan kom nie! Solank Ebahl nie sê dat hulle jou eiendom is nie, kan ek hulle nie van jou af koop nie!"

[13] Nou wend Dismas hom tot Ebahl en vra hom wat hy van die bewering van die seun dink.

[14] Ebahl sê: "Streng gesproke het Rafael gelyk, en ek sou seker hierdie drie stukke as my eiendom in besit kon neem. Maar ek maak nooit van daardie reg gebruik nie, en sal dit ook nie doen nie, en daarom behoort die drie stukke nou stoflik aan jou - maar geestelik behoort die hele aarde tog aan God die Heer en hierdie drie mossels dus ook!"

[15] Met hierdie antwoord is Dismas baie tevrede en hy vra nou aan Rafael: "Wel, hoe staan dit nou met die drie silwerstukke?"

[16] Rafael sê: "Hier is hulle, maar gee die drie stukke vir Ebahl, wat hulle sal bewaar as `n herinnering aan hierdie tyd!"

[17] Dismas neem die drie silwerstukke en lê die drie stukke voor Ebahl neer, maar dié gee hulle aan Jarah en sê: "Hier, bewaar hulle by die ander aandenkinge, vir ons sal hulle van groot waarde wees!"

[18] Heel verheug aanvaar Jarah die drie stukke en sê: "O, dit is wondermooie dinge! Hoe speel die glansryke glansende kleure daaroorheen! Regtig, dan kan en moet `n mens saam met Job uitroep: 'O God, hoe glansryk is U werke! Wie daar `n oog voor het, gee hom nie aan ydel genot oor nie!' Wie leer hierdie slak om vir homself so `n skitterende huis te bou?! Sonder balke en klippe is dit pragtiger as Salomo in al sy stralendste glansrykheid as koning!"

[19] Dan draai sy haar na Rafael en dank hom vir die mooi geskenk, maar vra hom tewens, omdat sowel die slakkehuis as beide mosselskulpe geen lewende inhoud meer het nie, waar die lewende diere was wat eens in hierdie mooie omhulsels gewoon het.

[20] En Rafael sê: "Liewe Jarah, die diere het al verskeie duisende jare gelede gesterf en dus ook al lankal vergaan, maar die omhulsels kan nog verskeie duisende jare bestaan, en sal nóg aan vorm nóg aan skoonheid baie inboet. Hul boustof is suiwer kalk en dit vergaan in vrye toestand, veral onder water, nooit! Soveel mag jy voorlopig wel weet; die hoëre betekenis daarvan sal jy eendag in die hiernamaals volledig leer ken!" - Jarah verbaas haar baie as hulle oor so `n ouderdom praat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205